Copy

Nuusbrief: 29 Mei 2020

Here, help asseblief die mense
Vir wie bid jy almal?
 
Vir jou huweliksmaat? Bid vir mekaar! Gee ondersteuning aan mekaar in gebed en seën mekaar tot ‘n man van Psalm 1 en ‘n vrou van Spreuke 31. Spreek dit oor mekaar. Bid vir guns; bid vir goedheid vir mekaar. Dra mekaar in gebed; hou mekaar onder die Bloed van Jesus!
 
Natuurlik vir die wat ons hart se punt is ... Ek het soveel keer al gesien hoe die bekommernisse oor my naaste mense verdwyn of gelig word as ek bid. Al kan ek dalk niks anders doen nie, kan ek bid. En Hy tot Wie ek bid is binne my geliefdes, en ek weet soos wat ek weet wat ek weet Hy sal hulle help, hulle beskerm en hulle lei. Hy sal met hulle wees en hulle bystaan.
 
Moenie die krag van COMMUNION oor die foon geringskat nie. Dit is altyd vir my kosbaar om te hoor waarvoor my dogters vra ek saam met hulle moet bid. En glo my, hulle slaan nie eers die politieke leiers oor nie – hulle ken van “amen” sê en saam stem (volgende week skryf ek oor in die Naam van Jesus bid).
 
Baie keer sal ek besig wees met iets onbenulligs of in die tuin werk en dan is dit asof Heilige Gees ‘n foto van iemand voor my sit. Die oomblik wanneer dit gebeur dink ek in gebed aan daardie persoon, hoewel ek nie eers weet wat aangaan nie, en soms soos dit God se wil is, word daar vir my meer op daardie oomblik gewys en dan sal ek soos ek gelei word Skrif vir daardie persoon stuur en die antwoord sal altyd terugkom: “Hoe het jy geweet?” Ek het nie geweet nie, maar Heilige Gees het geweet en my maar net aangemoedig om hierdie persoon te bemoedig met wat eintlik maar ‘n antwoord is of bevestiging wat hierdie persoon nodig het.
 
Nou hoe gemaak as ek hierdie foto sien en daardie persoon het my kwaad aangedoen? Dan bid ek in elk geval vir daardie persoon deur sommer weer die een te vergewe en vry te spreek sodat ek daardie persoon kan opdra aan God. As ek vir iemand bid, dan het daardie persoon geen persoonlike invloed op my nie, maar God Die Heilige Gees het wel ten volle beheer daardie oomblik oor my. Dit is so moeilik, MAAR ek kies om eerder gehoorsaam te wees en te bid.
 
Psalm 109:4 – Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
 
Eers wanneer jy vir jou vyande kan begin bid, sal jy agter kom hulle het nie meer ‘n so ‘n groot en negatiewe invloed of houvas op jou nie. Gooi daardie vloeke van jou af in gebed; maak klaar met daardie beledigende woorde wat jou gekrenk het. Verstaan waarom daardie mense jou agtervolg, want hulle word deur die kwaad van die vyand vir jou gedryf. Onthou dié woorde: ons stryd is nie teen die mens nie, maar teen dit wat agter die mens is en die mens vergiftig om jou seer te maak.
 
Matteus 5:44 – Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg ...
 
Bid tot God vir mense wat in die bediening moet staan. As ons niks goeds oor iemand in die bediening kan sê nie, los dit in God se hande – laat staan los praatjies oor koppies tee wat ydele woorde kan word waarvan ons rekenskap gaan moet gee. Laat ons veral versigtig wees om nie in die proses Die Heilige Gees te bedroef net omdat ons nie verstaan wat in ‘n bediening aangaan of omdat die bediening vir ons vreemd is nie. Dit is Die Here se oes en Hy sal vir Sy oes arbeiders stuur wat Hom sal verheerlik. Moenie ophou bid vir bedienaars nie – dat hulle nie in die mens se wil sal verval nie, maar in God se wil sal bly.
 
Matteus 9:38 – Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
 
Bid vir mekaar in die gemeente ... ALTYD!
 
Kolossense 1:3 – Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid ...
 
Handelinge 14:23 – En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
 
Wees getrou as iemand jou vertrou
 
Moet nooit die swakpunte in die persoon sien vir wie jy die geleentheid gegee word om te bid nie, maar sien altyd die groter prentjie wanneer jy met passie die uitkoms en die oorwinning bid.
 
Jakobus 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
 
As bedienaars, laat ons vir mekaar bid eerder as om mekaar met kraai-oë dop te hou. Laat ons eerder besef dat ons saam met Heilige Gees moet werk as uit ons eie gees of koninkryk uit.
 
Handelinge 6:4 – ... maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.
 
Handelinge 14:23 – En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
 
Ja, bid aanhoudend en gedurig – vir jou grond, jou diere en vir alles wat leef en asemhaal, want Wie het hulle geskep?
 
Ek vat saam … Die drie levels van gebed waarin nooit ‘n lockdown kan wees nie. God, U is goed! God Die Vader, God Die Seun (Jesus Christus) en God Die Heilige Gees.
 
Here, help my asseblief.
Here, help asseblief ander mense.
 
Bid en hou aan bid in dankbaarheid dat 2020 die jaar van THE FAVOUR OF THE LORD is!

 
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp