Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Ek doen dit self: ek wag tot Maandag om weer van voor af te begin. Maar ‘n Dinsdag, Woensdag of enige ander dag van die week is net so goed soos ‘n Maandag op (oor) te begin. Met net drie weke oor tot die begin van Desember, is daar nie veel tyd om te mors op selfverwyt nie. Begin dadelik weer: hoe gouer, hoe beter.

Die weer hier in die Boland is vreemd: van uiters warm tot donders, blitse en ‘n donderstorm (ek dog dis vir die Hoëveld en ander dele van die land gereserveer). Dit beduiwel natuurlik mens se gewone roetine. Maar dan werk mens maar so óm die wind en weer. Dus is nie net enige dag ‘n goeie dag vir oorbegin nie, enige tyd van die dag sonder erge son, wind of reën is ‘n goeie tyd vir buitelus-oefening.

Hier is Week#13 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan. Ons het met ‘n ervare gym-instrukteur gesels en sy deel haar beste oefeningswenke en -raad (ons sluit ook beskrywings en video's in om te wys hoe ‘n beginner gym-apparate kan gebruik.)

Maak enige dag jou Maandag!

Marí en die DDN-span

Week#13

Hierdie week vertel ons meer oor oorbegin, wie kan baat by vitamien-aanvullers en ‘n gym-instrukteuir se beste oefeningswenke. Geniet jou volgende (of eerste) Parkrun môre-oggend! Dra iets geels, neem ‘n foto en stuur aan gesond@rsg.co.za. Lees meer oor Week#13.

Verdere inligting

Alles tot dusver: Al ons vorige nuusbriewe en weekplanne.
Beste oefeningswenke: ‘n Gym-instrukteur deel haar beste raad.
Vitamiene: Kyk hoe het ‘n voedsel-aanvuller kinders gehelp.
My storie: Dis my Week#14 en die weer is deurmekaar.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.