Copy
It's Amazing! ZT
Junie 2020
Indien jy op 'n meer gereelde basis nuus van It's Amazing!ZT wil ontvang, stuur gerus vir my jou selfoonnommer sodat ek video clips en fotos vir jou kan aanstuur.
Ek onderneem om NIE jou WhatsApp te oorlaai NIE!
WhatsApp my gerus: Lisa Truter: 072 390 7437
 
STOP!!!
Daar was ‘n ander lewe
voor die Covid-19 pandemie!
Tydens die 21x21 Online TV se Gala-aand het It’s Amazing! ZT derde plek ingepalm en R 45 000 ontvang. Die aanbieding het bestaan uit 21 Powerpoint slides, elk 21 sekondes lank, en weë jou as jy langer as 21 sekondes praat!
Gaan loer gerus: https://youtu.be/553Ph5XN8bU

Hallo It’s Amazing!ZT - familie,

Dag 2497 van inperking, okay, okay Dag 74.


Pynappels kos R 60 op die Kaapse Vlakte en almal brou nou bier van aartappelskille. Die banana is die nuwe benaming vir BB tabak toegedraai in Weet-Bix bokse se karton, want teen R 200 per pakkie sigarette kan geen mens dit bekostig nie. Ewe skielik gee die vroue nie meer om as die mans ‘n mandrax pilletjie en bietjie dagga saam met die BB tabak rol nie, want dan is hulle rustig en slaperig.
 
2020 is a unique Leap Year. It has 29 days in February, 180 days in March, 9 months in April, and so far, we are 6 years into May.

Of soos Brendon (13 jaar oud) sȇ: "Antie Lisa, die dae gaan ssstttttaaaaaarrrrrriiiiiiiiiig, ek kan nie meer nie net so sit hier in die huis nie."


It’s Amazing! ZT is 10 jaar oud hierdie jaar en partytjies met maskers en social distancing was nie deel van die beplanning van ons feësvieringe nie.

‘Ons is almal patologies moerig’, sȇ Blouwillem (rubriekskrywer in o.a. Die Burger).

En dan kom Richard Rohr met: ‘We do not think ourselves into new ways of living, we live ourselves into new ways of thinking.’

Eenvoudig gesȇ: Plan as you go. En dit is ook makliker gesȇ as gedaan.

By It’s Amazing!ZT is plan as you go aan die orde van die dag en ons doen wat ons hande vind om te doen. 

Aan die heel begin het die hele It’s Amazing !ZT spanlid ‘n klein toelaag gekry om aankope te doen om hulle huise in te rig met sanitiser, wipes, Jik en allerhande ander dinge. Hulle het ook bewusmaking gedoen by hulle bure en sommer oral waar hulle met mense te doen gekry het in hulle omgewing.

Ons gereelde programme mag nie meer plaasvind nie. Ons gee kos vir die kinders, veral waar daar nie ‘n voedingskema naby is nie. Ons deel ook activity packs uit vir die kinders en gee belonings vir die wat hulle werk weer kom inhandig.

MAAR, altyd die groot MAAR – ons bly ongemaklik met mekaar. Ons mag nie drukkies gee nie, ons mag nie naby aan mekaar kom nie. Ons mag nie gesellig saambondel en boek lees en gesels nie. Ons sukkel met die maskers wat net nie reg wil sit nie.

Die It’s Amazing! ZT span het kreatiewe maniere gevind om liefde te wys – In Badsberg Close en Gugulethu is ‘n spuit sanitiser en lekker kos gelykstaande aan ‘n drukkie.

In Cathkin is aflewering van handwash in 2 liter bottels, inkleurboeke en snack packs gelykstaande aan omgee en in Bonteheuwel is ‘n knipogie en ‘n peanut butter broodjie die manier waarop liefde gewys word.. In Khayelitsha wys mama Ethel (75 jaar oud) liefde deur by die huis te bly en te bid.


Vrywaring 😊 : ons almal doen al beter met die social distancing en die maskers dra as wat dit dalk op die fotos lyk.


Tussendeur is die span ook besig met tuisonderrig vir hulle eie kinders en kleinkinders en ander mense se kinders onder baie moeilike omstandighede. Hulle werk by sopkombuise en doen bewusmaking in die gemeenskap en die Arts&Crafts teacher doen solank voorbereiding vir wanneer die klasse weer kan begin.

Aan die einde van Maart is twee van die span van Guglethu positief getoets vir die Corona-virus en was ontsettend siek. Die sisteme van toets en kwarantyn en in die hospitaal opge-neem word was nog glad nie in daardie tyd ter sprake nie en Nosiphiwo se liggaaam moes eers heeltemal ineen-stort voordat sy in Groote Schuur Hospitaal opgeneem is. Gelukkig ge-beur wonderwerke en albei is gesond en aan die gang. Ek is ook ontsettend dankbaar dat die sisteme nou min of meer in plek is.

Baie van die It’s Amazing! ZT span is op die oomblik in self-isolasie en wag op die uitslae van hulle toetse – Heideveld, Cathkin, Khayelitsha en Gugulethu se statistieke van infeksies styg daagliks en bly heel bo aan die lys van brandpunte.

BAIE DANKIE


aan elkeen wat steeds vir It’s Amazing! ZT ondersteun ten spyte van ontsettende moeilike finansiele tye. Elke bydrae, groot en klein maar n reuse verskil. Dankie vir elke truitjie, mus, warm klere, komberse, maskers en allerlei ander dinge. Die hele span is toegewyd om nóg meer spaarsamig te werk met dit wat ons het en ek staan keer op keer verstom.

My wens vir jou:

 

So that I may be reasonably happy in this life 
And supremely happy with Him 
Forever and ever in the next. 

 
(geneem uit Serenity Prayer – Reinhold Neibuhr)
 
En wat die toekoms ookal na It’s Amazing! ZT se kant toe gooi:

Dit is en bly kwaailappies*.


- Lisa Truter

*kwaailappies – it’s amazing

Die It’s Amazing! ZT span is toegewyde bidders en het onderneem om vir elkeen wat deel is van die It’s Amazing! ZT familie te bid.

Julle is ook welkom om gebedsversoeke deur te stuur wat ek dan met die span sal deel.

Serenity Prayer –
Reinhold Neibuhr (1892-1971)


God grant me the serenity 
To accept the things I cannot change; 
Courage to change the things I can; 
And wisdom to know the difference. 
Living one day at a time; 
Enjoying one moment at a time; 
Accepting hardships as the pathway to peace; 
Taking, as He did, this sinful world 
As it is, not as I would have it; 
Trusting that He will make all things right 
If I surrender to His Will; 
So that I may be reasonably happy in this life 
And supremely happy with Him 
Forever and ever in the next. 

Amen. 




A picture tells a thousand words…


So jaar of wat gelede het ek ‘n franse kunstenaar, Johann Gosselet raakgeloop op facebook. Hy is ontsettend talenvol en gebruik klein metaal robotmannetjies om lewenswaarhede en emosies oor te dra.
Hier kan jy hierdie kunstenaar vind:
www.gosseletjohann-joh.com
https://www.facebook.com/joh.sculpt/


Lockdown maak alles anders:

It’s Amazing! ZT
bestaan uit ‘n verskeidenheid gemeenskapsprogramme wat ondere andere insluit: vroeë kindontwikkeling, tienerondersteuningsgroepe, naskoolprogramme en uitreike in verskillende gemeenskappe op die Kaapse Vlakte, kosvoorsiening en nog baie meer. Tans is daar programme in Hanover Park, Heideveld, Bonteheuwel, Gugulethu, Cathkin en Khayelitsha.

Vir meer inligting kontak
Lisa by lisa@itsamazing.org.za / 072 390 7437
BAIE DANKIE aan elke donateur - sonder julle ondersteuning sou niks van hierdie dinge moontlik kon wees nie.
Email
It's Amazing! ZT Facebook page
Website - It's Amazing! ZT

Banking Details


Bank Name:  ABSA
Name: Zoe Trust 
Account Number: 9222071195 (Savings Account) 
Branch Code: 632005 

Swift-Code: ABSA ZA JJ
Public Benefit Organisation – PBO 930 028 203 
Non Profit Organisation –  153-985 NPO

 

 







This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Zoe Trust · 5 Orange Street · PO Box 910 · Parow, Cape Town 7500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp