Die Rooivleisbedryf vandag
Veediefstal en predasie hou steeds die grootste bedreigings vir die bestaan en welvaart van die rooivleisprodusent in. Dit word egter deur die nasionale en provinsiale veediefstalvoorkomingsforums en die predasiebestuursforums aangespreek.
Lees meer ...
Aankondiging oor Invoerregulasies verwag
’n
Aankondiging kan binnekort in die Suid-Afrikaanse staatskoerant gemaak word ingevolge waarvan die streng invoerregulasies vir vee uit buurlande weer in werking tree, volgens ‘n berig wat in die Republikein verskyn het.
Lees meer ...
RPO gekant teen gif
Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is heeltemal gekant teen die gebruik van gif op plase om van ongewenste diere ontslae te raak.
Volgens die RPO en NERPO se Kode van Beste Praktyk word metodes wat moreel onregverdigbare lyding veroorsaak, soos vergiftiging nie onderskryf nie en boere word ontmoedig om dit te gebruik.
Dit volg ná 48 aasvoëls in die Oos-Kaap gevrek het omdat die betrokke boer rondloperhonde wou vergiftig.
Vleisverbruik sal aanhou groei
Vleisverbruik sal in die volgende dekade aanhou groei, hoewel makrofaktore verantwoordelik sal wees vir hoër vleispryse en ‘n ietwat laer verbruik relatief tot die vorige dekade, het Gerhard Schutte, Hoofuitvoerende Beampte van die RPO by die jaarlikse Aldam Veekundedag gesê.
Lees meer ...
Veeboerdery is onder druk in Namibië
Veeboerdery is onder groot druk en boere is vandag 40% swakker daaraan toe as agt jaar gelede, het mnr. Mecki Schneider in sy Voorsitterverslag op die kongres van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) in Windhoek gesê.
Lees meer ...
OBP stel entstowwe beskikbaar
Die entstof teen knoppiesvelsiekte en Brucellose is nou weer beskikbaar en ‘n groot hoeveelheid entstof vir perdesiekte is aan die einde van Augustus vrygestel, sê Dr Jacob Modumo, Hoof van Sake-ontwikkeling by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).
Die B-Pmemerol en Bloutong-entstof sal teen die einde van Oktober beskikbaar wees. Intussen beveel Modumo aan dat boere vlieg-afwerende middels gebruik om hul vee teen hierdie siektes te beskerm.
Die opgradering van die OBP se geriewe, wat boere vir maande sonder kritiese entstowwe gelaat het, is afgehandel.
Promoting the Education campaign at SPAR MEAT TRADERS
Lamb and Mutton SA had the opportunity to have a stall at the SPAR Meat Traders annual event held on the 30th of October at St George’s Hotel, Centurion. At this event Spar invites all those who produce meat products for SPAR to be exhibit. This gives the SPAR franchisees an opportunity to familiarise themselves with all the new suppliers and products available.
Read more
The 12th Meat Symposium
The RMRDSA (Red Meat Research and Development of South Africa) is hosting the following event.
What: The 12th Meat Symposium
Theme: Relevance of the South African Carcass Classification System
Date: Friday, 7 November 2014, Sanlam Auditorium, University of Pretoria
The South African cattle and small stock description systems can be traced back to 1932. Over time these description systems have been adopted and refined as informed by research in consultation with industry role players. A critical rethink of the relevance of the current carcass classification system will be the theme of the day.
Interested parties will be attending. Late registration for the event will be considered on an individual basis. Visit our website
www.rmrdsa.co.za to register.
Click here to download the program.
Belangrike datums in November 2014 / Important dates in November 2014
- 4 Nov - MIT/RMRDT
- 4/5 Nov - RPO Uitvoerende Raadsvergadering/Federasie Vergadering
- 6 Nov - AHF Meeting
- 11 Nov - LRPO Veediefstal
- 12 Nov - NKRPO Hoofbestuursvergadering
- 12 Nov - RMIF Council Meeting
- 13 Nov - KZNRPO Council Meeting
- 17 Nov - AGRI SA Landelike Veiligheidkomitee
- 19 Nov - AGRI SA Kommersiële Beleidskomitee
- 20 Nov - AGRI SA Algemene Raadsvergadering
- 25 Nov - NWRPO Hoofbestuursvergadering
- 26 Nov - NKRPO Veediefstal en Landelike Veiligheid