Copy

Doen Dit Net

Beste Luisteraar

Sit jy aan ‘n tafel en eet? Of hap jy sommer so in die hardloop, of voor die TV? Maak tyd en word rustig. Sit aan tafel saam met jou huismense of selfs as jy alleen is, gesels, kommunikeer, dink, luister en eet stadig. Dan is een bord kos voldoende, en die samesyn versadigend. Dit is die kopplan vir Week#15.

Hier is Week#15 se Kopplan, Oefenplan en Eetplan. Ons wys jou hoe jy voortaan jou maaltye kan saamstel. Ja, ons gee die formule!

Ahoi, mede-maaltydformuleerders

Marí en die DDN-span

Week#15

Hierdie week wys ons jou om hoe om ideale maaltydplanne (vrugte, groente, alles ingesluit) vir elke dag saam te stel uit jou mandjies - ja, ons wys jou die formule sodat jy dit die res van jou lewe kan volg. Lees meer oor Week#15.

Verdere inligting

Alles tot dusver: Al ons vorige nuusbriewe en weekplanne. Dis net een klik weg.
Jou maaltyd-formules: Ons wys jou wat jy daagliks behoort te eet en hoe om dit in maaltye te verdeel.
Hoe dans ‘n mens? Het jy al ooit gewonder hoe jou lyf kan beweeg op die maat van musiek wat jou ore hoor?
My storie: Dis my Week#16 en ek voel sterker en fikser. Ligjare agter Wonder Woman, maar nogtans sterker en fikser.
Kopiereg © 2017 TGD (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.