Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser

Daar is min dinge wat ‘n geloofsgemeenskap só in harmonie kan laat funksioneer as die fokus aan die een kant op onderlinge versorging en aan die ander kant op standvastig saamstaan in die geloof.

In dié mate wat ons vir mekaar voorbeelde van standvastigheid in die geloof verskaf, in dié mate versterk ons die band wat ons aan mekaar bind.

Dit is iets wat van leiers gevra word. Dit is iets wat net soseer van volgelinge gevra word.

Dit is die boodskap wat Petrus vir ons in hoofstuk 5 van sy eerste hoofstuk gaan gee. Staan sterk in die geloof sodat ons kan Volhard vol van Vreugde, die tema van ons reeks.

Dit is so heerlik om die onderlinge hulpbetoon waar te neem. Mense wat ons noodfonds ondersteun. Mense wat help met hulpverlening. Uitsortering van klere. Kos. Bel. 

Hou so aan!

Luister saam met ons hierdie Sondag om 09:00 na die Woord van die Here op Youtube met die tema uit 1 Petrus 5:5-11: Staan sterk in die geloof.

Chris van Wyk
14 Mei 2020

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is op hande. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi. Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”

1. Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
2. Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
3. Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
6. God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
7. God  bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
8. Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
9. God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22

Gebruik hierdie boek van my om jou hierdie Pinkster in te studeer in die boodskap van Openbaring.

Laai dit hier af.


Hier is die Inhoudsopgawe

Inleiding

  • Die Openbaring van Jesus Christus
  • Skrywer
  • Boodskap aan die eerste gemeentes
  • Boodskap aan alle gemeentes
  • Openbaring, profesie en brief
  • Struktuur
  • Verskillende interpretasies deur die eeue
  • Die struktuur van die sewe briewe in Openbaring 2-3
  • Hoe om Openbaring te lees

1. Jesus kom weer

  • ’n Openbaring deur Jesus Christus – Openbaring 1:1-3
  • Johannes se boodskap – Openbaring 1:4-5a
  • Lofprysing aan die Verlosser – Openbaring 1:5b-8
  • Johannes se visioen van Jesus Christus – Openbaring 1:9-20

2. Bly getrou

  • Die boodskap aan Efese: “Herontdek julle eerste liefde” – Openbaring 2:1-7
  • Die boodskap aan Smirna: “Bly getrou tot die dood toe” – Openbaring 2:8-11
  • Die boodskap aan Pergamum: “Stry teen valse leringe” – Openbaring 2:12-17
  • Die boodskap aan Tiatira: “Stry teen onsedelikheid” – Openbaring 2:18-29

3. Bekeer julle

  • Die boodskap aan Sardis – “Versterk die wat oor is” – Openbaring 3:1-6
  • Die boodskap aan Filadelfia – “Gaan deur die oop deur” – Openbaring 3:7-13
  • Die boodskap aan Laodisea – “Bekeer julle” – Openbaring 3:14-22

4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls

  • God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid – Openbaring 4
  • Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer – Openbaring 5
  • God se oordeel ontvou met sewe seëls – Openbaring 6
  • God se mense op aarde – Openbaring 7:1-8
  • God se mense in die hemel – Openbaring 7:9-17

5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette

  • Die eerste vier trompette van die sewende seël en ons gebede – Openbaring 8:1-13
  • Die vyfde trompet pynig die mense sonder God se seël – Openbaring 9:1-12
  • Die sesde trompet maak ’n derde van die mense dood – Openbaring 9:13-21
  • Die kerk verkondig die verlossende oordeel van God – Openbaring 10
  • Twee getuies – Openbaring 11:1-14
  • Die sewende trompet – Openbaring 11:15-19

6. God beskerm sy kerk

  • Die stryd van die geloofsgemeenskap met die draak – Openbaring 12:1-6
  • Die stryd tussen Migael en die draak in die hemel – Openbaring 12:7-12
  • Die draak se oorlog teen die geloofsgemeenskap op aarde – Openbaring 12:13-17
  • Die dier uit die see – die antichris – Openbaring 13:1-10
  • Die dier uit die aarde – die vals profeet – Openbaring 13:11-18
  • Die Lam vergader die kerk as sy eiendom – Openbaring 14:1-6
  • Die finale oordeel en verlossing word aangekondig – Openbaring 14:7-13
  • Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel – Openbaring 14:14-15:4

7. God bevry sy kerk met die sewe bakke

  • Die oordeel breek onafwendbaar aan – Openbaring 15:5-8
  • God se sewe bakke van oordeel vernietig Babilon – Openbaring 16
  • Die prostituut Babilon – Openbaring 17:1-6
  • Die betekenis van die vrou en die dier – Openbaring 17:7-18
  • Die oordeel oor Babilon bring bevryding vir die kerk – Openbaring 18:1-19:4

8. Die bruilof van die Lam breek aan

  • Die bruilofsfees van die Lam van God – Openbaring 19:5-10
  • Die Woord van God op sy wit perd oordeel regverdig – Openbaring 19:11-21
  • Die vasketting van Satan en die duisendjarige vrederyk – Openbaring 20:1-6
  • Die finale oorwinning oor die Satan – Openbaring 20:7-10
  • Die finale “wit-troon” oordeel en die Boek van die Lewe – Openbaring 20:11-15

9. God skep hemel op aarde vir sy volk

  • Die koms van die nuwe hemel en aarde – Openbaring 21:1
  • Die vestiging van die Nuwe Jerusalem – Openbaring 21:2-8
  • Die heerlikheid van die Nuwe Jerusalem – Openbaring 21:9-27
  • Die heerlikheid van God
  • Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem
  • Water van lewe en genesing vloei uit die Nuwe Jerusalem – Openbaring 22:1-5
  • Die Here Jesus Christus kom verseker weer – Openbaring 22:6-21

Verwysings en verdere leeswerk

Beste Lidmaat

NOODFONDS – NG KERK SOMERSTRAND

Ek verwys na die huidige krisistyd in ons land en ook in ons Gemeente. Dit blyk duidelik dat sommige gesinne finansieël net nie kan oorleef nie. Dan praat ek nie van ‘n normale lewe nie maar van fisiese basiese benodighede soos kos en toilet benodighede wat nie bekostigbaar is nie.

Daarom het die Dagbestuur van NG Kerk Somerstrand dit goed gedink om ‘n noodfonds op die been te bring. Die fondse sal aangewend word om nood in ons eie Gemeente te verlig.

Die bankbesonderhede is soos volg:
Naam: NG Kerk Somerstrand
Bank: Absa
Tiepe Rek: Tjek
Rekening nr: 01008731388
Takkode: 632005
Verwysing: Noodfonds NG Somerstrand

Ten einde die bestuur van die fondse akkuraat te monitor sal dit waardeer word as die verwysing “Noodfonds NG Kerk Somerstrand” gebruik word soos hierbo uiteengesit. Epos asseblief die bewys van betaling aan PW Moolman, epos adres pw@pwmfb.co.za.

Bogenoemde is regtig vir ‘n goeie saak en doen ek ‘n beroep aan broers/susters om ‘n bydrae te maak, hoe gering ookal.

Die gebruik van die fondse sal gereeld met die Gemeente kommunikeer word.

Groete,
PW Moolman (Geteken)

Namens Dagbestuur
Copyright © 2020 NGK Somerstrand, All rights reserved.


unsubscribe from this list    update subscription preferences 

Email Marketing Powered by Mailchimp