Copy

Doen Dit Net

Aksieplan Week#8
word saam met ons fikser en skraler

Beste Luisteraar

Dis interessant om uit die bestekopname te sien hoeveel mense slaap minder as agt ure per nag. Sommige slaap net vier tot ses ure per nag. Dis te min. Selfs sewe ure se slaap is te min. Jou breinselle het minstens agt ure se goeie slaap nodig om te herstel sodat jy die volgende dag goed kan funksioneer. Met minder as agt ure se slaap het die breinselle nie genoeg tyd om foutiewe proteïne te verwyder nie, en hierdie foutiewe proteïne speel ‘n rol in Alzheimer-siekte en ander breinprobleme. Lees en luister na meer inligting oor slaap, slaappatrone en slaappille, om jou te help om agt ure se goeie slaap per nag te kry.

Martelize Brink wys weer hoe sy arm- en skoueroefeninge doen; dié slag met gewigte, en wel om mense wat weens rug- en beenprobleme nie kan stap of draf nie, te help.

Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend. Dra iets geel vir RSG, en stuur ‘n foto aan gesond@rsg.co.za. Ontmoet ons 'geel' DDN-deelnemer van die week wat aan ‘n Parkrun deelgeneem het,

Ek is in my negende week van oefening, en nadat ek ná my griep nogals teruggesit is, loop dinge nou weer al beter.

Hier is Week#8 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Tula, tula snags sodat jy bedags kan woela-woela.

Marí en die DDN-span

Week#8

Hierdie week fokus ons op doelwitstelling, pak ons rooi en pers groente in die groen mandjie en wys Martelize ons hoe om met gewiggies te oefen. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels en neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Ons stel jou voor aan ons eerste DDN-deelnemer van die week, Elize Heath (foto onder). Lees meer oor Week#8.

Verdere inligting

Alles tot dusver: As jy ons vorige nuusbriewe en weekplanne misgeloop het, klik net hier.
Jou brein het agt ure se slaap nodig: Hier is inligting oor slaap, -patrone en slefs -pille. 
Martelize oefen só met gewigte: Dié oefeninge kan mense met rug- of beenprobleme help.
My storie: In my week#9 stap ek my eerste Parkrun op Rickety Bridge wynplaas.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.