Copy




 

Awe It’s Amazing! vriende,

Welkom by ons nuwe It’s Amazing! nuusbrief, Lekke Djy! In hierdie nuusbrief gaan ons fietna oor al die gebeure in Badsberg Close en Olivia Court en sommer koppe bymekaarsit oor al die programme by It’s Amazing!

Ons sal in elke nuusbrief een van die span aan julle voorstel sodat julle al die amazing mense kan ontmoet. En natuurlik gaan ons ook stories vertel oor die kinders wat tog te poenankies is.

Ons facebook bladsy is aan die gang asook ons Instagram. Gaan like ons, kanalla, en bly op hoogte – It’s Amazing! ZT

Lisa


Woordeboek:


* Awe -'n niksseggende woord wat enige iets kan beteken van hallo tot ja  en wanneer jy nie iets het om te se nie

* Fietna - skinder

* Poenankies – oulik
* Kanalla - asseblief


    
Out with the old and in with the new.....

 

Zoë Trust het ‘n make-over gekry!


Nuwe logo, nuwe  naam en sommer ‘n klomp ander nuwe dinge.


Die naam Zoë Trust het al hoe meer mense begin verwar, omdat die naam Zoë baie keer gebruik word vir kerke en ander projekte.

It’s Amazing! ZT is nou die naam wat gebruik word. Die ZT is vir Zoe Trust.
 
Gaan loer gerus op ons facebook bladsy wat gebeur in Badsberg Close, Sneeuberg Road en Olivia Court.
https://www.facebook.com/itsamazingzt/?fref=ts

‘n Onderhoud met ons pragtige huismamma,

Jeanette Jones:

(Sy is 72 jaar oud, maar kyk die fotos!)


Waar het jy van It’s Amazing! gehoor en hoe het jy betrokke geraak?

By Lisa Truter op Tygerberg 104fm.

Hoe lank is jy al betrokke?

Een en ‘n halwe jaar

Wat doen jy by It’s Amazing!?

Ek is die huismoeder, en ook deel van dié wat kos maak en weeksdae vir die kinders gee, selfs deel van die ‘Kids Klub’ teaching span. 

Wat beteken dit vir jou om deel te wees van It’s Amazing!?

Dit is die wonderlikste ding wat met my kon gebeur het op die ouderdom wat ek al is. Ek is 72 jaar oud.

Wat is jou grootste vreugde?

My grootste vreugde is om in staat te wees om iets vir die kindertjies te kan doen. 

Wat is jou grootste hartseer?

Dat selfs ouers nie die nodige aandag aan hul kinders bestee nie. 

Stokperdjies?

Om te bak en om te lees

Gunstelling teks uit die Bybel?

Psalm 16:6

Enige iets anders wat jy wil sê?

Ek het sulke wonderlike mense hier ontmoet.
Ek het baie ‘fun’ met die kinders en ek kan hulle ook leer aangaande die Woord van die Here.


   


Babbelbekkies

       
Dit gaan baie goed met die Babbelbekkies van Badsberg Close, Sneeuberg Road en Olivia Court.
Die getalle bly groei.

1.            Babbelbekkies Badsberg Close: 15
2.            Babbelbekkies Sneeuberg Road: 12
3.            Babbelbekkies Olivia Court: 14

        
Die ouers getuig dat die kinders baie leer in ons klasse en die onderwysers by die skole praat ook met groot lof van ons Babbelbekkies se skoolgereedheid. Ons hoop om in die nuwe jaar uit te brei na Hanover Park.
      
Ons is tans besig met ‘n Sponsor-a-child veldtog waar ‘n individu ‘n spesifieke Babbelbekkie kan ‘aanneem’ vir R 150 per maand. Die persoon word dan op hoogte gehou van die kind se vordering. Op die oomblik is daar reeds 6 Babbelbekkies wat op so ‘n manier ondersteun word.

Bywoning van Programme
(Badsberg Close en Olivia Court)







 

Teenage support groups

1. Monique

Teenage Girls’ support group: 15

2. Peacemakers

Teenage Boys’ support group: 15
Dinsdag naskool programme

1. Badsberg Close:

tussen 50 en 60 kinders

2. Olivia Court:

tussen 25 en 30 kinders
Woensdag Kid’s Club  (gemiddelde van Augustus):

1. Badsberg Close   (Total: 82)

* Oulike ekke (3-6 jaar): 29 
* Stars (7-9 jaar): 23
* Little Angels (10-11 jaar): 19
* New feelings (12+): 11
 

2. Olivia Court   (Total: 27)           

  * Klas 1 (6+ jaar): 15 kleintjies
  * Klas 2 (9+ jaar): 12 grotes
Maandag  en  Donderdag Geletterdheidsklasse

Olivia Court               

* Jonger kinders: 10
* Ouers kinders: 11
Donderdag – skooltake en huiswerk

Badsberg Close

* 10 deelnemers

Badsberg Close: 136 verskillende kinders word bereik

Olivia Court: 64 verskillende kinders word bereik


Kosvoorsiening

Badsberg Close:

*  Elke oggend pap en broodjie en vrug vir skool: tussen 25 en 30 kinders
*  Babbelbekkies (elke oggend): pap en vrugte
*  Dinsdagmiddae (sop en broodjies): tussen 45 en 50 kinders
*  Woensdagmiddae (toebroodjies en vrug): 80+ kinders
*  Ma, Do, Vry Aandete: tussen 35 en 40 kinders
*  Maandagmiddae Peacemakers (toebroodjies en vrug): 14
*  Dinsdagaande Monique (ietsie te ete en hot chocolate) :

Olivia Court:

*  Babbelbekkies (4 dae per week) : pap en vrugte: 14 kinders
*  Dinsdagmiddae (sop en toebroodjies): 25 kinders
*  Woensdagmiddae (toebroodjies en vrug): 30
*  Ma, Do geletterdheidsklasse (toebroodjie en vrug): 25

Kersfees is weer om die draai!


Hierdie jaar gaan ons 5 verskillende partytjies hou:

 

1.  29 November: 7-8 jariges   
     27 kinders       
     Jump Around


2.  3 Desember:  Monique tienermeisies          15 meisies      
     Pamper party, pizza maak, photo booth      en swem by Straatwerk se Hoofkantoor

3.  5 Desember:  Peacemakers                        tienerseuns          
     15 seuns             
     Seepunt swembad, KFC en roomys

4.  9-11 Desember:  9-11 jariges     
     38 kinders
     Kamp by die Groote Kerk se                        kampterrein in Noordhoek

5.  20 Desember:  3-6 jariges
     73 kinders     
     Speel en swem by Straatwerk se                Hoofkantoor

Meer kinders is deel van ons weeklikse programme, maar bywoning en algemene gedrag het bepaal wie na die partytjies kan gaan.



 
 
 
 
Ons is SUPER trots op Keelyn Stokoe, wat jare gelede deel was van ons Monique ondersteuningsgroep vir tienermeisies.

Sy het mariek geslaag en studeer tans om ‘n sjef te word. Op 9 November het ons haar 21ste verjaarsdag saam met haar gevier.
Email
It's Amazing! ZT Facebook page
Website - It's Amazing! ZT

Banking Details


Bank Name:  ABSA
Name: Zoe Trust 
Account Number: 9222071195 (Savings Account) 
Branch Code: 632005 

Swift-Code: ABSA ZA JJ
Public Benefit Organisation – PBO 930 028 203 
Non Profit Organisation –  153-985 NPO

 

 







This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Zoe Trust · 5 Orange Street · PO Box 910 · Parow, Cape Town 7500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp