Copy
 
logo-top
 
 
 
 
KUNS + FEES
 
11 November 2016
 
Beste Luisteraar

Ons werk maande lank aan die produksies en nou het die tyd aangebreek om jou te verras. Dis nie ‘n vreemde verrassing met ‘n groot oranje kuif nie, maar wel heerlike kunstefees-verrassings. Ja, ons RSG Kunstefees spog vanjaar met 18 debuutwerke, ‘n magdom produksies, klankeksperimente, musiekkonserte, dramas, poësie en humor. Ons gaan jou voorstel aan van ons land se bekende en minder bekende, maar altyd baie talentvolle kunstenaars. Van die kunstenaars wat jy gaan ontmoet en beleef, sluit in Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir, Michelle Breedt, Anton Goosen, Lize Beekman, Jana Cilliers, June van Merch, Emo Adams, Marius Titus, Willie Bester, Conrad Thys, Zyma Amien, werke van Vivaldi, en dramas oor Sarah Baartman, Beyers Naudé, Audrey Blignault, drie stories deur Jan Spies en een deur Shakespeare...en dis net enkeles!
Skop jou skoene uit en vergesel ons op ons kunste-reis. Ons vul dit hier aan met foto's, video's en meer inligting net ‘n klik weg.

 

 
Magdaleen en die RSG span
 
 
 
divider
 
Beleef ons kunstefees
 
# Dramas, musiek, kuns, woord, lied...
 
 
Die fees skop Sondag 13 November af met 'n kabaret-konsert deur Amanda Strydom. Van Maandag 14 November tot Vrydag 18 November duur die kunstefees soggens van 09:00 tot 12:00 en saans van 19:00 tot 22:00. Ons feesprogram gee vir jou ‘n oorsig van alles op ons feesspyskaart en lei jou na skakels met meer inligting, foto's en video's wat tydens die opnames geneem is. Klik hier vir die volledige program.
 
 
 
Ons volledige feesprogram
 
set7-image13
 
Hier is dit. Klik  hier vir die volledige daaglikse program.
 
 
 
Dramas, musiek en ...
 

Ons het ‘n handvol dramas oor onder ander die lewe van Beyers Naudé, Sarah Baartman en Audrey Blignault, en ‘n skoot Shakespeare. En natuurlik ook musiekkonserte - Wouter Kellerman met die Soweto Gospel Choir, Michelle Breedt, Anton Goosen en nog vele ander. Ons het ook produksies wat woord en musiek kombineer.

 
image5
 
Dramas
 
Oor Beyers Naudé, Audrey Blignault, Sarah Baartman en nog meer.
 
LEES MEER
 
image6
 
Musiek
 
Wouter Kellerman, Michelle Breedt, Amanda Strydom en ...
 
LEES MEER
 
image7
 
Woord en musiek
 
Lize Beekman, Riana Scheepers, Krisjan Fourie, Vivaldi en ....
 
LEES MEER
 
 
Ontmoet ons feeskunstenaars en spesiale gaste
 
set7-image13
 
Ons 6 feeskunstenaars woeker met visuele kuns van sementbeelde, werke met kwas en skroot, animasies, houtbeelde, en werke uit naalde en spelde. Ons spesiale gaste is aktrise en skrywer Lerina Erasmus, Jana Cilliers, digter Marius Titus en die sangers wat in Luxurama opgetree het. Lees meer.
 
 
 
En dan is daar nog meer...
 

Drie kostelike kortverhale van Jan Spies en lekkerlag met Emo Adams en vriende sal jou dag opkikker, die dingusse kom kuier vir die kleuters en die gedigte wat voorgelees word, is roerend en bietjie laf.

 
image5
 
Humor
 
Jan Spies, Emo Adams...Jy sal jou lag nie kan hou nie!
 
LEES MEER
 
image6
 
Vir kinders
 
Die dingusse sal enige kind se verbeelding vrye teuels gee.
 
LEES MEER
 
image7
 
Poësie
 
Gedigte van Lina Spies, Johan Myburg, Marius Titus
 
LEES MEER
 
 
 
Kitsskakels
 
Dis maklik om RSG programme en skedules op die webblad te vind
 
 
image
 
RESEPTE
 
Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
 
image
 
PROGRAMSKEDULE
 
As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
 
image
 
SPORTPROGRAMME
 
Daar's elke dag sportprogramme
 
 
image
 
KIEKIES
 
Laai self foto's op Ooggetuie
 
image
 
BESTEL PROGRAMME
 
Bestel dit op CD by Radiopro of skakel (011)714-6886
 
image
 
POTGOOIE
 
Baie programme is op potgooi beskikbaar
 
 
Sien alles
 
 
TUIS  |  KONTAK ONS | TEKEN UIT