Copy
RHK Nuusbrief 1                                                                               16 Mei 2017

Nuusbrief

Hartlike warm groete aan al die ouers, offisiere en maats. Hiermee stel ek bekend ons eerste amptelike Rooihuiskraal Kommando Nuusbrief. Ons beoog om ten minste een keer 'n maand die nuusbrief uit te stuur, waarmee ons die hoogtepunte van die afgelope maand sal deel, asook inligting rakende opkomende funksies en kampe.

IN HIERDIE UITGAWE

1. Ons kyk bietjie terug na 'n paar hoogtepunte gedurende die afgelope paar maande.

2. DAGBOEK: 
  • 19 Mei - Verkenner Kampvuurgesprek
  • 25 Maart - Hemelvaart, Fakkelloop en Kerkdiens
  • 10 Junie - Volwasse Jol (Oord Monument)
3. Volg ons op Facebook

'n Vinnige terug kyk na 'n paar hoogtepunte vroëer die jaar..

Jaar Opening - Waatlemoenfees

Daar is min dinge so lekker soos 'n waatlemoenfees. Daar was geëet, gesmeer en geSMEER :)

Dinokeng PD Kamp

'n Lekker saamkuier en speel kamp om die jaar mee af te skop. Ons het ook geleer hoe om te skermdruk op t-hempde. Kyk net hoe mooi lyk ons kommando hempies. 

PD Plakkerskamp

Gee 'n kind 'n boks, en hulle is in die sewende hemel. Ons maats het plakkershuise gebou en daarin geslaap. Daar was ook deurnag speletjies gespeel vir die wat braaf genoeg was om wakker te bly.

Kwartaal 1 - Afsluiting

Ons het die 1ste kwartaal afgesluit met 'n vlag seremonie.

Vir heelwat van ons maatjies, was dit hul eerste aantreë by 'n vlag seremonie en ons bedank spesiaal vir Oom Philip wat hulle so mooi gelei het.

Na die seremonie het almal gesellig saam gekuier en gesmul aan die lekkerste braaibroodjies en wors.

Baie dankie aan Marileen, Pieter, Morné en Leon wat gesorg het vir die heerlike kos. 

Hoëveld PD Kamp

Die kamp wat elke Voortrekker gerus kan bywoon en wat 'n hoogtepunt is elke jaar! Vir baie van ons nuwe maats, was hierdie die eerste groot kamp waarop hul gegaan het en hulle het dit regtig baie geniet. Baie geluk aan elkeen met hul welverdiende Kentekens wat verkry was op hierdie kamp. 

Kwartaal 2 - Storietyd

Die kinders het aan Tannie Sonett se lippe gehang met storietyd gedurende ons eerste spanvergadering vir kwartaal 2. Die kinders het geluister en deelgeneem aan die gesprek van hoe Jan van Riebeeck aan die Kaap aangekom het.

DAGBOEK

Vrydag 19 Mei 2017 - Verkenner Kampvuurgesprek

Enige Verkenner wat beoog om universiteit toe te gaan na skool, moet nie hierdie kampvuurgesprek misloop nie. 

Henrico Barnard, wat tans die voorsitter is van die Universiteit van Pretoria se studenteraad, gaan bespreek wat die huidige situasie is op universiteitskampusse; hoe leierskap op universiteite lyk; wat sy benadering is op die veranderende klimaat op kampusse; of daar nog ʼn plek is vir Afrikaners op kampusse; hoe die toekoms lyk van staats-universiteite; en wat die pad vorentoe is.

Koste: R20 (Inskrywings sluit Dinsdag, 16 Mei 2017)
Tyd en Plek: 18:00 - 19:30 te Polsslag Voortrekker Saal, Lyttelton, Centurion

Kliek hier om die volledige inligtingsblad af te laai.

Donderdag 25 Mei 2017 - Hemelvaart Fakkelloop en Kerkdiens

Handelinge 1: 7-9. Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.  Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”    
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.


Ons hou ‘n fakkelloop vanaf Laerskool Hennopspark tot by die NG Kerk Sesmylspruit waar ons dan die Hemelvaartsdiens saam met die res van die gemeente bywoon. Alle ouers, vriende, familie en belangstellendes is welkom om saam te loop met die fakkelloop en/of ook die Hemelvaartsdiens by te woon.

Tyd en Plek: om 17:30 kom almal saam by Laerskool Hennopspark, Centurion
Drag: Formele Voortrekkerdrag

Kliek hier om die volledige inligtingsblad en program af te laai.

Saterdag 10 Junie 2017 - Volwassenes Jol

Alle volwassenes word hartlik uitgenooi na die Oordjol. 

Die tema is 'n Proe om die wêreld.

Elke kommando verteenwoordig 'n kontinent en ons, Rooihuiskraal Kommando verteenwoordig: Australië (wat insluit New Zealand en die eiland van New Guinea)

Ons sal 'n algemene vergadering hou waar die offisiere en ouers bymekaar sal kom en alles beplan en bespreek. Die datum vir die vergadering sal nog bevestig word. Ons versoek asb alle ouers om die aand saam ons te kom geniet. Dit gaan groot pret wees. Die oord sal sorg vir 'n in-lê fliek vir die kinders. 

Tyd en Plek: 17:00 tot laat by Sytze Wierda se Voortrekkersentrum, Wierda Park, Centurion

Kliek hier om die volledige inligtingsblad af te laai.

Onthou om aan te sluit op ons nuwe facebook-blad. Die blad se inligting is beskikbaar vir enigeen wat belangstel om by ons kommando aan te sluit. En te sien wat ons kommando bied. Deel die blad gerus met almal.

facebook : Rooihuiskraal Voortrekker Kommando

----------------------------------------------------------------------------------------

Daar is ook 'n geklose facebook groep waarby jul kan aansluit. Die groep is daar vir ouers en offisiere om met mekaar te kommunikeer en fotos en ingligting te deel. Slegs lede van die spesifieke groep kan al die "posts" sien.

facebook groep : Rooihuiskraal Voortrekker Kommando Groep (community)
Copyright © 2017 Die Voortrekkers - Rooihuiskraal, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

Email Marketing Powered by Mailchimp