Copy
Missie Japan Nuus- en gebedsflits

Nuus- en Gebedsflits
vir September 2015

Takayama (naby Sendai) sendeling vakansie-oord se strand
Kliek hier vir Missie Japan se daaglikse gebedskalender
Beste <<First Name>>,
 
Ons is veilig terug in Tokushima na 3 weke se verlof wat ons gate uit geniet het. Dit was regtig ‘n groot seën om (vir die vierde keer) by die Takayama sendeling-oord naby Sendai uit te span. Dié gemeenskap daar het diep onder ons vel ingekruip. Die geleentheid vir ons kinders om vryelik en stressvry (in Engels) te kon speel saam met baie ander kinders uit verskillende lande, was uniek. Ons mede- sendelinge Gys en Linda, en hulle dogter Linie, kon ook vir ‘n paar dae by ons aansluit … dit was ekstra lekker!
 
Ons kon nuwe perspektief kry op ons lewe en bediening, en deel wees van vele sinvolle konneksies met ander sendeling-families. Ons dink dis baie noodsaaklik vir ons langtermyn energie en emosioneel-geestelike gesondheid. Carina het iets van die ervaring (met foto’s) beskryf op haar blog … lees dit hier.
 
Nou is ons aan die trek, met bokse wat stuk-stuk gevul en opgestapel word om die skuif na Kobe te maak (DV 19 Oktober). Meer daaroor in ‘n volgende nuusflits.
 
Hierdie keer wil ons graag vra of jy sal saambid vir die volgende:
  • 1-3 Sept: Stéphan is deel van ‘n werkerskamp by ‘n welsyn-sentrum vir gestremde persone, in Hiroshima.
  • 2-3 Sept: Missie Japan bestuursvergadering vind naby Johannesburg plaas, met baie belangrike sake wat bespreek word rondom ons verhouding met die RCJ; gesamentlike diakonale projekte; die uitstuur van Karen Strydom as nuwe sendeling in 2016; ons (Van der Watt gesin) se skuif na Kobe; die aard van Tobie en Annalie De Wet se moontlike verdere betrokkenheid ens.
  • 8 Sept: Stéphan neem deel aan die leraarskring in Shikoku.
  • 13 Sept: Stéphan preek die oggend (in Japannees) in RCJ Tokushima en Carina lei die middag die Happy Kids uitstappie na die dieretuin.
  • 14 Sept: Stéphan neem deel aan die RCJ Shikoku ring se Sending-samewerkings kommittee, in Kochi.
  • 20 Sept: Stéphan preek by RCJ Okayama-Wes gemeente.
  • 27 Sept: Stéphan lei die RCJ Tokushima English Fellowship Time.
  • Carina hervat (reeds sedert laasweek) volledig tuisskoling met ons kinders. Sy het altyd gebedsondersteuning hierin nodig. Bid asb. ook vir elkeen van ons kinders vir toewyding, fokus en heelhartige leerbaarheid.
  • Gys en Linda se nuwe skoolkwartaal het afgeskop en hulle gee klas en lei ook ‘n Bybelstudie groep by RCJ Yamada gemeente. Linie moes ook weer inskakel by haar kleuterskool.
  • Intussen maak ons gereed om te trek, en dus is dit maar ‘n redelike ontwrigtende tyd.
 
Bid asb. saam met ons vir sinvolle en Geesvervulde ontmoetings, liefdevolle wysheid in ons betrokkenheid met mense, en ekstra energie om al die draadjies bymekaar te hou met die trek op hande, terwyl ons dagtake vervul moet word.
 
Baie dankie dat jy ons hierin ondersteun!
 
Vrede en vreugde,
 
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)
Copyright © 2015. Duplication for prayer partners welcome.

 
Facebook
Facebook
Website
Website