Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Met nog net vier weke oor tot Desember, is dit tyd om ferm met jouself te wees. Mens is nie altyd lus om oefening te doen of gesond te eet nie, en dis al te maklike om aan versoekings en verleidings toe te gee. Maar nou is die tyd om jou eie Kaptein Von Trapp van The Sound of Music-faam te wees. Hy het sy sewe kinders met ‘n fluitjie laat aantree en in dissipline geglo. Dus, wees ferm met jouself, duld niks nonsens en verskonings van jouself nie, en Doen Dit Net: dit het vir my gewerk.

Vroegoggend of laatmiddag is die perfekte tyd om in die somer buite te wees en te stap, draf, fiets te ry of enige ander oefening te doen. Onthou tog net die sonskerm!

Hier is Week#12 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan. Ons wys jou ook nuwe spieroefeninge.

Komaan, spring van die rusbank af en neem aksie?

Marí en die DDN-span

Week#12

Hierdie week vertel ons meer oor goeie selfdissipline, waar alkohol in die eetplan inpas en wys jou ook nóg nuwe spieroefeninge. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels, neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer oor Week#12.

Verdere inligting

Alles tot dusver: Al ons vorige nuusbriewe en weekplanne.
Nuwe spieroefeninge: Ons wys hoe dit gedoen word.
Alkohol: Wat gebeur as alkohol my breinselle tref?
My storie: Dis my Week#13 en ek is oppad Swellendam toe. 
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.