Jan Blohm by ReedValley - Saterdag, 8 September

Wanneer jy al als in die lewe probeer en ervaar het. Wanneer jou pelgrimstogte deurgetrap is en jou kruispaaie, deurkruis is. Wanneer jy selfs die hardste edelgesteentes en Ruby’s van die verlede deurkou, jy vrede gemaak het met jou verlede en dit wat die wêreld daarbuite van jou dink. Wanneer jy jou lisensie gekry het vir selfaanvaarding, eers dan, dan ervaar jy die rykdom wat elke mens so na smag; Die Liefde.

Die Liefde Album is Jan Blohm se nuutste vrystelling na ses jaar, maar is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder die rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul met “Blues”, “Rock” en Digkuns.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, LIEFDE al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodieë jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe Liefde-album self.

ReedValley verwelkom die “rock-koning van harte” – Jan Blohm – op sy verhoog op Saterdag, 8 September. Deure open 18:30 en die vertoning sal om 20:00 begin. Kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R150 per persoon.

 
KOOP JOU KAARTJIES HIER
Please add wine@reedvalley.com to your address book to ensure our emails reach your inbox.
You have received this email because you chose to receive communications from ReedValley.
World Famous in Mossel Bay, ReedValley is open every day 10:00-16:00, www.reedvalley.com.
Do you have a question? Contact us on wine@reedvalley.com or call +27 44 698 1022.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
ReedValley Wines · R327 Herbertsdale Rd · Mossel Bay, Wc B-6500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp