Copy
Welkom by Augustus 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Duidelikheid oor sterte aan karkasse

Die nasionale RPO het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye versoek om duidelikheid te gee oor die stert aan skaap- en beeskarkasse. 
Die RPO het daarop gewys dat daar geen duidelikheid is wat betref die interpretering van die betrokke wetgewing nie, naamlik die rooivleisregulasies in terme van die Vleisveiligheidswet, Wet 40 van 2000 en die Landbouproduktestandaardwet, Wet 199 van 1990.
Lees meer ...

Konsepdokument oor beweging van diere gepubliseer

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n konsepdokument oor die registrasie, goedkeuring, naspeurbaarheid en rekordhouding van die beweging van diere in Suid-Afrika, gepubliseer met die oog daarop om siektes te beheer.
Die doel van diere-identifikasie, rekordhouding en naspeurbaarheid is om akkuraat te bepaal hoeveel diere daar in die nasionale kudde is en om voorsiening te maak vir die monitering daarvan. Die stelsel is ‘n onontbeerlike werktuig om die nasionale kudde te beskerm deur gereed te wees vir die uitbreking van siektes. Dit sal dit moontlik maak om siektes te bedwing en enige moontlike skade aan nasionale en internasionale handel te beperk.
Die oogmerk is om veeboere se toegang tot sanitêre dienste (dieregesondheid en produkveiligheid) van ‘n hoër standaard te verbeter en om aan die veesektor en die landbouproduktesektor genoegsame bemarkingsgeleenthede te gee sodat hulle inkomste meer stabiel en voorspelbaar is.
Lees meer ...

Australiese veeboere verloor miljoene weens veediefstal

Volgens statistieke van die polisie in New South Wales, Australië, is daar in die eerste vyf maande van die jaar 1 717 beeste en 8 095 skape in dié gebied gesteel.
Die diefstalle het boere byna AU$2.7 miljoen gekos as dit na markwaarde omgeskakel word. Vleispryse is tans naby rekord-vlakke met skape wat tot soveel as AU$150 behaal, terwyl beeste vir ongeveer AU$1 500 per kop verkoop word.
Lees meer ...

Inligtingsessie oor onafhanklike vleisinspeksies gehou

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n inligtingsessie met die gemagtigde persone wat aangewys is om onafhanlike vleisinspeksies uit te voer, gehou.
Volgens die Departement sal onafhanklike vleisinspekteurs ook toegelaat word om klassifikasie te doen.
Hoewel daar in die skema melding gemaak word van toesig deur ‘n veearts, kan dit ook indirekte toesig wees. Die gemagtigde moet 'n veterinêre komponent in die maatskappystruktuur hê. Die skema maak wel voorsiening dat twee gemagtigdes/diensverskaffers 'n gesamentlike onderneming aangaan in terme van veterinêre toesig, maar dit moet duidelik omskryf word in die aansoek.
Lees meer ...

Perspektief 

Standpunt van ge-organiseerde landbou oor koolstofbelasting en –kompensasiestelsels.
Vir hierdie rubriek het ek gedink dit is belangrik dat lesers kennis neem van die standpunt, aangesien dit, in die lig van pogings om klimaatsverandering teen te werk, die bydrae wat boere moet maak eerstens sal definieer, en tweedens die samewerking tussen staat en ge-organiseerde landbou sal uitstippel. Daar is geen twyfel dat vermindering van atmosferiese koolsuurgas ons almal se verantwoordelikheid is, en derhalwe is ‘n geïntegreerde poging van hoe dit bereik moet word uiters belangrik.
Die standpunt is reeds gepubliseer en daarom neem ek die vrymoedigheid om dit ook hier voor te hou.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Veillings vir Augustus ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share
Tweet
Forward

Koolstofbelasting-stelsel oop vir kommentaar

Die Departement van Omgewingsake en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het sy voorstelle vir ‘n koolstofbelastingstelsel en ‘n koolstofverrekeningstelsel vir kommentaar gepubliseer en die konsultasieproses vir die formulering van beleid, kan nou begin.
Werkswinkels gaan binnekort in die onderskeie provinsies aangebied word en georganiseerde landbou en die provinsiale Rooivleisprodusente-organisasies gaan daarby betrokke wees. Dr Heinz Meissner tree tans namens georganiseerde landbou op om insette in dié verband te lewer.
Lees meer ...

Wildboere verwag nuwe regulasies oor abattoirs

Wildbedryf SA (WRSA) verwag eersdaags nuwe regulasies oor abattoirs wat dit vir wildboere moontlik sal maak om wild wettig vir menslike gebruik op hul plase te oes en te slag.
Ingevolge bestaande wetgewing moet daar by elke abattoir altyd ’n vleisinspekteur van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aan diens wees. Dit maak dit byna onmoontlik vir klein, mobiele abattoirs wat net vir ’n paar dae op ’n wildsplaas werk, om wettig te funksioneer.
Lees meer ...

Handelsneigings in 2017

Sover dit 2017 se handelsneigings betref, is die fokus op die klïent se reis tot op die punt van aankope, volgens OnShelf Pharma, ‘n farmaseutiese agentskap.
Pogings om handelsmerke op te bou sal op ‘n groot skaal verpersoonlik word. Dit is goed om na te dink oor die impak wat dié stelling kan hê. Die tydsgleuf vir verandering in gewoontes of optredes het drasties verkort omdat vreemdelinge in sosiale gemeenskappe meer interaksie kan hê, meer ingelig is, sterker opinies het en gevolglik meer invloedryk is. 
Lees meer ...

Onthou om in te ent teen brusellose

Die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) herinner boere daaraan om Brusellose-inentings bo-aan die lys van noodsaaklike entstowwe vir kalwers en koeie te plaas wanneer ‘n inentingsprogram vir enige kudde opgestel word.
Vir kalwers tussen die ouderdom van vier en agt maande moet Stam 19 slegs eenkeer gebruik word. As dit nie beskikbaar is nie, kan RB51 gebruik word. Kalwers en koeie wat ouer as agt maande is, moet net met RB51 ingeënt word.
Lees meer ...

Beesbedryf is in kuddeboufase

Internasionaal bied beperkte rooivleisuitvoervoorrade in Australië en Nieu-Seeland, gekombineerd met ‘n sterk aanvraag goeie ondersteuning aan bees- en lampryse, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik is die proses van kuddebou onderweg, wat verdere steun aan beesvleispryse kan gee. Speenkalfpryse sal na verwagting hoog bly aangesien daar ‘n skaarste in die mark is.
Lees meer ...

Skaapvleispryse bly stewig

Internasionaal mag lae voorrade van Nieu-Seeland en Australië voortgaan om skaapvleispryse stewig te hou, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik gaan lam- en skaapvleispryse voort om grond te wen soos wat die kuddeboufase begin. Die gemiddelde nasionale lamspryse is tans op rekordvlakke.
Lees meer ...

Red Meat/Rooivleis lesersopname 2017

Sê jou sê oor ons tydskrif! 
Skakel : https://www.surveymonkey.com/r/Rooivleis2017
Jou opinie tel vir ons baie. Ons sal dit hoog op prys stel as u ongeveer 15 minute kan afstaan aan die invul van ons lesersopname deur op die skakel te kliek, sodat ons ons dienste aan u, die Suid-Afrikaanse rooivleisprodusent, kan aanhou verbeter. Dankie vir u kosbare tyd.

 
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa