Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Groei Saam

'n Gemeente is 'n gemeenskap van gelowiges wat saam luister en lewe. Hierdie gemeenskap bied die perfekte omstandighede vir groei om plaas te vind.  Skakel in by ons eredienste, kleingroepe of bedieninge en word so deel van ons geloofsgemeenskap by Somerstrand Gemeente.

Volgende jaar se studentebestuur het die afgelope naweek hul beplannings”kamp” in die Ark gehou.  Daar is besluit oor ’n nuwe naam en visie vir die bediening [hou die spasie dop!] en groot planne is gemaak vir volgende jaar se #Eerstejaarskamp.  Almal wat volgende jaar eerstejaar by NMMU is, hou solank 20-23 Januarie oop – dit gaan groot wees!  
Gr. 4-6 Groei ook Saam. Gaan kyk na ons klippies in die voorste tuin. Elke keer wat ons die klippies sien of aan die kerk dink, herinner dit ons dat ons deel is van 'n geloofsgemeenskap waar elkeen van ons 'n belangrike rol speel om Jesus se liefde uit te deel.
BARMHARTIGHEID: KOSPROJEK
Dit is die visie van Diens van Barmhartigheid om ‘n aaneenlopende kosprojek te loots.  Ons versoek lidmate om elke Sondag blikkieskos, of nie-bederfbare kos soos, pasta, rys, pap, suiker, koffie, tee ens. na die kerk te bring en in die blou kas te sit.  Al bring jy net een blikkie saam of een pakkie “2-minute noodles”,  sal dit welkom wees.  So kan ons mense help wat ‘n voedsel nood het. 
unsubscribe from this list    update subscription preferences