Copy
27 Oktober 2017

'n Koffie-drink-kuierbrief van huis tot huis

Sit agteroor en laat my toe om 'n rukkie by jou te kuier.

Iets uit my hart

Indien jy besluit het om hierdie jaar jou kersinkopies vroegtydig te doen om al die winskopies op te raap - en jy het nog nie daarby uitgekom nie, is dit nou te laat! Die voordeel is: Nou kan jy met jou kreatiewe vernuf te werk gaan om iets spesiaals te maak vir al jou mense. Daar is darem nog genoeg tyd om jou vindingrykheid op die proef te stel.

Wat 'n voorreg om hierdie seisoen van omgee en bewys van waardering binne te gaan - met soveel mense wat hierdie jaar jou pad gekruis het en vir jou iets beteken het.

Sosiale media maak dit maklik om vinnig 'n generiese boodskap vir almal in jou kontaklys te stuur. Doen hierdie jaar iets meer. Dink hoe jy op 'n kreatiewe wyse, sonder dat dit jou veel uit die sak gaan jaag, jou waardering en omgee teenoor familie, vriende en daardie mense wat hierdie jaar ekstra liefde nodig het, kan bewys.

In 'n artikel wat oor God se eienskappe handel, word die slotsom gemaak: Wat van God uitstaan is... sy barmhartigheid. Laat ons - as sy volgelinge - ook bekendstaan as mense wat met God se barmhartigheid lewe. Laat ons mekaar en elke mens wat hierdie seisoen ons paaie kruis, raaksien as skepsel van God - na sy beeld gemaak. Kom ons wees barmhartig - al vra dit van ons iets. Dis hoe Jesus ons geleer het.

Wat gebeur Sondag by Hoogland?
Ons vier die twee-en-twintigste Sondag in Koninkrykstyd en ses baba-dogtertjies word gedoop. Ons verwelkom ook ons senior lidmate en eer hulle vir die goeie geloofsvoorgangers wat hulle vir ons is.

Oggenddiens (08h30)
Op die eerste Sondag na Herformingsfees is dit goed om babas te doop - en te weet dat dit ons aan die kern van die Evangelie herinner.
Die volgende babas word gedoop:
Annabelle Lindström, dogter van Theuns en Mandy
Leja-Rose Brown, dogter van Bjorn en Maruscka
Emily Bain, dogter van Shaun en Jessica
Mienke-Miri Nel, dogter van Franco en Hanneke
Miyanda Wolmarans, dogter van Denys en Debra en
Kara du Preez, dogter van Andries en Karien
Die tema van die diens is: Die stem van die Evangelie... van geslag tot geslag. Die prediking fokus op 1 Tessalonisense 2:9-13.

Kuier in die Voorhuis:
Kom kuier gerus na die diens in die Voorhuis. Hier bou ons vriendskappe. As jy nuut is by Hoogland, of by ons kuier, wil ons jou graag daar ontmoet. Jy's welkom!

Geloofsvorming vir ons kinders:

  • Junior GVG (Gr R tot 6) (09h30 tot 10h15): 
    Ouers en grootouers word hartlik genooi na die familie-Sondag en afsluiting, direk na die oggenddiens in die saal. Ouers, onthou asseblief die bordjie eetgoed. Sien julle daar!
  • Senior GVG (Gr 7 tot 11) (17h30 tot 18h25): 
    Alle groepe sluit die jaar saam in die saal af. Ek sien uit om vir ou-laas saam met julle almal te wees!

Aanddiens (18h30-19h30):
Informele gesprek oor die lewe na die dood. Kom gesels saam.

November 2017
05
Kliek hieronder om die afkondigings te lees.
AFKONDIGINGS
LOFKABOUTERS
Ouers, bring julle kindertjies tydens eredienste na Lofkabouters. 
Laat weet ons as jy hier wil betrokke raak.
JEUG
Aan die matrieks en ander leerders wat  met eksamen begin het, sê ons baie sterkte! Vertrou die Here om julle elke dag krag te gee om net julle beste te lewer! Onthou, daar is 'n laaang vakansie wat wink.
KERSMARK
Baie dankie aan Freddie, die kantoorpersoneel en elkeen wat bontgestaan het om die Kersmark 'n verdere hoogtepunt op Hoogland se kalender te maak! Julle het julle uitstekend van julle taak gekwyt. Ons wins staan op R46 412. Ons het amper ons teiken van R50 000 behaal. Baie dankie vir elkeen se ondersteuning op elke gebied! Met Hooglanders werk 'n mens graag saam!
Die Goudland Sinode het inisiatief geneem om mense op te roep na ʼn landwye geleentheid vir verootmoediging en voorbidding op Woensdag 8 November.
Die PE Ring het 'n gesamentlike verootmoedigings- en voorbiddingsgeleentheid vir 8 November gereël om spesifiek te bid vir:
• die onaanvaarbaar hoë mate van geweldsmisdaad, waarvan plaasmoorde deel is.
• landbou-omstandighede en die impak van droogtes en klimaatsverandering op mense, diere en die omgewing.

Dit vind eerskomende Woensdag, 8 November, om 10h00 by NG Moedergemeente plaas. Almal word hartlik daarheen genooi.

Met dank aan Grens.Pos, hiermee 'n skakel na misdaadstatistiek ten opsigte van Port Elizabeth.


Kom ek en jy maak 'n verskil waar ons elke dag leef!
Reformasie 500
 

Noudat die herdenking van die groot dag waarop Luther sy 95 stellings teen die Wittenberg se deure vasgespyker het, verby is, laat ons ook vra: Waarvoor moet ons vandag opstaan - waartoe die Woord van God ons dring? Laat ons ook in ons tyd en konteks nie bekendstaan as konformiste nie, maar as hervormers.

'n Paar belangrike gebeure op ons kalender vir November
  • 5 November:
    Spesiale diens vir senior burgers en baie babas word gedoop!
    GVG-Afsluiting
    Juniors (9h30): Familiesondag in die saal. Bring asseblief 'n bordjie eetgoed saam.
    Seniors (17h30): Praise & Worship in die saal.
  • 12 November
    Bevestiging en verwelkoming: Ds Pieter Nel en sy gesin met geselligheid na die diens in die saal.
  • 18 November
    Dorings & Daisies afsluiting
  • 19 November
    Kerssangdiens (18h30)
  • 26 November
    Belydenisaflegging
Met SnapScan het jy nou ’n maklike en veilige manier om jou dankoffer, kollekte,  projekbydrae (bv. Basaar) of donasie te maak. 

Vir instruksies om SnapScan op jou slimfoon af te laai en dit te gebruik, klier hier.

Onthou ook van erflatings as 'n manier om 'n finansiële bydrae tot die gemeente te maak.

Gebed om God se lig

Here ons God,
wees U self nou hier by my,
sodat hierdie 'n uur van lig sal word.
Lat my in u teenwoordigheid die hemel sien oopgaan,
sodat 'n stukkie van u lig in my donker situasie skyn.
Ek vra dit in die Naam van u Seun, Jesus Christus.

Amen


(Gebed deur Karl Barth, Bron: Die Groot Gebedeboek)
Geniet die naweek! 
Vrede en groete,
Kopiereg © 2017 PE Hoogland, Alle regte voorbehou.

Ons adres en telefoonnommer is:
Isobellaan 1, Charlo (041) 367 1485

You can update your preferences or unsubscribe from this list






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
NG Kerk PE Hoogland · 1 Isobellaan · Charlo · Port Elizabeth, Eastern Cape 6070 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp