Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Beter Saam

God se kinders is bedoel om saam te leef. Soos die Vader, Seun en Heilige Gees vir ewig in gemeenskap lewe en soos God ons in hierdie gemeenskap innooi; so is dit ook God se bedoeling dat sy kinders in liefdevolle onderlinge gemeenskap leef.
Ons kan nie sonder mekaar Christene wees nie. Een van die beste manier om so saam te wees is deur deel van 'n kleingroep te wees.
Daarom nooi ons jou uit om vir die volgende ses weke by 'n kleingroep aan te sluit.
Som(m)er Talent
Oud en jonk was Vrydagaand deel van ons eerste Som(m)er Talent aand. Gemeet aan hierdie eerste konsert gaan Som(m)er talent 'n jaarlikse instelling word. Meer fotos ...
Kermis
Met wonderlike sonskynweer en 'n heerlike feestelike atmosfeer het ons gemeente Saterdag kermis gehou. Ons het ongeveer R60 000 ingesamel en is baie dankbaar hiervoor. Meer fotos ...
Graad 5's gesels oor boelies!
Sondag 7 September tydens die oggenddiens het die Graad 5's en hul ouers 'n Familiebyeenkoms. Na die kindertyd in die erediens gaan al die Graad 5's en hul ouers uit na die Ark waar ons oor boelie gaan gesels.
Soos wat hierbo gesien kan word is ons gemeente se finansies onder druk. Alhoewel ons hierdie jaar vir 'n tekort van ongeveer R402 000 begroot het, lyk dit tans of ons tekort heelwat meer as dit gaan wees. 
Bid saam met ons dat die Here vir sy werk sal voorsien en dat Hy vir ons gemeente se leiers wysheid sal gee om hierdie situasie te hanteer.
unsubscribe from this list    update subscription preferences