Elvis Blue by ReedValley - Saterdag, 29 September

Oorspronklik, ’n baanbreker, passievol Suid-Afrikaans, ’n industriekenner, ’n storieman, ’n man op ’n missie. Dit is Elvis Blue.

Elvis het ’n huishoudelike naam geword as die wenner van die SA Idols-kompetisie wat onselfsugtig sy wengeld met Lloyd Cele gedeel het wat die tweede plek verwerf het. Met 4 platinum en 3 goue albums, ’n lang lys top-10 treffers en sowat 133 lewendige optredes per jaar, bly Elvis een van die hardwerkendste en besigste kunstenaars in Suid-Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ’n sterk dryfveer.

Een van die redes vir sy gewildheid is sy vermoë om aanklank te vind by oud en jonk, Engels of Afrikaans, en om regoor hierdie twee genres kwaliteitmusiek te kan maak. Dit is moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teëspoed gestap het, wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van elke sfeer van die lewe kan identifiseer.

Elvis Blue is op Saterdag, 29 September op ReedValley se verhoog. Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

 
KOOP JOU KAARTJIES HIER
Please add wine@reedvalley.com to your address book to ensure our emails reach your inbox.
You have received this email because you chose to receive communications from ReedValley.
World Famous in Mossel Bay, ReedValley is open every day 10:00-16:00, www.reedvalley.com.
Do you have a question? Contact us on wine@reedvalley.com or call +27 44 698 1022.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
ReedValley Wines · R327 Herbertsdale Rd · Mossel Bay, Wc B-6500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp