Copy
Missie Japan Nuus- en Gebedsflits - 26 Augustus 2016
Besigtig via die internet
Salige oggendsee naby Sendai (Shichigahama) se sendeling-oord

Somer uit, herfs in ...

Beste <<First Name>>,
 
Ons is dankbaar terug in Kobe ná ‘n verfrissende tyd van verlof. Daar was genoeg maats, marshmallow braaie, tyd vir lees, stilword en tennis speel. Op Sondae was daar soms meer as 100 sendelinge en kinders bymekaar vir eredienste - én vir sinvolle samesyn - in die plaaslike kapel by die vakansie-oord.
 
Met ons terugkeer nou die dag, tref dit my weer, soos laasjaar met ons koms na Kobe: ‘n soel-soet geur. Eers het ek gedink iemand in dié buurt maak pal spookasem! Later sou ek uitvind dis die Katsura bome rondom ons huis. Nóú weet ek ook, dis die eerste tekens van die somer se kwyn en die herfs se verspin … As jy ons vorige video oor Lente-Somer hoogtepunt gemis het, kliek hier.
 
Met die nuwe seisoen se draai, deel ek graag (hier onder) ‘n paar gebedsversoeke en ‘n paar aktiwiteite wat voorde. Ons waardeer jou ondersteuning!
 
Vrede en vreugde, in Christus.
 
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)

Katsura boom naby ons huis 
Bid asseblief vir:
  • Kobe Theological Reformed Seminary (KTRS) se dosente en studente (wat hulle 2 maande praktiese werk in gemeentes nou afsluit).
  • RCJ Shikoku Ring en gemeentes waarin ons ses en ‘n half jaar gewerk het; spesifiek vir RCJ Tokushima gemeente, hul nuwe leraarspaar (Sumito en Akiko Furusawa), die Kerkraad, Happy Kids en English Fellowship bedieninge ens.
  • Gys en Linda, Missie Japan se Engelse onderwysers by SEIWA Meisiesskool in Kochi Stad, wat ook ‘n tyd van verlof kon geniet en met wie dit goed gaan. Gys het ‘n suksesvolle uitreikspan van Kalifornië by die skool gelei in Julie. Baba Johan (6 weke oud) groei mooi saam met sy sussie Linie (3 jr).
  • Saterdag 27 Augustus, wanneer ons ontmoet met ‘n groep van 15 besoekers uit Korea wat ons tuis-gemeente, RCJ Kita Kobe, ondersteun.
  • Carina en die kinders se nuwe kwartaal van tuisskool wat nou weer in volle swang is.
  • Stéphan se voorbereidings vir die nuwe kwartaal se lesings ens. wat binnekort begin.
Stephan se afsprake (buiten KRTS se klasgee) in Aug / Sept:
  • Preek geleenthede Sondagoggend 28 Aug. by RCJ Sakaide gemeente, sowel as die middag by RCJ Marugame gemeente.
  • Sondag 11 Sept. se preek en samesyn in RCJ Marugame.
  • Maandag 12 Sept: vergadering van die RCJ Shikoku se Sending Samewerkings-komitee in Kochi Stad.
  • Sondag 18 Sept: preek in RCJ Naka gemeente in die Chubu Ring (Nagoya omgewing)
  • Sondagaand 18 Sept en Maandag 19 Sept: bied seminaar aan oor pastorale sorg met leraars en lidmate van die 26 Rings-gemeentes van Chubu ring. Meer as 300 deelnemers.
  • Vanaf 27 tot 30 September: bywoon van 6th Japan Congress on Evangelism (JCE6) saam met al die Kweekskool studente en dosente. Dit vind net een keer elke 7 jaar plaas, met o.a. Dr. Christoper Wright as hoofspreker.
Copyright © 2016 Mission Japan, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

Email Marketing Powered by MailChimp