Copy
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
KOOP NOU
KOOP NOU
KOOP NOU
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE

Sewende (en laaste) boek in gewilde geskiedenisreeks binnekort beskikbaar

Wes-Transvalers was (en is waarskynlik steeds) bekend vir hulle hardkoppigheid en gehardheid. Dit is juis hierdie eienskap wat burgers van dié area tydens die Anglo-Boereoorlog hulle uitsonderlike uithouvermoë gegee het. In ’n nuwe boek wat binnekort by Kraal Uitgewers verskyn, kom die omvangryke krygsgeskiedenis van dié oorlog in die westelike streek van die toenmalige ZAR in die kollig.
 
LEES MEER

Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit deur Flip Buys en Dirk Hermann

Flip Buys en Dirk Hermann, onderskeidelik die voorsitter en bestuurshoof, is albei reeds 20 jaar verbonde aan die Solidariteit Beweging. Hierdie besondere mylpaal word gevier met ’n bundel, Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit, wat vroeg in November bekend gestel word. Die boek bevat ’n keur van hul artikels en bydraes wat in die laaste paar jaar verskyn het.
 
LEES MEER

Klik en koop by Kraal

Met die digitale revolusie wat nou goed op dreef is, is aanlyn inkopies nou lankal nie meer ’n nuutjie nie. Nee wat, Jan Alleman kan nou al vir ’n geruime tyd sy inkopies aanlyn doen vanuit die gemak van sy sitkamerstoel, kampstoel of watter stoel waarop hy ook al sit, mits hy internettoegang het. Vir die kranige lesers in Afrikaans is daar ook nou ’n aanlyn tuiste waar hulle na hartelus kan koop in Afrikaans – www.kraaluitgewers.co.za.
 
LEES MEER

Punt.-gedigtekompetisie: Gryp die pen en maak jou Punt.

Die geliefde Afrikaanse digter D.J. Opperman het geskryf: “Die rym neem ook ’n hele lewe in beslag: / jou doen en dink, jou soek na ander en jou wag.” Klink dit bekend? Broei ritmiese rymwoorde in jou gedagtes? Borrel jou pen oor met die een versreël na die ander? Dan is dit nou die tyd om jou eie woorde neer te pen en jou punt te maak en vandag nog in te skryf vir Punt., Kraal Uitgewers se eerste gedigtekompetisie.
 
LEES MEER

HAAS jou en kry een van dié notaboekies

Die aap is uit die mou, want Kraal Uitgewers se eerste spreekwoordnotaboeke is beskikbaar net vir jou! Bederf jouself (én ander) met een van dié kostelike haas-, kat- of hondnotaboekies gevul met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat op elkeen van hierdie (s)kattige diertjies van toepassing is. Spring gou en HAAS jou na Kraal se e-winkel om joune te koop anders mag jy dalk die bont HOND in wees as alles voor jou neus opgeraap word. Notaboeke bevat 75 bladsye in A5-formaat en is beskikbaar teen slegs R60 elk.
 
LEES MEER
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2017 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046