Copy
KERUGMA Bulletin
www.kerugma.org
Tel. 0861 786 831

Sel 073 979 3032
View this email in your browser
Wie kan die dag van sy koms verdra? Wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter ... En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die Here in geregtigheid ’n offer sal bring (Mal. 3:2-3).
 
HERINNERING

Beste Kerugma Ondersteuner,
 
Hierdie Bulletin is maar net ‘n herinnering dat die twee DVD’s van Petr Jašek wat ons vroeër die maand vrygestel het, nog net tot 31 Augustus teen die spesiale bekendstellingsprys van R79.95 elk beskikbaar is.
 
Ons is opgewonde oor die wat dit reeds gekry het, want ons stel dit vir ons ten doel om hoë gehalte produksies te maak tot voordeel van almal wat dit kyk. Vir ons was dit tot groot seën om dit te kon afneem en redigeer en daarom begeer ons dat almal dit ook sal kan sien. Een ding waaroor ons spesifiek opgewonde is en wat ons graag wil hê dat u almal moet sien is dat ons spesiaal vir die maak van die DVD’s ‘n persoon gaan afneem het wat metaal smelt om voorwerpe daaruit te giet. Dit is soos wat Spreuke 25:4 byvoorbeeld sê: “Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ’n voorwerp uitkom.”
 
Die rede daarvoor is dat Petr na die beeld van die silwersmid wat die Here in die teks hierbo gebruik, verwys en ons wou graag vir u toon hoe dit werk. Van daar die titel van die een DVD naamlik The Refiner's Fire. Daarin noem hy dat wanneer die smid die silwer smelt en dit te lank in die vuur los, bederf dit en gaan dit verlore. Dit is soos Jesaja 1:22 ook sê: “Jou silwer het skuim geword.” Dan verduidelik hy hoe iemand vir ‘n silwersmid gevra het hoe hy weet wanneer dit die regte oomblik is om dit uit die vuur te haal. Petr sê dan dat die silwersmid net geglimlag het en verduidelik het dat dit die maklikste deel van die hele proses is. Hy smelt die silwer en skep die loog af tot op die oomblik wanneer hy sy eie gesig in die smeltende silwer kan sien, dan haal hy dit uit!
 
So ook plaas die Here sy kinders, soos hy in hul lewens werk, in ‘n smeltkroes totdat Hy “die beeld van sy Seun” in hulle kan sien.
R79.95 tot 31 Augustus 2019
R79.95 tot 31 Augustus 2019
Wanneer u hierdie besondere DVD sien, en sien hoe ‘n gesig in die gesmelte metaal weerkaats, kan u ook saam met die bogenoemde tekste ‘n slag die volgende paar tekste, in die gedeeltes waar hulle voorkom, gaan lees. U sal die beeld van die silversmid in die Bybel dan soveel beter verstaan:
 
Jesaja 48:10 “Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.”
Jeremia 6:30 “Hulle word genoem: ‘Verworpe silwer; want die Here het hulle verwerp.’”
Esegiël 22:22 “Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die Here, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.”
Sagaria 13:9 “Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ’n mens silwer smelt en hulle toets soos ’n mens goud toets.”
 
Dit is wonderlik om te weet dat ons hemelse Silwersmid ook weet om ons op die regte oomblik uit die vuur te haal – wanneer Hy sy einddoel bereik het en sy Naam daardeur verheerlik word (Jak. 5:11).
 
Petr Jašek getuig dan ook in hierdie DVD’s hoe hy proefondervindelik ervaar het dat “God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek (of getoets) word nie; maar Hy sal saam met die versoeking (die loutering) ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Kor. 10:13).
 
Ons herinner u ook net graag dat die DVD’s ook aanlyn op die Kerugma webtuiste by www.kerugma.org gekyk of gekoop kan word – teen ‘n spesiale prys, soos aangedui, tot 31 Augustus.
 
Mag die Here Jesus u seën,
Groete in sy Naam,
Naas en Marina le Roux

Donasies:
Kerugma Productions is ‘n geloofsbediening. As die Here dit op u hart lê om hierdie bediening finansieel te ondersteun, is u welkom om dit te doen op ons webtuiste deur die Donate skakel by www.kerugma.org. U is ook welkom om ons te kontak by info@kerugma.org vir die bankbesonderhede.

 
Copyright © *|2016|* *|Kerugma Productions|*, All rights reserved.


Our mailing address is:
info@kerugma.org

Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Kerugma Productions · 5 Langmark Straat · PEARLY BEACH, Western Cape 7221 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp