Copy

Nuusbrief: 5 Junie 2020

Hoe volmaak moet ek wees om aan Jesus te kan raak?
Wat sou jy sê is die voorwaarde om die hemel in te gaan en voor Jesus te staan EN Hom aan te raak? Ek dink ons sal baie verskillende antwoorde kry en ook die Woord aanhaal dat niks onrein of sondig daar kan staan nie.
 
Hierdie Skrif het my op my knieë gehad in ‘n gesprek met Heilige Gees. Nie die Afrikaanse weergawe nie, want ek kon dit nie mooi verstaan nie, maar toe ek die Engels gelees het, was ek weggeruk in daardie skare van die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het ...
 
Hebrews 4:15 – For we have not an high priest which cannot be touched with the feeling of our infirmities; but was in all points tempted like as we are, yet without sin.
 
Hebreërs 4:14 – Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
 
Hebreërs 4:15 – Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
 
Besef na hierdie nuusbrief dat ek en jy Jesus kan AANRAAK met die gevoelens van ons swakhede, en in vandag se tyd is ons almal touchie oor die woord “aanraak/touch”, want skielik is dit verbied deur hierdie onsigbare ding wat voel dit kyk vir ons en dit beheer ons.
 
Is ons nie maar ook soos hierdie vrou wat aan bloedvloeiing gelei het nie? Hoeveel keer het ons nie ons hoop op iets gesit vir genesing, vir antwoorde, vir uitkoms, vir herstel of wat ook al nie? Sou jy die skare vra, dan sou hulle omdraai om haar met klippe te gooi, want hulle wet het gesê so ‘n bloeiende vrou is onrein. Ek kan maar net my bedenkinge hê wat die dissipels sou sê. Jy moes iets groots gesondig het om so gestraf te word. Dalk wag jy al so lank, maar jy kan nog wag, want jy wou mos jou genesing op verkeerde plekke gaan soek het ... Of dalk ‘n wag van: “Ons weet nie eers wie jy is nie, ons is op pad na Jairus se dogtertjie toe – ‘n vername man wie se dogtertjie van twaalf op sterwe lê.” Jy sien hierdie vrou wat twaalf jaar lank hoop gehad het om elke keer iets anders te probeer vir haar genesing het geweet dat een van haar stukkies hoop onverklaarbaar aan haar die moed gegee het om in daardie skare van agter Hom aan te raak.
 
Haar swakheid en haar gevoel van “ek kan nie meer so aangaan nie” het haar laat waag om te glo:
 
Maleagi 4:2 – Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
 
Sy het geglo as sy Hom maar net aan Sy soom kan aanraak, dan sal haar nuwe dag breek, dan sal geregtigheid oor haar skyn en sal dit nie meer gaan oor wat een in die skare sê nie, maar al wat sal saak maak is dat met haar swakheid het Sy aan Hom geraak en onder Sy vleuels, onder Sy soom, onder Sy Naam het sy gesond geword en het haar bloedvloeiing gestop. Het jy al daaraan gedink hoe dramaties hierdie AANRAKING HIERDIE VROU VERANDER HET?
 
Ek weet nie wat jou swakheid is nie ... Vir my persoonlik is dit wat my swak maak dat ek nie my dogters of my geliefdes teen my kan vasdruk nie. Almal van ons voel finansieel dieselfde, maar dit maak my nie swak nie. Wat my swak maak is hierdie beheer ding. Soos ek vir my vriendin sê: “Hierdie ding laat jou lieg – oop en bloot – as jy voorgekeer word deur die polisie oor waarheen jy op pad is en wat jy daar gaan maak.” Ons is nie in ‘n lekker tyd of goeie plek nie. Vandag wil ek vir jou in Lockdown Level 3 sê wat my vashou terwyl ek skryf ...
 
Johannes 14:14 – As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
 
Ek kan Hom aanraak so sondig soos wat ek is, en as ek God iets vra in Jesus Naam, dan kyk God na Jesus en nie na my nie. Sy geregtigheid staan dan voor Vader en nie my eie geregtigheid wat ek soms dink so en so sal ek voor God mag staan nie, en so skoon moet my hande wees om Jesus aan te raak nie.
 
RAAK HOM AAN; GRYP HOM AAN totdat jy voel Sy krag word joune.
 
Wie kan Jesus aanraak? Hy en sy wat so swak is en so vol emosies is dat hulle weet net JESUS KAN HULLE VOOR GOD VERDEDIG EN NET JESUS KAN DIT WAT HULLE SWAK MAAK KOM HEEL MAAK.
 
Baie keer as ek mediteer op die woord THIS IS THE YEAR OF THE FAVOUR OF THE LORD, dan dink ek: “Menslik dink mense seker wat ‘n valse profesie,” maar dan kom Heilige Gees en herinner my aan wat daardie favour is – SHOW ME YOUR GLORY.
 
Habakuk 2:14 – Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
 
Leer ons nie maar die waarheid oomblik vir oomblik in hierdie lockdown-tyd ken soos die vrou van bloedvloeiing nie? Jy kan maak wat jy wil, maar net by Jesus lê die krag om hierdeur te kom; net by Jesus lê die redding. As ek Hom net kan aanraak soos ek is, dan SAL SY GEREGTIGHEID OOR MY SKYN, SAL EK GENEES WORD EN SAL EK WEER DIE LEWE KAN GENIET, maar sonder om ooit te vergeet watter lesse ek hierdie tyd geleer het.
 
1 Timoteus 2:5 – Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
 
Lees jy raak die mens CHRISTUS JESUS? Raak Hom aan soveel keer jy nodig het, net soos jy is, en laat ons bly vorentoe kruip tot ons Hom aanraak. Hierdie TYD gaan VERLEDE TYD WORD ... Ons het ‘n mooi toekoms – SHOW ME YOUR GLORY!

 
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp