Copy
View this email in your browser


inJAPAN

 

Nuus-en Gebedsflits (in een)

In hierdie uitgawe

  • RCJ groep besoek SA
  • Gebedsversoeke
  • Mei-maand skedule

Deel dit ...

Besoek Missie Japan Webtuiste vir meer details oor die RCJ groep se besoek

Bly op hoogte

Missie Japan @ Facebook
Missie Japan Webtuiste
Ds. Keisuke Sakai, saam met sy vrou Rieko, en hul dogter Kotomi.
Hy is deel van die RCJ groep op besoek in SA.

RCJ (Reformed Church in Japan) groep besoek SA

Beste ondersteuner, 

Die hoofdoel van hierdie nuusflits is om te sê: wees op die uitkyk vir 'n bussie vol Japanners!  Binnekort land 'n afvaardiging van 7 leraars van ons susterskerk, die Christian Reformed Church in Japan (RCJ), in Kaapstad vir 'n 12 dae besoek.

Mag dit – soos voorheen – wéér so wees dat die Japannese nie uitgepraat sal kan raak oor die warm harte en die oop hande waarmee hulle orals deur hulle Suid-Afrikaanse susters en broers ontvang is nie. 

Hoekom kom die groep al die pad uit die Verre Ooste? Wat is die doelwitte van die besoek? Ek noem 'n paar:

  • Om langtermyn verhoudinge tussen die NG Kerkfamilie en die RCJ verder uit te bou.
  • Om Missie Japan se ondersteuners self te bedank vir jarelange ondersteuning.
  • Om die RCJ eerstehandse blootstelling te gee aan verskillende gemeentes, Christene en kerkleiers in die SA konteks.
  • Om die toekoms van diakonale betrokkenheid hier te verken  (veral d.m.v. die bestaande projek in Botshabelo, en ook dalk nuwe areas van betrokkenheid).
  • Om teologies-akademiese bande uit te bou (by die Teologiese Fakulteite in Stellenbosch en Bloemfontein).
  • Om bewusmaking van die werk in Japan te skep.
  • Om betekenisvolle ontmoetings en gesprekke te hê met Missie Japan se bestuurslede en ander betrokkenes.
  • Om ook die breër kerkverband se leiers te ontmoet (dié keer in besonder Wes-en SuidKaap en OVS streke).
 
Uit wie bestaan die groep? 
Kliek hier vir meer inligting


Waar gaan hulle beweeg?
Die hoof besoekpunte en datums is soos volg:

Wes-Kaap area –  
Woe. 6 en Do. 7 Mei: o.a. ontmoetings Stellenbosch Kweekskool en NGK Stellenbosch-Wes.

Vry. 8 Mei: o.a. ontmoetings by Goudini (Sinode van NGK in Wes-en Suid-Kaap) en op Swellendam (o.a. met Getuienisaksies van NGK Swellendam en Buffeljags asook VGK Railton lidmate)

Suid-Kaap area -
Sat. 9 Mei tot Ma. 11 Mei: verskeie ontmoetings en eredienste in George, Heroldsbaai, Wildernis en omgewing, met kerkleiers en rolspelers.

Vrystaat area - 
Di. 12 Mei: reis na Bloemfontein via Oudtshoorn en Graaff-Reinet.
Woe. 13 tot Vry. 15 Mei: o.a. gesprekke met jong predikante van OVS en Missie Japan bestuurslede; besoek Botshabelo diakonale projek; woon 150e viering van OVS sinode by in Thaba Nchu, besoek OVS Universiteit.
Sat. 16 Mei: bywoon van 150e viering van OVS sinode in Winburg, en reis na Gauteng.

Gauteng area - 
So. 17 Mei: verskeie ontmoetings en eredienste by NGK Andrew Murray (JHB) en RCA Charisma (PTA) gemeentes.
Ma. 18 Mei: vertrek terug na Japan

Vir meer details, skakel asb. vir Salome by 051-406 6729 of missie@ngkvs.co.za  (Missie Japan kantoor).

Ondersteun en bid asb. saam dat hierdie ‘n baie spesiale en geseënde besoek sal wees. Onthou veral ook die Missie Japan span wat die groep help begelei, vertaal, versorg ens. Die hoof betrokkenes is: Gideon Van der Watt (sekretaris); Victor Pillay (voorsitter); Johann Winterbach (onder-voorsitter) en Tobie en Annalie de Wet (kommittee-lede).

Vrede

Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)

Gebedsversoeke in Mei 2015:


Dank die Here saam met ons vir:
  • 'n Geseënde en genotvolle verloftyd (20 – 25 April)
  • Goeie vordering met tuisonderrig. 
  • RCJ Tokushima gemeente wat twee nuwe lidmate ontvang het.
  • Die bevestiging van ‘n Koreaanse sendeling-predikant by RCJ Shimizu Sendingpos in die Suide van Shikoku eiland.
  • Mr Y, ‘n jong Christengelowige wat eersdaags gedoop word (7 Junie)
  • Die besoek van die RCJ groep (soos hierbo genoem). Dankbaar vir almal wat help om hulle gasvry te ontvang ens.
Vra saam met ons die Here vir Sy seën en voorsiening met:
  • Die besoek van die RCJ groep (veilige reis, betekenisvolle ontmoetings ens.)
  • Carina se veelvuldige verantwoordelikhede met tuisonderrig.
  • Ons gesins- en huwelikslewe, gesondheid, huishouding, voorbereidings, bedieninge en getuienis ens.
  • Gys en Linda Olivier by SEIWA Christen Skool in Kochi Stad, hul huweliks- en gesinslewe, werk en getuienis in die skool, kerklike betrokkenheid, klein Linie se kleuterskool.
Ons vier die koms van die lente op 'n luilekker Saterdag!

Mei-maand skedule


So. 3 Mei: Stephan preek RCJ Takamatsu-Oos

So. 10 Mei: Stephan preek RCJ Tokushima

Di. 12 Mei: RCJ Shkoku Ring se Leraarskring

So. 17 Mei: Carina lei Happy Kids in RCJ Tokushima

Ma. 18 Mei: Stephan na Tokyo. Ontmoet Johann en Hennie Symington, leraarspaar van die Tokyo Union Church.

Di. 19 Mei: Stephan is spreker by 'n vroue verrykings-seminaar van RCJ Oostelike Ring (Tokyo-omgewing). Ongeveer 200 vroue. Onderwerp: “Die rol van vroue om betekenis en hoop te gee in ‘n nuwe era vir die RCJ.”

Vry. 22 Mei: Stephan tree as spreker op by die Tokushima provinsie se ekumeniese byeenkoms van predikante.

Sat. 23 Mei: Ons neem as gesin deel aan die maandelikse Kingdom Kids for Christ byeenkoms van sewe Christen-gesinne (sommige doen tuisonderrig).

So. 24 Mei: Stephan lei die English Fellowship van RCJ Tokushima (die keer is dit 'n buitelug braai en "erediens")

Di. 26 – Woe. 27 Mei: Stephan doseer pastorale sorg en berading by RCJ Kobe Kweekskool

Alle bg. bedienings-aktiwiteite gebeur altyd slegs in Japannees (behalwe vir die English Fellowship een maal per maand). 

 
Kopiereg © 2015, Alle regte voorbehou. Duplisering vir gebedsondersteuners welkom.

Hoe raak ek prakties as medewerker betrokke? Lees hier verder ...