Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Ons het almal spesiale gawes ontvang. Een van die plekke waar ons, ons gawes gebruik is by die gemeente se bedieninge. Gaan kyk gerus op ons webtuiste na al ons bedieninge en besluit waar jy jou gawes kan aanwend.

BYBELSKOOL 4DE KWARTAAL 2014

Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com.  Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs.  Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas.  Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk. 
Lees meer ...

 
Ons nuwe preekreeks begin 19 Oktober met 'n gesprek oor gawes. Lees meer van ons nuwe reeks hier.
Wimke Jurgens, ons huidige gemeentebestuurder, het besluit om uit sy huidige pos by ons gemeente te bedank. Wimke onderskei dat die Here hom roep om voltyds op sy besigheidsbelange en teologiese studies te fokus. Wimke sê:

“Ek is baie dankbaar vir die voorreg om die afgelope drie jaar die gemeente as werknemer te kon bedien. Dit was vir my ’n wonderlike ervaring om deel te kon wees van God se werk in ons gemeente. Ek is veral dankbaar vir die voorreg om met soveel mense binne die gemeente saam te kon werk. Ek bedank die gemeente en kerkraad vir die vertroue wat hulle in my gestel het. Ek is ook dankbaar vir die ondersteuning wat ek voortdurend van die personeel ontvang het. My rol in die samesmelting en herstrukturering was, alhoewel uitdagend, ’n besondere ervaring. Ek is baie positief oor Somerstrand Gemeente en sien daarna uit om die gemeente weer as ’n gewone lidmaat te dien.”
unsubscribe from this list    update subscription preferences