Copy
Welkom by Maart 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 Die ekonomiese impak van veediefstal in Suid-Afrika
 

Die ekonomiese impak van veediefstal moet met sorg bestudeer word omdat die waarde van die gesteelde vee op verskillende maniere verreken kan word.
Dit is soms onduidelik of dieselfde prys per kop oor die tydperk in sulke berekeninge gebruik is en of dit volgens die onderskeie jare se markwaardes bepaal is. Faktore soos inflasie of veranderinge in die rooivleispryse oor tyd kan dus die waardes beïnvloed. Die getalle diere wat per jaar gesteel, teruggevind en verloor is, gee ‘n baie meer realistiese waarde.
Lees meer ...

Handel in donkievelle moet stop

Die Lewendehawewelsynskomitee (LWCC) gaan ‘n inisiatief van die Rooivleisbedryfsforum ondersteun om ‘n moratorium op die handel in donkievelle te plaas.
Tydens die laaste vergadering van die LWCC het die vergadering kennis geneem van die feit dat Lesotho, Botswana en Namibië reeds veranderinge aan hulle wetgewing oor die verhandeling van donkievelle aangebring het, maar Suid-Afrika het nog niks daaraan gedoen nie.

Die vergadering het ook die onthoring van beeste met kastrasie-ringe bespreek. Dit is volgens die RPO ‘n onaanvaarbare metode van onthoring. ‘n Verklaring van die LWCC in dié verband gaan dit duidelik maak dat die gebruik van rekke of bande om beeste te onthoring, heeltemal onaanvaarbaar is.

Die vergadering het verder kennis geneem dat ‘n SAPRO-wet aanvaar is en die Medisynebeheerwet sal vervang. Dit het ‘n afdeling oor mediese toestelle bevat, wat meer op menslike behandeling gerig was.

Met die nuwe wet gaan mediese toestelle egter binnekort geëvalueer word op gehalte, veiligheid en doeltreffendheid. Dit sal ook welsynsaangeleenthede insluit wat beheer sal word. Die LWCC sal toesien dat die welsynskomponent van die evaluasie voldoende is.

RPO Noord-Kaap 2018 Rooivleis-byeenkomste

RPO Noord-Kaap bied in Maart verskeie Rooivleisbyeenkomste aan met die Tema:" Hoe om volhoubaar te bemark in 'n veranderde politieke en ekonomiese omgewing"
Die byeenkomste vind op 6 Maart op Calvinia plaas, 7 Maart op Kenhardt, 8 Maart op Groblershoop.

Vir meer besonderhede kontak Dirk Krapohl by Tel 053 832 9595 of Sel 082 604 1320. 
Lees meer ...

Jongboere hou konferensie

Die TLU SA Jongboerkonferensie vind op 15 Maart 2018 by die Lezar-opstal in Heidelberg plaas.
 
Temas wat toegelig gaan word, sluit in die huidige politieke ontwikkeling en die implikasies daarvan vir die boer asook waardetoevoeging tot jou beeskudde.
 
Bespreek deur op die volgende skakel te kliek: http://tlu.co.za/index.php/af/37-afrikaans/552-jongboerkonferensie.html
 

Tekort aan rooivleis kan tot depressie ly

Daar is geen tekort aan lof vir vegetariese diëte nie, maar nuwe navorsing dui daarop dat mense wat nie rooivleis eet nie, depressief kan raak.

n Span navorsers van die Verenigde Koninkryk en Amerika het besluit om te bepaal of mense wat as vegetariërs geïdentifiseer is, ‘n groter waarskynlikheid sal hê om aan depressie te ly.

Lees meer ...

Beesboere moet saamwerk

2018 sal die jaar wees waarin alle eienaars van beeste saamwerk om seker te maak dat alle koeie tussen vier en agt maande oud teen beesbrusselose ingeënt word met Stam 19 of RB51. Dit is verpligtend ingevolge die wet!
In ‘n maandelikse verslag oor dieresiekteneigings het die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) informeel gerapporteer dat die vrystelling van die brusselose-bakterie dramaties verminder wanneer beeste ingeënt word.
Lees meer ...

Perspektief 

Beïnvloed produksiestelsel werklik vetsuursamestelling in beesvleis?
Spiersamestelling in beeste kan deur ouderdom van die dier, voerprogram, groeibevorderaars en karkasvariasie by slagting beïnvloed word. Daar is getuienis dat die tipe dieet die bruto- en vetsuursamestelling van beesvleis kan verander. Die literatuur wys dat vleis van beeste wat op weiding afgerond word gesonder is as beesvleis vanaf voerkrale weens ‘n laer vetinhoud en ‘n meer gewenste vetsuurprofiel. Beesvleis vanaf weiding het gewoonlik ‘n hoër inhoud van CLA, n-3 PUFAs en onversadigde tot versadigde vetsuurverhouding, en ‘n laer n-6/n-3 verhouding, sowel as ‘n laer versadigde vetsuurinhoud en n-6 PUFAs as beesvleis vanaf weiding.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward

RPO en NWKV vergader in die Vrystaat

Die RPO en NWKV bied in Maart verskeie streeksvergaderings in die Vrystaat aan met die tema: ‘My biosekuriteit. My vee, my plan, my sukses’.
Die vergaderings vind op 6 Maart op Vrede plaas, 7 Maart op Harrismith, 8 Maart op Reitz, 13 Maart op Senekal, 14 Maart op Bultfontein, 15 Maart op Bothaville, 20 Maart op Wepener en 27 Maart op Edenburg.

Vir meer besonderhede, kontak Corine by 079 529 5000 of Hannelie by 051 447 3023.

Klas A-bokvleis in blou gemerk

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n versoek van die RPO en die SA Boktelersvereniging toegestaan dat Klas A-bokke (lammers) voortaan met blou ink gemerk word en nie die oranje ink soos tans deur regulasies voorgeskryf word nie.
Die Departement het besluit om dié versoek by wyse van dispensasie te implementeer totdat dit formeel in die regulasies opgeneem kan word. Daar sal nie later nie as 1 Mei 2018 van oranje na blou ink oorgeskakel word.
 
Die toestemming is onderhewig aan die volgende voorwaardes:
  • Dat aan al die ander voorskrifte van die betrokke regulasies voldoen sal word,
  • dit kan enige tyd teruggetrek word weens ‘n geldige klagte,
  • alle abattoirs wat kleinvee slag (die bokbedryf) onthef die Direktoraat van Voedselveiligheid en Gehalteversekering en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye van enige blaam weens nadele, hetsy finansieel of andersin, wat weens die toestemming mag ontstaan.
  • die beëindigingsdatum is die dag en datum wanneer die wysiging van die betrokke regulasies in die Staatskoerant gepubliseer is.

Bloutong-entstof is beskikbaar

 Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het aangekondig dat ‘n Bloutong-entstof nou beskikbaar is.
Kontak die OBP se inbelsentrum vir meer besonderhede:
012-522-1684/5/7 of e-pos by ordersloc@obpvaccnes.co.za

Registrasiefooie verhoog

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het aangekondig dat die fooi vir die registrasie van ‘n diere-identifikasiemerk van 1 April 2018 na R145,00 verhoog word.
 
Die fooi vir die oordra van ‘n diere-identifikasiemerk sal ook na R145,00 verhoog, terwyl dieselfde bedrag betaalbaar is vir afskrifte van die diere-identifikasiemerksertifikaat; vir ‘n aansoek om pligte as skutmeester of die pligte as ‘n merkoperateur.
 
Alle aansoeke moet vergesel wees van ‘n bewys van posadres en indien Departementele- or SAPS-adresse gebruik word, moet ‘n afskrif van die Departement ingesluit word. ‘n Ekstra fooi van R30,00 is betaalbaar deur kliënte wat hul sertifikate per geregistreerde pos wil ontvang.

Koolstofbelasting op vleisproduksie?

 Koolstofbelasting vir die landbousektor is nie ‘n onmiddellike bedreiging in Suid-Afrika nie, maar ons kan in die toekoms druk verwag.
S
ommige beleggers glo regerings regoor die wêreld sal ‘n manier kry om vleisproduksie te belas in ‘n poging om openbare gesondheid te verbeter en die vrylatingsteikens te bereik soos uiteengesit in die Parys Klimaatooreenkoms.
Lees meer ...

Groeiende produksie bedreig beesvleispryse

Groeiende internasionale beesvleisproduksie bly ‘n bedreiging vir globale beesvleispryse, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik mag beesvleispryse teen die middel van die maand sywaarts verhandel en ietwat verstewig na die einde van die maand toe.

Internasionaal
Gedurende die week van 16 Februarie het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen NZ$ 5.45/kg en koeie het sywaarts verhandel teen NZ$ 4.12/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Wêreldwye lamsmarkte staan nog sterk

Internasionale lamsmarkte is steeds stewig, volgens ABSA Agri Trends.
Verwagte voortgesette knap wêreldwye voorrade, veral uit Australië en Nieu-Seeland behoort die mark in die onmiddellike toekoms stewig te hou.
 
Plaaslik mag pryse oor die kort termyn sywaarts beweeg en nader na die Paasnaweek toe opwaarts neig. Lam- en skaapvleis bly die duurste vleis in die mark.
Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa