Copy
Lekke djy!
It's Amazing! ZT
Lente 2017

Mholweni, It’s Amazing! ZT vriende,
Unjani?  Ndiphilile enkosi!

Die afgelope twee maande was vol uitdagings en vreugdes en ek wil net baie dankie sê aan elkeen van julle wat op soveel maniere ondersteun het. Hanover Park se Babbelbekkies is up and running en Gugulethu se Babbelbekkies groepe bars uit hulle nate. Elke Babbelbekkie by It’s Amazing! ZT het ‘n gebreide kêppie en serp gekry, asook ‘n gebreide teddiebeer en ‘n fleece toppie. Groot dankie aan al die tannies wat gebrei het.
 
In hierdie nuusbrief maak ons ‘n paar wye draaie, ons stop in Kanini waar Sbongiseni bly, ons leer die Babbelbekkies in Loyoloville se opruim-liedjie en ons beleef al hoe meer guns by die ouers van die Babbelbekkies.
 
Ons maak ook ‘n draai in Hanover Park en ontmoet vir Ingrid en Poplapperkie. 

En ons ontmoet vir Delysia Daniels, ons nuwe ‘teacher’ by Badsberg Close se Babbelbekkies. Sy help ook met die naskoolprogramme daar.

Awe!
Lisa


 

Woordeboek

  • Molweni – Hello

  • Unjani – Hoe gaan dit

  • Ndiphilile enkosi – Dit gaan goed met my dankie

  • Qokelela qokelela whooo whoooooo – Babelbekkies opruim-liedjie

  • inye - een

  • zimbini - twee

  • zintathu - drie

  • zine - vier

  • zintlanu - vyf

  • zintandathu - ses

  • zisixhenxe - sewe

  • zisibhozo - agt

  • zilithoba - nege

  • zilishumi - tien


Hanover Park, the long walk to freedom…
…of dalk the long walk to Babbelbekkies!


It’s Amazing! ZT  se manier van doen: ons begin met wat ons het en kyk wat gebeur verder. Weens ‘n gebrek aan tyd en fondse het die hele proses baie gesloer tot almal se frustrasie.

Ongeveer twee maande terug het mnr Pertersen my gebel en gesê ek moet na die skool toe kom, want hy het ‘n verrassing vir my. Daar aangekom neem hy my na ‘n klas. Dit lyk chaoties binne MAAR dadelik sien ek wat mnr Petersen sien: POTENSIAAL.



Die bonus was dat daar groot restourasiewerk by die skool gedoen is in daardie tyd en die kontrakteurs het gesê dat hulle ook daardie klas sal opknap.



Op 5 September 2017 het ons die eerste Babbelbekkies in ons reuse, pragtige klas ontvang. Hulle getalle het elke dag gegroei en op die oomblik is daar 16 Babbelbekkies  deel van die informele speelgroepie. Eintlik kan ons net 12 akkommodeer, maar wat is 4 kinders nou tussen vriende? Daar is ook alreeds ‘n waglys.



Maria Tobias in ons ‘teacher’ in Hanover Park – stylish en ‘n regte jufrou. It’s really Amazing!



Ingrid Poyana val uit die hemel…


Sy werk vir die CWP (Community Work Programme), ‘n inisiatief van die Stad Kaapstad  en moet 5 dae per week tussen 8 en 12 allerhande verskillende take by die skool verrig. Van die begin af was sy baie behulpsaam om die klas skoon te maak. Met die begin van Babbelbekkies het ek gesien dat sy elke oggend vinnig haar take afhandel sodat sy by die Babbelbekkies klas kan gaan hand gee. Ingrid het haar alreeds binne die eerste 2 weke onmisbaar gemaak!


Ingrid se woorde:

‘Gee vir my liewer die kleintjies, daardie boompies kan ek nog buig, nie ‘n groot boom nie. Sover het die kinders gevorder. Hulle het baie gehuil , maar dit is darem minder nou. Dis net my kleintjie wat nog steeds huil, maar ons werk aan daardie sakie.’

Kom ons noem haar sommer Poplapperkie (poplap + skoenlapper)…




Doodstil sit sy alleen by ‘n tafel op haar eerste dag by Babbelbekkies in Hanover Park. Sy bou die een puzzle na die ander. Ek was verstom. Waar kry Poplapperkie haar konsentrasievermoë vandaan?

Sy was nog nooit in ‘n crèche of in enige ander vorm van ‘n speelgroepie nie. Haar ma was vir jare aan TIK verslaaf en is op die oomblik besig met ‘n detox-program en sy erken dat dit loutere hel is. Haar mamma het ook op die eerste dag aan my genoem dat Poplapperkie se pa in die gevangenis is en dat sy baie bang is vir enige persoon in uniform. Na die eerste dag van Babbelbekkies het ek aan Poplapperkie se mamma gesê dat sy ongelooflik slim is en fantastiese konsentrasievermoe het. Sy kon dit nie glo nie en het met trane in haar oë gevra:’Is my kind regtig slim?’ Ek hoop sy sal haar slim poplapperkie se gesig voor haar sien as sy dit oorweeg om weer na die merchant te gaan.

 ‘n Paar dae later sit Poplapperkie saam met die ander kinders by ‘n tafeltjie en hulle is besoig om prentjies te maak van die verskillende vorms. Ek het haar dopgehou en gesien dat sy nie net goeie konsentrasie het nie maar ook ‘n klein perfeksionis is.

You go, poplapperkie! Ek kan nie wag dat jy groot skool toe gaan nie en om jou rapport elke jaar dop te hou nie.

Haar ma het my ook daardie spesifieke oggend ingewag – sy is besig om sakkies vir agter hulle stoele te maak om haarself besig te hou. Sy gaan vra vir materiaal by vroue wat alreeds naaldwerk doen en dan maak sy die sakkies. Sy sê toe ook dat as ons dit nie kan gebruik nie dat ons dit vir enige kinders kan gee wat dit nodig het. Sy is ook besig om sweetpakbroekies te maak.

Poplapperkie se mamma, hou net jou kop bymekaar en loop verby die hok waar die merchant en sy trante jou wil verlei.

Ontmoet ons nuwe Babbelbekkie teacher in Badsberg Close:


 Delysia Daniels


‘Ek is bedrywig met Babbelbekkies en dis vir my ‘n plesier om by Babbelbekkies betrokke te wees en dit is vir my wonderlik om met die kinders te werk en fantasties en lieflik.’



Delysia ‘Lisa’ is aangestel om om uit te help in Badsberg Close. Een van Tasneem Khan (ons ‘teacher’ in Badsberg Close) se dogtertjie is 2 maande gelede omgery en is steeds in Rooikruis Hospitaal met baie ernstige breinbeserings (soos genoem in die vorige nuusbrief).  Tasneem bly meestal by die hospitaal en haar familie versorg haar ander dogtertjies. Bly asseblief bid vir Tasneem en Ashura.

 



Inye…zimbini…zintathu…zine…zintlanu…zintandathu…zisixhenxe…zisibhozo…zilithoba…zilishumi…weerklink in Loyoloville


MAAR Nono en Abi het begin bekommerd raak – hulle Babbelbekkie getalle het ‘n ernstige afwaartse neiging getoon en hulle het nie geweet hoekom nie. Ons het toe besluit dat die beste wat ons kan doen is om ‘n ouervergadering te beroep. Vyf ouers/oumas het opgedaag en die vergadering het interessante wendings geneem. Die uiteinde was dat die Babbelbekkies se getalle binnie ‘n dag gegroei het tot 20 kinders. Ons kan nog maksimum 4 kinders akkommodeer.


Opruim - liedjie!
‘Qokelela qokelela whooo whoooooo
Qokelela qokelela whooo whoooooo
Qokelela qokelela whooo whoooooo’

 



Spesiale Sbongiseni en haar hokkie…


Sbongiseni (Nono) is een van ons Babbelbekkie ‘teachers’ in Loyoloville, Gugulethu en sy bly net om die draai in Kanini. Nono is een van die blymoedigste mense wat ek ken en het twee pragtige seuns. Ek maak ‘n punt daarvan om huisbesoeke te doen by my It’s Amazing! ZT span en so het ek ook by Nono gaan inloer. Nono bly in ‘n gehawende hokkie van 2 x 3 m. Wanneer dit reën is alles sopnat. Maar steeds is Nono elke dag op haar pos en haar kinders netjies aangetrek vir skool en crèche. Die kontras tussen Nono se klas (7 x 3 m wendyhuis) en die hokkie waarin sy bly was skreiend.



Die Here het my gebed verhoor – Ons kon ‘n nuwe hokkie oprig, ‘n dubbel bankbed is ingedra en Nono en haar seuns se hele lewe het verander. Baie dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het: Tygerberg 104fm en elke luisteraar van Tygerberg 104 fm wat beddegoed, matrasse, huisware ens. geskenk het, asook KGA Lewens en Powerflow.
 



Sponsor-a-Babbelbekkie



Baie dankie vir die wat alreeds ondersteun, maak dit asb by jul vriende; familie; bybelstudiegroep en kerk ook bekend.


Email
It's Amazing! ZT Facebook page
Website - It's Amazing! ZT

Banking Details


Bank Name:  ABSA
Name: Zoe Trust 
Account Number: 9222071195 (Savings Account) 
Branch Code: 632005 

Swift-Code: ABSA ZA JJ
Public Benefit Organisation – PBO 930 028 203 
Non Profit Organisation –  153-985 NPO

 

 







This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Zoe Trust · 5 Orange Street · PO Box 910 · Parow, Cape Town 7500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp