Copy
Welkom by Julie 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Dr Vervoort weer Voorsitter van Dieregesondheidsforum

Dr Pieter Vervoort en dr Charlotte Nkuna is tydens die onlangse algemene jaarvergadering van die Nasionale Dieregesondheidsforum weer tot voorsitter en vise-voorsitter verkies.
In sy voorsittersverslag het dr Vervoort gesê die Forum gaan voort om die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye te ondersteun in die implementering van die nasionale veterinêre strategie. Beesbrusellose het as die “model-siekte” baie aandag geniet onder leiding van die brusellose-bestuurskomitee.
Lees meer ...

Hartwater-situasie is kommerwekkend

Die toenemende voorkoms van Hartwater onder skape is bespreek tydens die laaste vergadering wat tussen verteenwoordigers van die Nasionale Dieregesondheidsforum en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gehou is.
Hartwater kom meer in die Oos-Kaap voor, spesifiek in skape en bokke. Die siekte word deur wild en bosluise versprei. Dit het onder Angora-bokke begin, maar het nou al na verskillende bok-rasse en na skape versprei. Die bloed-entstof is beskikbaar, maar die kultuur-entstof word tans ontwikkel.
Lees meer ...

Amerika verbied vleis-invoere van Brasilië

Amerika het vleis-invoere van Brasilië opgeskort weens “herhaaldelike kommer oor die veiligheid van produkte wat vir die Amerikaanse mark bestem is”.
Verskeie lande het Brasiliaanse vleis in Maart verbied toe dit bekend geword het dat gesondheidsinspekteurs omkoopgeld aanvaar het om vleis van sub-standaard gehalte goed te keur. Amerika het nie in daardie stadium ‘n verbod op die vleis geplaas nie, maar verkies om alle skeepsvragte van Brasiliaanse vleis te inspekteer.
Lees meer ...

RuVASA hou kongres

Die RuVASA (Ruminant Veterinary Association of South Africa) se 2017 kongres het onlangs in Gauteng plaasgevind.
Die Kongres bied aan lede van RuVASA voortgesette professionele ontwikkeling van ‘n hoë gehalte en bevorder ook samewerking tussen veeartse, die bedryf en produsenteorganisasies.
Lees meer ...

Nie alle diere is ingeënt nie

As daar teruggekyk word na die siektes wat gedurende die lente, somer en herfs van 2017 uitgebreek het, is dit duidelik dat nie alle boere hul diere teen insek- en bosluisoordraagbare siektes ingeënt het nie, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Die volgende siektes kon verhoed word as diere voor die begin van die somerreënvalseisoen ingeënt was: knopvelsiekte, drie dae stywe-siekte, bloutong, Afrika en Asiatiese rooiwater en Afrika perdesiekte. Entstowwe is goedkoop in vergelyking met die koste van behandelings en die mortaliteite wat voorgekom het
Lees meer ...

Perspektief 

Kan bloutongvirus die winter oorleef?
Sommige virusse kan in gasheerinsekte oorwinter. Ten opsigte van bloutongvirus is oorlewing in die winter onbekend; een moontlikheid is dat hulle in volwasse Culicoides muggies kan oorleef in gebiede waar die wintertemperature selde benede 10oC daal. Lae aktiwiteit van muggies en die afwesigheid van bloutonguitbrake gedurende die winter kan die indruk laat dat die virus uit die area verdwyn het. Teneinde te ondersoek of Culicoides muggies inderdaad ‘n belangrike draer van die virus is en die meganisme van moontlike oorwintering te verstaan, het die outeurs wat hieronder aangehaal is ‘n omvattende studie aangepak.
In die studie het hulle lig-vangtoestelle gebruik wat naby perde geplaas is om die muggies te vang. Meer as 500 000 is versamel in 88 rondtes wat tot op spesievlak geïdentifiseer is. ‘n Totaal van 26 verskillende Culicoides spesies is geïdentifiseer. Hulle was teenwoordig deur die totale tydperk van 15 maande en van hulle was nege spesies wat potensieël draers van bloutongvirus is, teenwoordig gedurende die wintermaande.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Voëlgriep breek uit in Suid-Afrika  

'n Hoogs aansteeklike voëlgriep het die eerste keer onder kommersiële hoenders in Suid-Afrika uitgebreek.
Die land se grootste pluimveeprodusent, Astral, het bekend gemaak dat die H5N8-stam van voëlgriep is op een van sy teelplase in die Villiers-omgewing gevind.
Die stam is nie gevaarlik vir mense nie, maar het wêreldwyd al daartoe gelei dat miljoene hoenders gevrek het of as deel van die voorkoming van die verspreiding van die siekte, van kant gemaak is.
Lees meer ...

Indiese verbod op slagtings moontlik teruggetrek

Die Indiese Regering mag ‘n verbod op die verhandeling van beeste vir slagdoeleindes ophef nadat die kwessie in ‘n nasionale twispunt ontwikkel het en gelei het tot woede onder lidland-regerings asook ‘n aansoek wat in die hooggeregshof daarteen ingebring is.
In ‘n onlangse kennisgewing het die Regering verklaar dat koeie en buffels nie vir slagdoeleindes by dieremarkte regoor Indië verkoop mag word nie, maar dat slegs plaaseienaars toegelaat sal word om diere op markte te verhandel.
Lees meer ...

Hoe om vir wurmweerstandige en wurmaangepaste skape in die somerreënvalstreek te selekteer

Daar kan geselekteer word vir skape wat weerstandig teen haarwurm is.
Die volgende sleutels word gebruik:
FAM = FAMACHA
LKT = Liggaamskondisietelling
MET = Miseiertelling
DSD = Doelgerigte Selektiewe Dosering
Lees meer ...

Mededingings-kommissie-ondersoek: die RPO se siening 

Die RPO het kennis geneem van die feit dat die Mededingingskommissie verskeie vleismaatskappye in drie provinsies ondersoek vir prysvasstelling.                               

Die RPO is op rekord dat die organisasie nie so 'n ondersoek versoek of geïnisieer het nie.

Die RPO is van mening dat een van die belangrikste pilare van die rooivleisbedryf vrye-markbeginsels is. Dit moet ten alle koste behou en beskerm word.

Die RPO verwelkom enige ondersoek wat vrye-markbeginsels sal verseker en sal ook sy volle samewerking gee met enige ondersoek.


Beesvleispryse bly stewig

Internasionaal bied ‘n stewige verbruikersaanvraag na beesvleis en minder voorrade in die grootste uitvoerlande, Nieu-Seeland en Australië ondersteuning aan pryse, volgens ABSA Agri Trends.
Internasionaal
Gedurende die week van 15 Junie 2017 het Nieu-Seelandse bulle meestal sywaarts verhandel teen 5.66NZ$⁄kg en koeie het 0.47$% hoër verhandel teen 4.31NZ$⁄kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Skaapvleismark staan sy man

Internasionaal gaan lamsvleismarkte voort met positiewe neigings weens ‘n goeie aanvraag, hoewel valutamarkte in die toekoms ‘n groot rol in pryse gaan speel. Plaaslik is lam- en skaapvleispryse stewig weens ‘n goeie aanvraag, volgens ABSA Agri Trends.
Internasionaal
Die Nieu-Seelandse lamspryse was in die week van 15 Junie 2017 meestal hoër vergeleke met die vorige week. Lam het 0.8% hoër afgesluit teen NZ$96.4⁄kop vir ‘n 15kg lam. Lamspryse was 0.75% hoër teen NZ$134.9⁄kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het 1.1% hoër afgesluit teen NZ$86.1⁄kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 2.91% hoër teen R66.35⁄kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 3.06% hoër was teen R46.13⁄kg.
Lees meer ...
Share
Tweet
Forward
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa