Copy
Welkom by Oktober 2016 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Verdere prysstygings verwag

Daar word verwag dat rooivleispryse in die res van die jaar met tussen 9 en 15% gaan styg, sê mnr Gerhard Schutte, Hoof-uitvoerende Beampte van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).
Jaar-op-jaar het die Suid-Afrikaanse produsenteprys van A-graad beesvleis met 8.1% gestyg en dit is tans R38,56/kg, BTW uitgesluit. Jaar-op-jaar het Suid-Afrikaanse lamsvleis met 9% gestyg en dit is tans R63,76/kg, BTW uitgesluit. Tradisioneel styg die produsenteprys van nou tot in die feesseisoen
. Effens bokant inflasie stygings word verwag in 2017, 2018 en 2019.  Lees meer ...

PMF vergader

Predasiebeheer in Natuurreservate was een van die sake wat tydens die laaste  vergadering van die Predasiebestuursforum (PMF) bespreek is. 
Provinsiale wetgewing verbied die beheer van roofdiere in natuurreservate, wat skynbaar ‘n teelaarde vir jakkalse is. In dele van die Vrystaat en die Oos-Kaap word groot verliese gely omdat baie natuurreservate nie elektriese heinings het nie.  Lees meer ...

Pekelwater-regulasies gaan voort

Die byvoeging van pekelwater by hoender sal van 22 Oktober 2016 tot 15% beperk word ná die Hooggeregshof in Pretoria ‘n aansoek dat die regulasies ter syde gestel of uitgestel word, van die hand gewys het. 
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) het hom tot die hof gewend omdat die wetenskaplike basis waarvolgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op die 15%-beperking besluit het, bevraagteken is.  Lees meer ...

Vleisverbruik brei uit

Oor die afgelope dekade het vleisverbruik in Suid-Afrika drasties gestyg as gevolg van groeiende inkomstevlakke, voortgesette verstedeliking, stygende lewenstandaarde en ‘n verhoging in dieet-verskeidenheid, volgens die laaste basislyn verslag van BFAP (Bureau for Food and Agricultural Policy). 
Pluimveeverbruik het as die mees bekostigbare bron van proteïen met byna 50% verhoog, vergeleke met ‘n 19% en 33% styging in beesvleisverbruik en varkvleisverbruik onderskeidelik.  Lees meer ...

Brusellose is die nommer een aansteeklike siekte

Brusellose is die nommer een aansteeklike siekte in Suid-Afrika en ‘n aksieplan word tans deur die Brusellose-loodskomitee van die nasionale Dieregesondheidsforum onderneem, volgens die maandelikse verslae soos informeel aangemeld deur veeartse. 
Brusellose is nie ‘n enkelvoudige siekte nie en kan die produktiwiteit van jou kudde stadigaan wegkalwe.  Lees meer ...

Plaaslike pryse sal opwaarts neig

Internasionaal word daar verwag dat die Amerikaanse mark in die komende maande swak sal bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg, maar laer slagtings van skotverse en osse mag die druk verlig, volgens ABSA Agri Trends.  
Plaaslike sal pryse na verwagting ‘n opwaartse neiging toon weens ‘n verbeterde vraag in die warmer maande.  Lees meer ...

Seisoenale neigings ondersteun skaapvleispryse

Internasionaal lyk die mark stabiel en sal na verwagting sywaarts beweeg, volgens ABSA Agri Trends. 
Plaaslik sal pryse na verwagting ondersteun word in lyn met seisoenale stygings. Pryse behoort in die feesseisoen optimaal te wees.  Lees meer ...

Soveel meer as net ‘n tjoppie

Ons is almal mal oor ‘n skaaptjoppie op die braai, maar weet ook immers dit is dikwels die duurste deel van die karkas as mens dit by ‘n kleinhandelaar koop. Skaapvleis SA is hard aan die werk om verbruikers daarvan bewus te maak dat ‘n skaapkarkas soveel meer as net tjoppies en skaapboud is. Hul het onlangs ‘n volblad in die “Weg” en “Go”, asook in die AgriEco insetsel in streekskoerante  genaamd “Meer as ‘n tjoppie”, gepubliseer. Hierdie inligting gaan hand aan hand met ‘n nuwe resepteafdeling “So much more than a chop” op hul webblad www.cookingwithlamb.com. Gaan loer gerus hierna en laat weet ons as U ‘n lekker resep vir ‘n “alternatiewe snit” het.

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

Die grootste promosie-neigings van 2016

Die PPAI (Promotional Products Association International) Expo wat jaarliks in Las Vegas gehou word, is die grootste uitstaller van promosiemateriaal en handelsmerkstrategieë.
Volgens die PPAI was die grootste neigings in 2016 sover die volgende:
Goedkoop is nie genoeg nie
Om ‘n goedkoop en vrolike promosieproduk met jou handelsmerk weg te gee, is nie heeltemal verbode nie. Maar mense reageer al minder op goedere wat hulle laat voel dat ‘n sekere handelsmerk sy logo sommer net op enige ou ding geplak het.  Lees meer ...

RMIF-Bestuurspan aangekondig

Mnr Dave Ford van die Voerkraalvereniging is tydens die algemene jaarvergadering van die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) onbestrede herkies as Voorsitter vir die volgende termyn.
Mnre Tim Davidson is as Vise-voorsitter herkies, terwyl Georg Southey en Gerhard Schutte op die bestuurskomitee van die RMIF verkies is.  Lees meer ...

Perspektief

Die Grootvee-eenheid (GVE) wat as norm gebruik word om weidingkapasiteit of veelading te beraam is meer as 30 jaar gelede ontwikkel (sien die 1983 publikasie in die Verwysingslys). Alhoewel die beginsels waarop die GVE berus gesond is, is dit moontlik dat die liggaamsgewigte en/of raamgroottes van sommige rasse verander het.  Lees meer ...

 Veilings

Kliek HIER vir die nuutste veilings


Laai u PMF Nuusbrief hier af 


 

 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 
   
 


 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa