Copy
KERUGMA Bulletin
www.kerugma.org
Tel. 0861 786 831
View this email in your browser

‘N BESONDERE VIDEO VAN DIE ISRAEL TOER OP ONS WEBBLAD

Beste Kerugma Ondersteuner,
  
Ons is terug na die afneem van die eerste twee toere. Die Here het wonderlik onderneem. Voor ons verder daavan praat, noem ons net dat ons ‘n kort video vir u op die Kerugma webblad (https://www.kerugma.org/) geplaas het. Dit is ‘n uittreksel uit die plaaslike Israeli toergids, Tal Megged, se aanbieding op Masada, ‘n bergvesting uit die dae van Herodus. Dit bied vir ‘n mens ‘n kykie in die wyse waarop die gewone man op straat in Israel vandag dinge ervaar. Sy verwys daarin onder andere na die situasie ‘n dag of twee tevore waar Iran ‘n Israeli weermagkamp op die Golan Hooglande, ‘n entjie van die hotel waar ons die nag tuis was, aangeval het. Die res van die nag kon ons hoor hoe Israel terug skiet.
 
Na ons teruggekom het, het heelwat mense vir ons gesê dat hulle vir ons gebid het toe hulle gehoor het van die Iran aanslag op Israel. Baie dankie daarvoor. Ons glo die Here het u gebede daarvoor gehoor en verhoor. Ook u gebede vir die sake waarvoor ons verlede keer vir u gevra het om voor te bid, is wonderlik beantwoord.
 
Daarom is ons wat betref die afneem van die toer baie opgewonde en dankbaar. Ons is so gewoond om terug te keer van so ‘n toer met soveel wat maar net nie uitgewerk het nie. Dikwels is daar maar een of twee van die besigtigingspunte op so ‘n toer wat goed genoeg afgeneem kon word dat ons ‘n volledige DVD daarvan kon maak. Die keer was dit die teenoorgestelde. Beide tydens die Italië - en die Israel toer was daar maar net een van die besigtigingspunte wat nie reg afgeneem kon word nie. In Italië het die program so uitgewerk dat die toer nie by die een spesifieke plek kon aandoen nie. In Israel weer was daar ‘n oponthoud wat veroorsaak het dat ons die besigtigingsplek net vinning kon besoek. Verder was daar ook ‘n persoon in beheer van ‘n nuwe besigtigingspunt wat ons vir die eerste keer kon afneem, wat ons skielik kom beveel het om ons kameras af te sit.
 
Die afnemery so op toer bied verskillende uitdagings. In Italië mag ‘n mens basies nêrens van ‘n tripoot of selfs ‘n monopoot gebruik maak nie. Oortreders word met €2000.00 beboet. In Israel moet ‘n mens die verskillende besoekpunte weer goed leer ken. Daar verskil die reëls van plek tot plek en verander dit ook dikwels sonder enige kennisgewing. By sommige kan jy vryelik selfs met ‘n tripoot afneem, terwyl ander, veral die kerklike besigtigingspunte, dit nie toelaat nie. Weens ons vorige ondervinding kon ons die laaste vier maande voor die toere sorgvuldig beplan hoe en met watter kameras elke plek afgeneem sou word. Dit het baie goed gewerk.
 
Ons het al probeer om vooraf toestemming te kry vir die afnemery. Ons dure ondervinding was dat jy drie maande voor die tyd vir dae aaneen moet sit en wag en na jy baie duur betaal het, kry jy ‘n gestempelde bewys van die reëling. Wanneer jy dan op die bepaalde datum met jou betaalbewys daar opdaag, dan het hullle allerhande verskonings waarom dit nou net nie op daardie dag kan gebeur nie. Gevolglik weet ons dat die beste is om af te neem wat jy kan, behalwe as hulle jou verbied.
 
Wat ons verder die keer baie gehelp het, is dat die toeriste op beide toere ons spontaan gehelp en ondersteun het waar hulle kon. Soos die toere gevorder het, het sommige van hulle selfs begin om saam met ons te werk deur op te let wat ons dalk ook nog mag benodig. So het hulle foto’s asook selfs video met hul kameras afgeneem en aan die einde van die toer vir ons gegee. Dit gaan baie help met die redigering van die DVD’s!
 
Ons is die Here baie dankbaar vir dit alles. Nog meer vir hoe Hy ons fisies instaat gestel het om dit alles te kon doen. Soos u sal kan onthou het ek (Naas) voorheen gevra vir voorbidding omdat ek my regter Achilles tendon (hakskeensening) gebreek het. ‘n Week voor ons vertrek het ek nog baie getwyfel of ek hoegenaamd die rowwe tereine op die toere sou kon aandurf. Ons het ons egter verstom oor hoe goed dit gegaan het.
 
Op ‘n plek gedurende die Israel toer kom ‘n jongman opgewonde na Randall en vra vir hom: “Is jy nie Dr. Randall Smith nie!” Toe Randall dit bevestig sê hy. “Ek is van Suid-Afrika en ek kyk jou DVD’s. Dit is lewensveranderend! Ek het hier gestaan en toe hoor ek jou agter my praat en ek dog ek ken daai stem! Gee jy om as my vrou ‘n foto van ons twee saam neem?” Randall wys toe na ons en sê: “Hulle is ook van Suid-Afrika. Dit is hulle wat die DVD’s maak.” Die ou kyk toe na ons en vra: “Is julle Naas en Marina?” Ons kon toe met sy selfoon vir hom en sy vrou saam met Randall afneem.
 
Ons vertrou dat julle die video van Tal sal geniet. Sy is ‘n besondere toergids. Dit is maar net ‘n klein gedeelte van ‘n baie interessante aanbieding. Ons kan nie wag om die volledige DVD bekend te stel nie. Volgens wetgewing in Israel mag slegs amptelike Israeli toergidse toere aldaar aanbied. Alhoewel Dr. Randall Smith betrokke was by die opleiding van die gidse, is hy sedert hulle teruggekeer het na Amerika, nie meer ‘n amptelike toergids nie. Tal is een van die gidse waarvan Randall gebruik maak op sy toere. Gedurende die toere bied die Israeli toergidse die dele, soos Masada, wat nie regstreeks met die Bybel te doen het nie, aan. Vandaar die video op die webtuiste.
 
Volgens beplanning vertrek ons 24 Junie op die derde toer wat ons, soos die Here wil, die jaar afneem. Dit is die toer waar ons ‘n gedeeltetjie van die Italië toer weer doen, maar waar ons vandaar doen wat ons nog nooit kon doen nie. Ons gaan na die eilande wat Paulus aangedoen het soos Malta waar hy deur die slang gepik was. Vandaar doen ons Griekeland aan waar ons na Athene en Korinte gaan.
 
Bid asseblief baie vir ons gedurende die tyd.
 
Daar is baie redigeringswerk wat voorlê. Ons wens ons kon die DVD’s almal al reeds vir julle vrystel. Onthou, daar is baie gebed vir die redigeringswerk ook nodig.
 
Ons groet u in die Naam van die Here Jesus Christus,
 
Naas en Marina
 
BID ASSEBLIEF SAAM
Dank die Here vir sy getroue onderneming tydens die vorige twee toere en bid die keer ook vir:
~ Die veilige reis en gesondheid van almal op die toer (24 Junie tot 10 Julie);
~ Vir Dr. Randall Smith se aanbieding elke dag op al die verskillende plekke, ook op die skip terwyl ons na die eilande vaar waar hy 6 verskillende boodskappe sal lewer oor Paulus se lewe, sy briewe en sy reise.
~ Vir ons hantering van al die apparaat en die keuse van wat daarvan per geleentheid gebruik moet word;
~ Dat Randall nie onnodig deur ander groepe onderbreek word tydens sy aanbiedings nie;
~ Dat sekuritiesbeamptes ons nie verhoed om af te neem nie;
~ Vir ons vir krag en gesondheid en die vermoë om alles reg te kan afneem;
~ Vir almal se gesondheid asook vir die weersomstandighede gedurende die toere.

U is welkom om die nuusbrief aan te stuur na enigiemand wat sou belangstel.
Copyright © *|2016|* *|Kerugma Productions|*, All rights reserved.


Our mailing address is:
info@kerugma.org

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Kerugma Productions · 5 Langmark Straat · PEARLY BEACH, Western Cape 7221 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp