Copy

KERUGMA Bulletin                      View this email in your browser
www.kerugma.org
Tel. 0861 786 831

Beste Kerugma Ondersteuner,

Ons is baie opgewonde om die vrystelling van nog twee DVDs van Dave Hunt aan te kondig! Dit mag vir sommige van u wat verneem het dat Dave Hunt ‘n paar jaar gelede oorlede is, as ‘n verrassing kom dat ons nou eers die DVD’s vrystel.

Toe Dave Hunt Suidelike Afrika gedurende 1999 besoek het, het hy ons genooi om hom te vergesel op sy toer om al sy aanbiedinge af te neem. Ons het toe pas ons eerste groot uitsaai kamera gekoop, wat ons in staat gestel het om sommige van sy boodskappe af te neem. Ons was egter nog in die proses om die eerste redigeersisteem te bestel. Daarom het dit byna ‘n jaar geneem na sy besoek voordat ons sy boodskappe kon begin redigeer en vrystel. Intussen het ons ook aanbiedinge van ander sprekers afgeneem en al die ander verantwoordelikhede het die redigering van Dave Hunt se aanbiedinge op daardie stadium vertraag. 

Alhoewel hierdie twee boodskappe in 1999 gelewer is, is hulle eintlik meer relevant vandag (byna 20 jaar later) as daardie tyd. Die twee DVDs is:
In hierdie kragtige aanbieding verduidelik Dave Hunt hoe ons die verskillende gebeure tydens die wederkoms van Christus van mekaar moet onderskei. Met die eeste koms onderskei ons gebeurtenisse soos byvoorbeeld die geboorte en kruisiging van die Here van mekaar. So ook is daar verskillende gebeurtenisse wat met Jesus se tweede koms gaan plaasvind.
Daarom gee Dave Hunt hier nie net Bybelse bewyse vir die geleentheid wanneer die Here Jesus sy Bruid gaan kom haal  (Joh. 14:1-3), maar verduidelik hy ook hoekom dit van die geleentheid wanneer Hy weer gaan kom (Open. 19:11-16), onderskei moet word.
Verder, omdat Hy sonder waarskuwing enige oomblik sy Bruid gaan kom haal, moet ons gereed wees. Dit kan gebeur op ‘n tyd wanneer niemand dit verwag nie.
Dave Hunt sluit die boodskap af met die vraag: Hoe kan ons gered word? Hoe kan ons seker maak dat ons, soos Lukas 21:36 (in die Ou Vertaling) sê, gereed is wees wanneer Jesus kom om ons na Hom toe te neem?
Hierdie DVD kan ‘n kragtige instrument wees om mense na die Here te lei.
Evolusie word vandag in skole en universiteite geleer en baie mense aanvaar dit as ‘n bewese feit. Dienooreenkomstig word die Christelike geloof gekritiseer, veral deur akademici wat die gesag van die Bybel bevraagteken.  
In hierdie DVD bewys Dave Hunt dat dit wiskundig onmoontlik is dat die heelal op sy eie kon ontstaan. Vandaar redeneer hy dat Christene nie geïntimideer moet word deur die wetenskap nie. (Die wetenskap bevestig eintlik die Bybel.)
Christene staan op die fondasie van die Woord van God. En terwyl die Bybel bv. nie aanspraak maak daarop om voorbeelde en instruksies te verskaf van hoe om byvoorbeeld ‘n vliegtuig te vlieg nie, verskaf dit wel duidelike  antwoorde op die essensiële vraagstukke van die lewe. Die wetenskap het geen antwoorde hiervoor nie.
Dave Hunt gaan voort om advies te gee oor hoe om effektief te getuig teenoor ongelowiges. Hy spreek ook die sogenaamde probleme wat mense met die Bybel het, aan.
Hierdie DVD is ‘n noodsaaklikheid vir elkeen wat ‘n effektiewe getuie wil wees.
 
DIE BELANGRIKHEID VAN HIERDIE DVD’S

Ons leef inderdaad in ‘n tyd waarin ons sien dat dinge in plek val vir die antichris om oor te neem en een wêreldwye politieke, godsdienstige en ekonomiese sisteem  te vestig. In die lig hiervan kan ons nie tyd mors nie (Mattheus 28:18-20).

Terwyl Naas al sy aandag gegee het aan die invoer van die nodige toerusting en die voorbereidings vir die toere saam met Dr Randall Smith vroeër vanjaar, het hy voorgestel dat ek die boodskappe van Dave Hunt wat ons nog nie geredigeer het nie, te redigeer. Ek was verstom om te sien hoe relevant hierdie boodskappe is vir vandag is. Vandaar die vrystelling van die twee DVD’s van Dave Hunt vroeër vanjaar sowel as hierdie twee wat nou vir die eerste keer vrygestel word.

Die vier nuwes is dus:
Ubuntu: Where are we Heading?
Israel, Biblical and False
Evolution
The Second Coming


Ons gebed is dat hierdie DVDs waarlik ‘n seën sal wees vir u.

Groete in die naam van die Here Jesus Christus.

Marina le Roux 


 
Copyright © 2018 Kerugma Productions, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp