Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Aanbid saam

By Somerstrand Gemeente plaas ons baie klem op aanbidding. Ons onderskeie weeklikse aanbiddingsgeleenthede speel 'n belangrike rol in ons geloofslewens. Deur saam te aanbid word ons elke week aangemoedig en toegerus vir 'n lewe van Luister en Leef. 

Ons is dankbaar vir die goeie inkomste wat ons in September ontvang het. Ons het onder andere een groot dankoffer ontvang. Selfs sonder hierdie dankoffer was ons bydraes steeds die hoogste nog vanjaar. Ons kumulatiewe inkomste vir die huidige finansiële jaar is tans R56 941 onder begroting.

Kommunikasie diensspan

Ons is beter saam. Om egter as 'n geloofsgemeenskap te funksioneer moet ons almal weet wat in die gemeente aangaan. Om hierdie rede het ons met die herstruktuering besluit om (naas rentmeensterskap, diensverhoudinge en eiendomme) 'n kommunikasie diensspan op die been te bring. Hierdie span se eerste vergadering is op Dinsdag 14 Oktober om 18:00 by die kerk. Kontak vir Wimke indien jy deel van hierdie span wil wees.

"Christenskap 101: Basiese beginsels uit Hebreërs"

Nuwe reeks: 19 Okt - 23 Nov

Die brief aan die Hebreërs is ’n boodskap van bemoediging aan ’n huisgemeente in Italië, waarskynlik Rome. Die skrywer roep hulle op tot geestelike volwassenheid en fokus daarom op die eerste beginsels van die geloof. Hy wil hulle help om Jesus as die Leidsman van hulle verlossing en die Apostel en Hoëpriester van hulle belydenis raak te sien. Só sal hulle nie van die geloof afvallig word nie en sal hulle gasvry en meelewend kan lewe. Daarmee moet hulle mekaar ook help. 
Ons gemeente verdiep ons vanaf 19 Oktober in hierdie eerste beginsels van die geloof en bespreek 'gawes', 'leer', 'ongeloof', 'doop', 'gewete' en 'geloofsekerheid'.
unsubscribe from this list    update subscription preferences