Copy
Welkom by Oktober 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 Vennootskap verstewig

 

Die vennootskap tussen die RPO en Peritum Agri Instituut (voorheen BathoPele) in terme van die nasionale diploma in diereproduksie is tydens die nasionale RPO se onlangse kongres verder verstewig toe ‘n kontrak tussen die twee organisasies onderteken is.

Die diploma in diereproduksie is 'n volwaardige nasionale kwalifikasie en is as a NQF-5 kwalifikasie by SAQA geregistreer. Die kursus is uniek in die opsig dat dit oor 'n periode van 18 maande versprei word. Hoewel geen formele eksamen ná afloop van die kursus afgelê word nie, word die werkstukke wat deur die studente ingehandig word, onderwerp aan streng assessering wat die kwalifikasie nie 'n maklike taak maak nie. 

Goeie terugvoering van studente wat die kursus deurloop het, is verkry. Die diploma-kwalifikasie bied aan studente wat om een of ander rede nie 'n formele kursus aan 'n universiteit kan deurloop nie, 'n alternatief om 'n kwalifikasie in diereproduksie te verwerf. Die kursus bied studente ook die geleentheid om by wyse van 'n oorbruggingskursus 'n formele graad-kwalifikasie te verwerf. 

Die RPO is verbind tot die vennootskap met Peritum Agri Instituut en sal studente ook bystaan sover dit indiensopleiding betref. 

Aldam Veeskool

Beleid moet in aksie omskep word


Suid-Afrika se grootste uitdaging is om aankondigings en beleid in aksie om te sit. As dit gebeur, kan die groei en ontwikkeling in die landbousektor heeltemal anders daaruit sien, het Paradise Mahlangu in sy voorsittersverslag by NERPO se 21ste jaarlikse kongres gesê.
 
Hy het gesê nadat dit 20 jaar terug duidelik geword het dat die vlak van ongelykhede tussen die opkomende sektor en die gevestigde wit kommersiële boere in terme van toegang tot boerdery-hulpbronne, geleenthede, ondersteuning, vaardighede en kapasiteit baie hoog was, het die opkomende sektor bymekaargekom met die droom om suksesvolle kommersiële veeboere uit eie geledere te skep.
Lees meer ...

Leersiklus het verander


Die onlangse Chinese leer-uitstalling het bevestig dat die bekende op- en afwaartse siklus waarvolgens die aanvraag na voltooide leerprodukte na gelang van die prys wissel,  verbreek is, aldus die jongste Leather Pipeline-markverslag.
 
Heelwat deelnemers aan die mark het verwag dat die leerbedryf se verlore kliënte in die skoenbedryf teen dié tyd terug sou wees. Leer het sy plek in baie skoenversamelings aan sintetiese alternatiewe afgestaan nadat leerpryse vier jaar gelede skerp gestyg het. Ervare waarnemers was daarvan oortuig dat soortgelyke situasies in die verlede ook plaasgevind het en dat pryse uiteindelik sou daal en kopers daarom sou terugkeer.  
Lees meer ...

Vleis laat jou langer leef


Die daaglikse inname van kaas en vleis verminder jou kans op ‘n vroeë dood met ‘n kwart, het ‘n belangrike nuwe navorsingstudie bevind.
 
Daarvolgens kan ons twee keer soveel kaas, vleis en botter eet as wat voorheen aanbeveel is. Voorlopers in die mediese professie sê dié bevindinge bevraagteken konvensionele denkpatrone oor ‘n gesonde dieet.
Lees meer ...

Perspektief


Die behoud van koeiproduktiwiteit in ‘n veranderende omgewing.

Die netto-invloed van die voorspelde klimaatsverandering vir Suid-Afrika is in die algemeen dat dit droër en warmer gaan wees, wat beteken dat beesvleis produksiestreke meer droogtes gaan ervaar en meer dikwels tye van ongemaklike hitte en selfs hittestres. In die meer westelike dele van die land sal die temperatuurstyging meer wees as in die meer oostelike streke, maar in laasgenoemde sal dit met hoër humiditeit gepaard gaan wat dit baie ongemaklik sal maak. Vleisbees teeldoelwitte moet derhalwe meer pro-aktief word en aanpas by die voorspelde veranderinge. Aanpassing kan beteken die gebruik van meer aanpasbare rasse in sekere streke. Dit kan ook beteken die gebruik van beheerde kruisteling en aangepaste produksiestelsels.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward

Veilings in Oktober

Veediefstal-statistieke vrygestel


Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op 11 September 2018 die nasionale misdaadstatistieke vrygestel.
 
Die veediefstalstatistieke is deur die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum ontleed en dit is belangrik om daarop te let dat hoewel veediefstalgevalle met 7,8% toegeneem het, die omvang van veediefstal in 2018 in Suid-Afrika verstaan moet word.
Lees meer ...

Nuwe era vir NERPO


Historiese en huidige interne en eksterne wigte en teenwigte dui daarop dat dit tyd geraak het dat NERPO ‘n nuwe era in terme van filosofie, beleid, strategie, metodiek en fokus moet betree, het Aggrey Mahanjana, Groep Besturende Direkteur van NERPO tydens dié organisasie se pas afgelope kongres gesê.
 
Hy het gesê ingevolge die nuwe fase van ‘n organisatoriese filosofie glo NERPO dat sy lede sy sleutel tot voortbestaan is en dat die verbetering van sy lede se finansiële status, mededingendheid en algemene welsyn tot ‘n sterk organisasie sal lei.
  
Die nuwe NERPO-beleid behoort meer te fokus op die bemagtiging van sy lede sover dit bemarking betref. Die organisasie se beleid behoort dus ten alle tye lede-gedrewe en in reaksie op bemarkingsgeleenthede te wees.
  
Volgens Mahanjana is dit ook belangrik dat alle beskikbare hulpbronne grootliks aangewend word tot voordeel van NERPO se strategiese doelwitte en vooruitgang.

Spesiale aanbod op entstof


Onderstepoort het ‘n spesiale aanbod op die entstof teen knopvelsiekte en 50 bottels (50 doserings) kan aangekoop word teen R370 elk solank as wat voorrade beskikbaar is.
 
Vir meer inligting kontak die inbelsentrum by 012 522 1684 of ordersloc@obpvaccines.co.za

Skaapslagtings daal skerp


Skaapslagtings het in die afgelope drie jaar skerp gedaal, het Alex Cilliers van GWK tydens die konferensie gesê toe hy ‘n blik op die skaapvleiswaardeketting gebied het.
 
Hy het gesê hoewel die slagpryse van skape oor die afgelope drie jaar baie gewissel het, het dit steeds ‘n opwaartse neiging getoon. Die verbruikersmark het in dié tyd meer eise begin stel oor die oorsprong van die produk en die kwaliteit van die produk hou ‘n hoë premiewaarde in.
Lees meer ...

Weidingstoestande kan herstel


Goeie reënval het sedert die begin van September in die droogtegeteisterde gebiede van die oostelike en suidelike Kaap voorgekom en dit mag weidingstoestande verbeter, volgens ABSA Agri Trends.
 
n Spoedige El Nino-ontwikkeling (verhitting van Nino-gebiede) sal na verwagting in September en Oktober voorkom en ‘n hoogtepunt tussen November en Januarie bereik. Daar is nou meer sekerheid oor die El Nino-verskynsel.

Die warm weer moedig mense aan om meer te braai, wat ‘n goeie uitwerking op aanbod het, terwyl die vraag na lewendehawe oor die kort termyn kan verbeter weens die feit dat mense teen die maandeinde meer geld spandeer.
 
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa