Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Kyk, dinge moenie vervelig word nie. Dis dan wanneer mens wil tou opgooi. Om dinge interessant en nuut te hou, doen ons dinge dié week anders. Ons oefen net twee keer (dalk drie keer) en ons doen oefening wat anders is as ons gereelde oefening. Probeer dus om fiets te ry as jy eintlik ‘n stapper is, of om ‘n Pilates-klas by te woon, of te swem of te gaan vir ‘n dansles.

Hier is Week#14 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan. Ons begin vandeesweek met die afronding van die program: ons wys jou hoe jy voortaan jou ontbyt en tussen-in happies kan saamstel.

Hou dinge nuut en vars!

Marí en die DDN-span

Week#14

Hierdie week doen ons dinge anders: ander oefeninge, soos swem, en ons leer julle hoe om julle eie ontbyte en tussen-in happies saam te stel. Lees meer oor Week#14.

Verdere inligting

Alles tot dusver: Al ons vorige nuusbriewe en weekplanne.
Beste dieetwenke: Twee dieetkundiges deel hul beste raad.
Het jy tipe 2 diabetes? Lees en luister wat is die jongste nuus.
My storie: Dis my Week#15 en ek ontmoet ‘n dapper seuntjie, Jude.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.