Copy
Welkom by April 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 Rooivleisbedryfsforum ondersteun SAMPA
 

Die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) ondersteun die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkingsvereniging (SAMPA) om namens alle betrokke rolspelers die leiding te neem met kommunikasie oor Listeriose totdat die rooivleisbedryf meer inligting oor die saak het. 
Die RMIF het sy lede ook versoek om nie verdere verklarings oor Listeriose uit te reik nie. 
  • SAMPA het homself in ‘n heropboukomitee georganiseer en kommunikasiekundiges aangestel om behulpsaam te wees in dié verband. Die komitee sal die leiding neem met ‘n derde party-gedrewe skakelveldtog om die openbare debat sowel as kennis oor die onderwerp te balanseer terwyl die bedryf agter geslote deur met die regering samesprekings voer.
Lees meer ...

RPO ondersteun aansoek vir statutêre heffing

Die nasionale RPO ondersteun die beginsels soos wat dit vervat is in die voorgestelde aansoek vir die statutêre heffing vir die tydperk 2018 en 2020.
In ‘n brief aan die Nasionale Landboubemarkingsraad spreek die RPO sy tevredenheid uit dat die huidige heffing tot voordeel van die hele rooivleiswaardeketting is.
Die funksie van produksie-ontwikkeling is krities om ‘n bemagtigende omgewing vir alle produsente (kommersieel en opkomend) te verseker. Dit verseker ook dat die RPO ondersteuning aan produsente kan bied sodat hul boerdery-aktiwiteite meer doeltreffend bestuur kan word. Die voorgestelde heffing is konserwatief vergeleke met ‘n R77 biljoen bedryf op produsentevlak.  Dit buite rekening gelaat, dra die heffing ook 20% by tot transformasie, wat deur die RPO ondersteun word.
Die RPO is van mening dat die heffing van kritiese belang is om volhoubare produksie en bemarking te verseker.
Die drie funksies waarvan die RPO die diensverskaffer is, naamlik produksie-ontwikkeling, skaapvleisverbruikersopvoeding en transformasie, dra by tot ‘n meer doeltreffende bedryf.

RMIF vergader

Onafhanklike vleisinspeksie was een van die sake wat tydens die laaste vergadering van die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) bespreek is.
Die vergadering het kennis geneem van die feit dat die evaluering van aansoekers wat die diens wil lewer deur die Vleisinspeksie-advieskomitee se subkomitees afgehandel is. Sekere gemagtigdes is voorwaardelik goedgekeur, maar daar was twyfel of die gemagtigdes teen 1 Januarie 2018 gereed sou wees om die funksie te verrig omdat meer personeel onder andere aangestel moes word.
Lees meer ...

Hondsdolheid-veldtog geloods

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se veterinêre dienste het ‘n bewusmakingsveldtog van hondsdolheid geloods.
KwaZulu-Natal het in die afgelope twee jaar ‘n oplewing in dierehondsdolheid beleef. Die uitbreking het in die King Cetshwayo-distrik begin en in ‘n suidelike rigting deur Illembe en tot in Inanda versprei. Twee kinders van onderskeidelik drie en ses jaar oud is in 2018 aan hondsdolheid dood. In beide gevalle is die kinders nie vir die siekte behandel nie, hoewel hondsdolheid 100% voorkombaar is as dit betyds behandel word.
Lees meer ...

Sjefs, belangrike “lambassadeurs” vir Suid-Afrikaanse skaapvleis

Vanaf die noorde tot in die suide het verbruikers die afgelope maand die geleentheid gehad om ‘n skaapvleisfees te beleef saam met Skaapvleis SA en van die land se beste sjefs. Dit is vir ons by Skaapvleis SA baie belangrik dat Suid Afrikaanse sjefs, wat groot opinie leiers is onder verbruikers, ons liefde vir skaapvleis deel. Daarom is dit van belang dat ons platforms skep en ondersteun waar sjefs met verbruikers kan kommunikeer. Verder moet sjefs ook beman word met die regte inligting om oor te dra aan daardie verbruikers wat so aan hul se lippe hang.
Lees meer ...

Perspektief 

Herlewingslandbou in vee-gewasverbouingsboerdery.
Wat is herlewingslandbou? Dit is ‘n begrip wat geskep is om veranderinge in boerderypraktyke te beskryf wat ten doel het om arm of oorbenutte grond terug te kry na die toestand van grondvrugbaarheid en –gesondheid wat dit oorspronklik was, dit wil sê ‘n grondekostelsel in balans ten opsigte van organiese materiaal, flora , fauna en voedingstowwe soos dit oor millenniums ontwikkel het. Die veronderstelling is dat praktyke in balans daarmee meer volhoubaar sal wees en omdat grondvrugbaarheid en –gesondheid verbeter kan dit groter produksie bevorder. Herlewingslandbou stem dus grootliks ooreen met bewaringslandbou en in die gewasverbouingsterrein het as gevolg van die doelwitte geen of minimum bewerking toenemend beslag gekry.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Veilings in April

Droogte is nou ‘n nasionale ramp

Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede, dr Zweline Mkhize, het die droogte ingevolge die Rampbestuurswet, 2000 as ‘n nasionale rampsituasie verklaar.
Volgens die Staatskoerant is die besluit in die lig van die spesiale omstandighede van die droogte geneem. Dit maak dit moontlik om maatreëls af te kondig met die doel om die publiek by te staan en te beskerm, verligting te bring en om eiendom te beskerm.

Vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel verwelkom

Die RPO voel die implementering van die vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel in Suid-Afrika (LITS SA) is van kritieke belang en dit moet dringend van die grond af kom, sê die organisasie in sy kommentaar op die konsepdokument.

Naspeurbaarheid en individuele diere-identifikasie is nie net belangrik vir die verbruiker nie, dit is ook noodsaaklik om dieregesondheid en dieresiektes te bestuur.

Lees meer ...

RMIF bekommerd oor listeriose

Die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) het sy kommer uitgespreek oor die feit dat lewensverliese voorgekom het weens die uitbreking van Listeriose.
Vleisveiligheid bly die hoeksteen van die rooivleisbedryf en die RMIF het verbruikers verseker dat alles moontlik en met die grootste dringendheid gedoen word om te verseker dat die verbruiker se persoonlike gesondheid en welsyn nie net op ‘n roetine-basis nie, maar ook met toenemende waaksaamheid beskerm word.
Lees meer ...

Baie insekoordraagbare siekte aangemeld

Insekoordraagbare siektes (knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte en bloutong) word in verskeie dele van die land aangemeld, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Dit sou nie die geval gewees het as diere voor die reënseisoen (Augustus 2017) ingeënt was nie. Geen gevalle van Slenkdalkoors is aangemeld nie. Die bedryf sit op ‘n tydbom omdat baie diere nog nooit ingeënt is nie, terwyl die meeste kuddes hoogs vatbaar is.  
Lees meer ...

Amerikaanse beesvleisproduksie kan ‘n uitdaging vir internasionale mark raak

Internasionaal lyk dit asof die styging in die Amerikaanse produksie van beesvleis in die komende maande ‘n uitdaging vir die beesvleismark kan raak, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik mag beesvleispryse verstewig as gevolg van die toename in vraag gedurende die Paastyd.
Internasionaal
Gedurende die week van 23 Maart het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen 5.56NZ$/kg en koeie het sywaarts verhandel teen 4.43NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Skaapvleispryse bly stewig

Internasionaal gaan marktoestande en beperkte globale voorrade voort om pryse stewig te hou, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik volg pryse tans ‘n dalende tendens. Daar kan verwag word dat pryse teen die Paastyd sal optel in lyn met die verhoogde verbruikersvraag.
Internasionaal
Nieu-Seelandse lamspryse het meestal sywaarts verhandel gedurende die week van 23 Maart vergeleke met die vorige week. Lamspryse het sywaarts afgesluit teen NZ$106.1/kop vir ‘n 15kg lam. Lamspryse het sywaarts beweeg teen NZ$148.6/kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het sywaarts verhandel teen NZ$101.3/kop vir ‘n 21kg ooi. Die invoerpariteitsprys was 0.4% laer teen R67.28/kg, terwyl die invoerpariteitspryse vir skaapvleis 0,4% hoër was teen R49.34/kg.
Lees meer ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa