Copy
Welkom by Augustus 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 Noordwes bied suksesvolle kursus aan

 

Die Noordwes RPO het onlangs ‘n reproduksiebestuurskursus by Agri Wildebeeshoorn op die Gemsbokvlakte aangebied.
Die kursus is ʼn opvolg van die Basiese Kuddebestuurkursus van 2016 en Veld- en Weidingsbestuur van 2017. Altesaam 19 opkomende boere, waaronder twee vroueboere, het die kursus bygewoon.
Baie van die boere verhandel hul beeste op die veilings wat deur Agri Wildebeeshoorn op die Gemsbokvlakte aangebied word. Die kwaliteit van hul speenkalwers is goed en word deur die voerkrale van regoor die land aangekoop.
‘n Baie volledige handleiding is ook tydens die kursus uitgereik, terwyl Agri Wildebeeshoorn die kursusgangers van ‘n voorbeeld van ‘n toepaslike dieregesondheidsplan voorsien het.

Boere verbrand hul vingers

Boere van die Carolina-distrik het ‘n slegte ervaring gehad met ‘n veldbrand wat van ‘n nabygeleë lokasie na hul plase versprei het.
In dié geval was dit moeilik om te bepaal wie die verantwoordelike party is, aangesien die grond aan Forever Resort behoort, daar ‘n stamkaptein is wat daarop aanspraak maak dat die grond aan hom behoort, terwyl politieke partye soos die EFF en die ANC ook ‘n rol speel.
Lees meer ...

Looierye wys nou huide weg

Die historiese idee in die leerbedryf dat alle huide een of ander tyd in leer omskep sal word en tot verbruikersprodukte verwerk sal word, is moontlik nie meer waar nie.
Hoewel pryse aansienlik gedaal het sedert dit ‘n paar weke terug ‘n hoogtepunt bereik het, het sommige leerlooierye besluit dit is nie vir hulle finansieel lewensvatbaar om huide van ‘n swak gehalte te verwerk nie, omdat daar nie ‘n aanvraag aan die einde van die mark is nie.
Lees meer ...

Jongste skattings bekend oor die omgewing en voedselproduksie

Navorsingsresultate wat in die joernaal Science gepubliseer is, werp nuwe lig op die impak wat duisende voedselprodusente en hul produkte op die omgewing het en bewys dat nuwe tegnologie benodig word om landbou te monitor. Daar behoort ook etikette met inligting oor die omgewingsimpak op voedselprodukte te wees.

Navorsers by die Oxford Universiteit en die Switserse Landbounavorsingsinstituut, Agroscope, het die mees omvattende databasis tot op hede geskep deur die omgewingsimpak van bykans 40 000 plase en 1 600 verwerkers, verpakkingstipes en handelaars te evalueer. Dit het hulle toegelaat om te bepaal in watter mate die verskillende produksiepraktyke en geografiese faktore van 400 hoofvoedselsoorte ‘n uitwerking op die omgewing het.

Lees meer ...

Vleis kan babas vinniger laat groei

Hoewel formules en babakos verpligtend is vir die goeie gesondheid van babas, dui ‘n nuwe studie daarop dat babas vinniger kan groei as vleis deel van hul dieet is.

In ‘n nuwe navorsingstudie wat in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer is, kan babas wat met formules gevoed word, ook vleis inneem, omdat dit ‘n belangrike bron van proteïene vir die kind is.

Lees meer ...

Ent in teen rooiwater

Rooiwater (Babesiosis) is ‘n dodelike siekte, maar inenting kan beesvrektes tot ‘n groot mate beperk, sê dr Francois van Niekerk van die Humansdorp Veterinêre kliniek in die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Om ‘n paar bosluise op jou diere te los in die hoop dat hulle só immuniteit kan opbou, is nie die regte benadering om die siekte te beheer nie aangesien slegs ‘n klein presentasie van bosluise [0.04 – 0.23%] draers van die Babesia-parasiet is.
Lees meer ...

Perspektief

Implikasies van ‘n VSA studie oor die koolstofspoor vir SA beesvleisproduksie-stelsels.
Wêreldwyd en in SA is vleisbeeste uitgesonder as die veeproduksiesektor wat die meeste bydra tot kweekhuisgas (KHG)vrystelling, wat beteken ons beesboere behoort spesiale maatreëls in te stel om die op-plaas koolstof (C) voetspoor te beperk. Verskeie internasionale studies het tot die gevolgtrekking gekom dat weiding- of veldafrond- produksiestelsels meer KHG vrystel as voerkraalafrondstelsels (VAS). Hierdie studies het net een weidingbestuurstelsel ondersoek, naamlik aanhoudende beweiding, en hulle het aangeneem dat grond C nie verander nie toe hulle die omgewingsinvloed van weiding of  veldafronding gemodelleer het.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Veilings in Augustus

Die jongste oor listeriose

In sy jongste verslag oor die Listeriose-uitbreking sê die Departement van Gesondheid 1 049 gevalle wat deur ‘n laboratorium bevestig is, is van 1 Januarie 2017 tot 5 Junie 2018 aangemeld.
Die aantal sake wat per week gerapporteer is, het afgeneem sedert die geïmpliseerde produkte op 4 Maart 2018 herroep is en altesaam 76 gevalle is sedert 5 Maart 2018 aangemeld.
Die opleiding van omgewingsgesondheidpraktisyns regoor die land is byna afgehandel. Altesaam 740 is tot dusver in sewe provinsies opgelei. Opleiding het plaasgevind in die Wes-Kaap, Limpopo, die Vrystaat en Noordwes.
‘n Strategie waarvolgens omgewingsgesondheidpraktisyns ‘n siftingstoets vir listeriose kan doen, is al sedert Junie 2018 in plek.
‘n Gekonsolideerde lys van vleisverwerkingsfasiliteite word ook saamgestel en risiko-beoordelings word deur distrikte gedoen. Die Departement van Gesondheid het reeds risiko-beoordelings van voedselverwerkingsfasilitiete van agt provinsies ontvang, waarvan 79 vleisverwerkingsfasiliteite is.

Groot afname in huidpryse verwag

Die rubriekskrywer van World Leather, David Peters, sê die huidige markdinamika dui daarop dat ‘n aansienlike daling in huidpryse verwag kan word.
Die Amerikaanse Departement van Landbou bereken dat daar tans meer as een biljoen beeste in die wêreld is, met kuddegroottes van 305 miljoen in Indië, 232 miljoen in Brasilië, 96,8 miljoen in China, 94,4 miljoen in die Europese Unie en 53,8 miljoen in Argentinië.
Lees meer ...

Vleisbedryf raak gevoelig oor name

Frankryk het sy landbouwetgewing onlangs aangepas sodat enige produk wat hoofsaaklik uit ander bestandele as vleis bestaan, in die toekoms nie toegelaat sal word om die naam van ‘n tradisionele vleisproduk te dra nie.
Dit beteken dat produkname soos “groente-steak”, “sojawors” of “bacon-geur repies” verbode sal wees.
Die argument is dat verbruikers mislei mag word om te dink dat sulke produkte regte vleis is.
Bron : https://www.independent.co.uk/life-style/food-and-drink/france-bans-meat-names-vegetarian-vegan-alternatives-a8330956.html

Die laaste maaltyd van ‘n antieke ysman

Ongeveer 5 300 jaar gelede is Otzi (ook bekend as gevriesde Fritz) vermoor met ‘n pyl in die bors en ‘n hou teen die kop.
Maar voor dit gebeur het, het die ysman van ongeveer 45 jaar ‘n laaste, goeie maaltyd geniet..
Sy lyk was tot die wetenskap se geluk netjies bewaar in ‘n grot waar dit op ‘n natuurlike manier in ‘n mummie verander het soos wat ysgletsers bo-oor hom beweeg het en sy maag se inhoud gevries het. 
 
Lees meer ...

Speenkalfpryse het gestyg

Die gemiddelde pryse van speenkalwers (190 – 250kg minus veilingsfooie) het tydens die week van 20 Julie 2018 met 1,5% gestyg vergeleke met die vorige week.
Bulle van ‘n goeie gehalte (minder as 200kg gewig) het ‘n gemiddelde veilingsprys van R37,50/kg in Mpumalanga behaal. Die styging mag die gevolg wees van die lae voorrade wat tans in die mark beskikbaar is. Na verwagting sal die prys in die nabye toekoms sywaarts of afwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van speenkalwers is 6,6% laer vergeleke met die dieselfde week ‘n jaar gelede.
Lees meer ...

Lamspryse behoort sywaarts te beweeg

Die produsenteprys van Klas A2/A3-lamsvleis het in die week van 13 Julie 2018 totaal met 11,6% gestyg en dit wil voorkom of die aantal A2/A3’s wat geslag is, meer was vergeleke met die vorige week.
Die styging in pryse is ‘n aanduiding dat daar minder oorskot van die vorige weke was. Pryse behoort in die nabye toekoms sywaarts of afwaarts te beweeg. Die gemiddelde prys van Klas A2/A3-lam is 7,1% hoër in vergelyking met dieselfde week ‘n jaar gelede.
Lees meer ...

Nuwe cooking with lamb webwerf

Gaan kyk gerus na die nuwe "Cooking with Lamb" webwerf.  Enige kommentaar is welkom.

www.cookingwithlamb.com

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa