Copy
Welkom by November 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 RPO Hoofuitvoerende Beampte vereer

 

Die Lewendehaweregistrerende Federasie het tydens die pas afgelope Aldam Vleisbeesskool ‘n uitsondelike prestasiesertifikaat aan Gerhard Schutte, Hoofuitvoerende beampte van die nasionale RPO, oorhandig.
 
Hy het die sertifikaat ontvang in erkenning van sy volgehoue diens aan die stoetbedryf en leier in genetiese vordering tot die voordeel van die stoet- sowel as die kommersiële rooivleisbedryf.
Lees meer ...

Lesse van Namibië


Die Namibiese benadering tot grondhervorming is tydens die onlangse Aldam Vleisbeesskool omskryf deur Ryno van der Merwe, ‘n Namibiese boer.
 
Hy het gesê ná onafhanklikheidswording het die politieke omgewing in Namibië dramaties verander. Die Namibiese boere het die situasie aanvaar en besluit om by die nuwe reëls aan te pas. Hulle het geleer as jy die uitkoms van ‘n situasie wil verander, moet jy nie die doelwit verander nie, maar jou benadering tot die situasie verander.
  
Die regerende partye in Suidelike Afrika volg ‘n benadering waarvolgens die ongeregtighede van die verlede sowel as ongelykhede uitgewis moet word en grondhervorming is deel van die proses.
 
Volgens Van der Merwe is dit baie belangrik om toegang tot die beleidmakers (regering) te hê, om goeie verhoudings met hulle te hê en om ‘n omgewing van wedersydse vertroue daar te stel. ‘n Konsultasieproses moet in plek wees en die landbousektor moet pro-aktiewe bydraes lewer. Daarom is die rol en funksie van georganiseerde landbou nou baie meer belangrik as wat dit ooit tevore was.

Landbousensus onderneem


Stats SA en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gaan hande vat om ‘n boereregister wat spesifiek op kleinskaalse boere gerig is, te ontwikkel.
 
Die algemene doelstelling van die kommersiële landbousensus is om basiese kwantitatiewe inligting oor Suid-Afrika se kommersiële landbousektor wat onder meer noodsaaklik is vir beplanning, beleidsformulering en voedselsekerheid, in te samel.
  
Spesifieke doelstellings is die volgende:
  • Om inligting oor die grootte, struktuur en aard van kommersiële landbou op munisipale vlak in te win.
  • Om data te voorsien wat as maatstaf kan dien, sowel as ‘n rekonsiliasie van huidige landboustatistieke.
  • Om raamwerke (plaaslyste) te verbeter sodat kommersiële landbou-opnames onderneem kan word. 
Dit is verder belangrik om inligting in te samel vir doeleindes van landboubeplanning; navorsing; beleggings- en besigheidsbesluite; die bepaling van die rol van landbou in die omgewing; voedselsekerheid, werksgeleenthede in landbou, die rol van geslag; en die landbou se nasionale bydrae.

Leerprentjie meer positief


Die jongste Leather Pipeline markintelligensieverslag is ietwat meer positief as voriges, waar die probleme van ‘n oormaat roumateriaal en ‘n gebrek aan vraag vir leerprodukte omskryf is.
 
Dit wys daarop dat die huide- en vellebedryf moet aanhou glo dat daar ‘n redelike kans is dat ‘n mate van herstel in 2019 sal intree, ondanks die huidige swak situasie en die vooruitsigte oor die kort termyn. Al wat vereis word, is ‘n bietjie kreatiwiteit om leer weer onder die verbruiker se aandag te bring. Daar is tans nie ‘n organisasie of individue wat dit kan doen en so ‘n ommeswaai kan bewerkstellig nie.

Alle bees- en wildboere moet altyd bewus wees van brusellose beheer!

 
Die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) doen ‘n beroep op veeboere om betrokke te wees by die beheer van Beesbrusellose.
 
Dit is baie belangrik dat veeboere hul beeste vir brusellose toets weens die volgende redes:
  • Dit is ‘n kuddesiekte – as een dier besmet is, moet die hele kudde as potensieel besmet beskou word.
  • Brusellose veroorsaak reproduksie- en produksieverliese in besmette kuddes, en het ‘n impak op jou omset.
Lees meer ...

Goeie reëns bring meer insekte en bosluise

 
Boere sien uit na ‘n voorspoedige somerseisoen, maar hulle moet in gedagte hou dat goeie reën ook meer insekte en bosluise tot gevolg het, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
 
Muggies, muskiete, vlieë wat byt en bosluise dra siektes oor en boere moes hul vee teen siektes ingeënt het. Voorbeelde van siektes is die volgende:
  • Insek-oordraagbare siektes: Bloutong, Slenkdalkoors, Knopvelsiekte, Drie-dae-stywe-siekte, Nagana en Anaplasmose.
Lees meer ...

Perspektief


Bosluisweerstand en hul verspreiding soos beïnvloed deur verskeie faktore.

Bosluise is een van die leidende oorsake van siektes van veterinêre belang vir die veebedryf. Bosluise en bosluisdraende siektes beïnvloed 80% van die wêreld se beesbevolking, veral in tropiese- en sub-tropiese lande, met ‘n beraamde jaarlikse koste van US$22-30 miljard.  Vier bosluissiektes met ‘n groot impak op beesproduksie is hartwater, galsiekte, rooiwater en theileriose. Bosluise beïnvloed vee direk met simptome wat insluit bloedarmoede, rusteloosheid, veluitslag, toksikose, lamheid, verlies aan kondisie en ‘n afname in melkproduksie.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward

Veilings in November

Klousule moet bly


Agri SA staan by sy standpunt dat die eiendomsklousule in die Grondwet nie ‘n struikelblok in die weg van grondhervorming is nie, het Dan Kriek, President van Agri SA by die pasafgelope Aldam Vleisbeesskool gesê.
 
Hy het gesê die ware rede vir die stadige pas van grondhervorming kan hoofsaaklik toegeskryf word aan gebreke en ondoeltreffendhede in soverre dit beplanning, uitvoering en volhoubare ondersteuning betref. Dit moet dringend aangespreek word. Dié redes regverdig nie ‘n wysiging aan artikel 25 van die Grondwet nie.
Lees meer ...

Belangrike entstowwe nou beskikbaar


Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het aangekondig dat die Brucella S19-entstof verpak en beskikbaar is.
 
Meer as 10 000 eenhede van die ongeaktiveerde Slenkdalkoors-entstof is goedgekeur en ook beskikbaar.

Die impak van aardverwarming


Die tussen-regeringspaneel insake klimaatsveranderinge (IPCC) het ‘n spesiale verslag vrygestel oor die impak van ‘n styging van 1.5 °C in die aarde se temperatuur en die gepaardgaande vrystelling van globale kweekhuisgasse.
 
Dr Heinz Meissner het namens die RPO in reaksie op die verslag gesê die landbou in die algemeen en die RPO het in lyn met die doelstellings wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan uiteengesit is, homself daartoe verbind om haalbare teikens daar te stel om die vrylating van kweekhuisgasse (KHG) teen 2025-2030 aansienlik te verlaag. Dit word in die RPO en NERPO se Kode van Beste Praktyk vervat, wat ook riglyne aan boere bevat waarvolgens vrystellings van kweekhuisgasse beperk kan word.
Lees meer ...

Kan belasting op vleisprodukte die wêreld red?


Wetenskaplikes beweer Westerse lande soos Nieu-Seeland moet hul beesvleis- en varkvleisverbruik met 90% sny as die mensdom die volgende eeu wil oorleef. En hulle sê ‘n vleisbelasting mag die beste manier wees om dit reg te kry.
 
Volgens nuwe navorsing sal die omgewingskoste van hedendaagse voedselproduksie teen 2050 bykans verdubbel soos wat die wêreldbevolking tot 10 biljoen sal opskiet en al meer mense uit armoede verhef word en na vleisryke diëte oorskakel.
Lees meer ...

Skotland het ‘n geval van malkoeisiekte


‘n Geïsoleerde geval van Boviene Spongiforme Enkefalopati (BSE, ook bekend as malkoeisiekte) is onlangs op ‘n plaas in Huntly, Skotland, gediagnoseer.

Dit is sedert 2008 die eerste keer wat so ‘n geval in Skotland voorkom. Die siekte is die laaste keer in 2015 in die Verenigde Koninkryk aangemeld, toe dit in ‘n dooie koei in Wallis gevind is.

Lees meer ...

Internasionale beesvleispryse is onder druk

Internasionaal is die beesvleisvoorrade hoog en dit plaas ‘n demper op die beesvleismark, volgens ABSA Agri Trends.
 
Plaaslik sal pryse na verwagting ‘n opwaartse kurwe volg omdat aanvraag in die warmer maande styg, maar die druk wat daar op verbruikers is, mag ‘n demper op aanvraag plaas.
 
Internasionaal
Gedurende die week van 12 Oktober het Nieu-Seelandse bulle 2.04% laer verhandel teen 5.77NZ$/kg en koeie het 1.16% laer verhandel teen 4.27NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Positiewe vooruitskouing vir die lamsmark


Internasionaal ondersteun ‘n sterk vraag uit China en ‘n gepaardgaande gebrek aan voorrade in Australië die lamsmark se vooruitsigte, volgens ABSA Agri Trends.
 
Plaaslik was die lamsmark in die middel van die maand ietwat onder druk.
 
Internasionaal
Nieu-Seelandse lam- en skaapvleispryse het tydens die week van 12 Oktober gemeng verhandel. Lampryse was 0.6% laer teen NZ$8.25/kg. Ooipryse het sywaarts verhandel teen NZ$5.10/kg.
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa