Copy
Welkom by November 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Landelike Misdaadkonferensie: Die Pad Vorentoe

Die internasionale konferensie oor landelike misdaad is onlangs deur die UNISA Kollege van Regte in samewerking met die RPO, die Afrika Federasie van Landbou (AFASA), TLU SA en Agri SA aangebied met die doel om landelike misdaad wat landbou raak, aan te spreek.
Ná die konferensie is vier kritieke areas geïdentifiseer
Lees meer ...
Veillings vir November...

Chinese afvaardiging gaan SA besoek

Die China Vleisvereniging se invoer- en uitvoertak gaan Suid-Afrika van 4 tot 7 November 2017 besoek.
Suid-Afrika en China het vroeër vanjaar ooreenkomste oor die finale besonderhede van protokolle bereik sodat Suid-Afrika met beesvleisuitvoere na China kan begin.
Die afvaardiging sal verskeie grootskaalse vleisprodusente, beesplase, abattoirs en ‘n vleisverwerkingsmaatskappy besoek. Die Rooivleisbedryfsforum (RVBF) en die Vereniging van Vleisinvoerders en –Uitvoerders (AMIE) sal ook tydens die besoek gekonsulteer word.

Samewerking tussen RMIF en Departement gaan verbeter

Die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) se Bestuurskomitee en die waarnemende Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, dr Mooketsa Ramasodi, het tydens ‘n vergadering besluit dat beide partye maniere sal vind om hul werksverhouding te verbeter, die deling van inligting en besluitneming te bevorder en om meer geïntegreerd te werk te gaan.  
Die volgende sake is onder meer tydens die vergadering bespreek :-
  • Operasie Phakisa. Die vergadering het verneem dat Phakisa nie geïmplementeer sal word alvorens daar nie implementeerbare planne is wat deur die President afgeteken kan word nie.
Lees meer ...

Parasietprobleme gaan toeneem

Sodra dit meer reën, neem probleme met parasiete toe, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Maak seker jy bespreek jou beheerprogram met ‘n veearts voordat jy bosluisdoders aankoop. Jou  veearts sal blou bosluise kan versamel vir toetse.
Lees meer ...

Speenkalfpryse sal stewig bly

Na verwagting sal speenkalf- sowel as karkaspryse hoog bly maar oor die kort termyn sywaarts beweeg as gevolg van beperkte voorrade. Daar mag na die einde van die jaar toe geringe stygings in die karkasprys wees soos wat die feeseisoen nader kom, volgens ‘n voerkraalanalise en –vooruitskouing wat deur AMT gepubliseer is. 
Die Suid-Afrikaanse voerkraalbedryf bemark in totaal byna 80% van die totale beesvleisproduksie in Suid-Afrika. Gedurende Desember 2015 was daar 531 662 diere wat gevoer was, terwyl die hoogste syfer in Februarie 2015 gerapporteer is (SAFA, 2017). Dit beteken dat Suid-Afrika staankapasiteit vir ongeveer 670 000 diere het. 
Lees meer ...

Perspektief 

Genotipe-ongewingsinteraksie ten opsigte van reproduksie in die Nguni.
In die Oktobernuusbrief het ek resultate aangehaal wat aantoon dat die prestasie van die Nguni verskil tussen biome of weigebiede. Ten opsigte van die groter prentjie behoort ons dit te verwag, want oor die 1200 jaar van die ontstaan en verspreiding van Sangatipes na verskillende dele van Afrika, sou verskillende Ngunitipes (ofskoon met ‘n gemeenskaplike genetiese agtergrond) in Suid-Afrika, Mosambiek, Swasiland, Namibië en Zimbabwe beland het.   Die vraag is hoe sou hierdie omgewings reproduksie beïnvloed het. Die doel van die studie hieronder na verwys, was derhalwe om die invloed van verskillende omgewingsfaktore op die reproduksie van Ngunibeeste afkomstig van 11 plase in vier gebiede van Suid-Afrika te ondersoek. 
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af

Konsep LITS-dokument gepubliseer

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n konsepdokument vir ‘n vee-identifikasie-, rekordhouding en naspeurbaarheidstelsel (LITS) in Suid-Afrika gepubliseer.
Daar word aanbeveel dat die norme en standaarde van ‘n LITS-stelsel op internasionale standaarde gebaseer word en dat die bestaande nasionale diere-identifikasiestelsel gedefinieer en aanvaar word; dat ‘n ruilplatform uitgebou of opgradeer word; dat ‘n gepaste implementeringsowerheid geskep word; en dat LITS-loodsprojekte sowel as daaropvolgende projekte die voorwaardes aanpas voor volle implementering plaasvind.
Lees meer ...

Wetenskaplikes vereer

Rooivleisnavorsing en -ontwikkeling SA (RMRD-SA) het onlangs die bedryf se wetenskaplikes tydens ‘n prestige geleentheid in Pretoria vereer. 
Wetenskaplikes is in vier kategorieë genomineer
Lees meer ...

NUWE JSE vee-kontrak aangekondig

Die JSE het aangekondig dat die lamtoekomsmark die nuutse toevoeging tot sy produkte is wat vir die veebedryf aangebied word.
Produsente kan die nuwe kontrak en die beestoekomskontrak gebruik om hulself teen negatiewe pryswisselinge te beskerm.
Vir meer inligting, kontak die JSE by 011 520 7039 | commodities@jse.co.za

Statutêre heffing verhoog

Die statutêre heffing verhoog op 1 November 2017, soos gepubliseer in Staatskoerant nr. 38199 van 11 November 2014.

Die funksies wat deur die heffing befonds word, is verbruikersgerustheid; verbruikerskommunikasie- en opvoeding; transformasie en ontwikkeling; navorsing en ontwikkeling; bedryfskakeling; produksie-ontwikkeling; voldoening aan wetgewing en administrasie.

Lees meer ...

Globale beesvleisproduksie is hoog

Internasionaal mag hoë globale beesvleisproduksie in 2018 afwaartse druk op pryse uitoefen, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik is dit in lyn met seisoenale neigings vir pryse om van Augustus af te styg tot na die feesseisoen. Produsente het die gewoonte om hul diere tydens die reënseisoen terug te hou in die hoop dat weitoestande verbeter. Die terughou van diere gedurende die reënsiesoen beteken dat die kudde nog kleiner is. Neutrale tot swak La Niña-kondisies behoort steeds tot ten minste Maart/April 2018 voort te duur.
Lees meer ...

Lampryse is hoog in die globale mark

Internasionaal is lampryse hoog (weens globale lamvoorrade), wat afwaartse druk op die verbruikersvraag mag plaas, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik het lam- en skaapvleispryse in sommige gevalle oor die afgelope twee maande dalings gerapporteer nadat dit in onlangse tye rekordvlakke bereik het. Verbruikersweerstand het moontlik tot die afnames bygedra. Vorentoe mag pryse ondersteun word deur warmer toestande wat braai aanmoedig.
Lees meer ...

cooking-with-lamb.com

Alles oor skaapvleis en meer… 
Dis onlangs aangekondig dat Google vir Facebook weer verbygesteek het as die top verwysings platvorm vir adverteerders se inhoud a.g.v ‘n groot algoritme verandering wat Facebook ingestel is.  Dit beteken eenvoudig maar net dat adverteerders weer meer aandag aan hul webwerf as hul sosiale media bladsye moet gee en ook gebruik moet maak van “Google Advertising”.
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share
Tweet
Forward
cookingwithlamb.com
Alles oor skaapvleis en meer…
 
Dis onlangs aangekondig dat Google vir Facebook weer verbygesteek het as die top verwysings platvorm vir adverteerders se inhoud a.g.v ‘n groot algoritme verandering wat Facebook ingestel is.  Dit beteken eenvoudig maar net dat adverteerders weer meer aandag aan hul webwerf as hul sosiale media bladsye moet gee en ook gebruik moet maak van “Google Advertising”.
Skaapvleis SA se webblad cookingwithlamb.com is volgende maand twee jaar oud en het dusver van krag tot krag gegroei. Skaapvleis SA se aanslag met die webblad was om ‘n selfoon-vriendelike blad te skep wat maklik en eenvoudig is om te gebruik. Die webblad se onderafdelings bestaan uit resepte, wetenskaplike navorsing en naslaanmateriaal, ‘n Blog, hul “Budget Cooking With Lamb” resepte en videos. Die webblad sal volgende jaar weer ‘n nuwe baadjie aantrek om by te bly met die vinnig-groeiende digitale wêreld. Verbruikers kan ook direk vanaf die webblad met die  projekbestuurder van Skaapvleis SA gesels. Gaan loer gerus na hul blad hier: http://www.cookingwithlamb.com/
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa