Copy

Doen Dit Net

Ons is by Week#2 van ons aksieplan om fikser en skraler te word. Somerlyf, hier kom ons!

Sluit aan

Beste Luisteraar

Het jy geweet dat as jy oefen, jou spiere nuwe mitochondria en weefsel bou, en dat die aksie van oefening tersefdertyd 'n regstreekse effek op die brein het; jou brein bou nuwe breinbane. En as jy nuwe breinbane bou, kan jy makliker konsentreer, onthou en nuwe dinge en feite aanleer, asof jou brein nog jonk is.

Dié feite, soos meegedeel deur neuroloog dr. Etienne van der Walt, stem ooreen met die nuwe sienings deur endokrinoloë en psigiaters dat oefening sekere chemiese stowwe in die brein aktiveer wat dit weer makliker maak om gesonder te leef. Ons praat nie hier net van bloot endorfiene (goedvoel-hormone) nie, maar van 'n positiewe verandering in verskeie chemiese stowwe in die brein en ook die res van die liggaam en die vorming van nuwe breinbane. Later meer hieroor.

Kry net die eerste vier weke (en 16 oefensessies) agter dir rug. Ons is ná Week#2 al halfpad op pad na hierdie eerste doelwit.

Ek is nou aan die einde van my Week#2, en daar het al iets in my brein verander. Klik hier as jy wil uitvind wat. Skryf aan my by gesond@rsg.co.za en laat my weet hoe jy oefen, vorder of wat jou laat vasdraai, en dankie aan die luisteraars wat reeds van hulle laat hoor het.

Hier is Week#2 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan.

Skop gat!

Marí en die DDN-span

Week#2
Een gedagte, twee eet-veranderings en vier maklike oefensessies wat jy moet geniet. Klik hier vir al die inligting.

Verdere inligting

Tot dusver: As jy Week#0 en Week#1 misgeloop het, klik net op die skakels.
Flinkstap 101: As jy die regte stap-postuur het, kry jou hart en spiere die maksimum-voordeel.
Breinkapasiteit en oefening: Só kan jy jou breinfunksie verbeter.
My storie: Dag 12 was moeilik. Ek was niks lus vir oefen nie.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.