Copy

KERUGMA Bulletin                      View this email in your browser
www.kerugma.org
Tel. 0861 786 831

“Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie” (Open. 3:8).
 
BROER ANDREW VIER SY 90STE VERJAARSDAG!
 
Beste Kerugma Ondersteuner,
 
Die stigter van Geopende Deure, Broer Andrew, is vanjaar 90 jaar oud. Presies 10 jaar gelede het ons hier by Kerugma die besondere voorreg gehad om ‘n optrede van die destydse 80 jarige Broer Andrew te verfilm. Die entoesiasme waarmee hierdie Bybelsmokkelaar vertel het van hoe hy besig was om Bybels in moslemlande soos Iran in te smokkel, die Christene in die lande te ondersteun en die leiers van Gamas persoonlik met die Evangelie te konfronteer, was aansteeklik! Dit was merkwaardig om iemand op daardie ouderdom te hoor praat asof sy bediening toe eers begin het! Ons het hierdie optrede van Broer Andrew as DVD vrygestel met die titel van die vraag wat hy herhaaldelik gevra het, naamlik How Much Do We Really Care?
 
Weens die viering van Broer Andrew se 90ste verjaarsdag hierdie jaar maak ons graag hierdie besondere DVD van nou af tot 29 September 2019 beskikbaar teen die spesiale prys van selgs R79.95. Dit is ook aanlyn beskikbaar op www.kerugma.org om te kyk teen slegs $1.99 of om te koop teen slegs $5.95.
 
Broer Andrew glo dat daar geen deur is wat gesluit is vir die Evangelie van Jesus Christus of om Bybels deur in te neem nie. Dit is iets om te glo juis in ons tyd waar Christen vervolging oral oor so vel toeneem.
 
Geopende Deure sê op hul webtuiste, www.opendoors.org dat wanneer hulle Broer Andrew die stigter van hul organisasie noem, dit moontlik die idee mag wek van ‘n persoon wat in ‘n netjiese pak klere vergaderings in ‘n raadsaal lei. Die werlikheid, sê een van die werkers by Geopende Deure, is egter dat hy hul hoof avontureer en leidende waaghals is. Iemand wat deur sy voorbeeld leiding neem en andere inspireer. So het hy as gevolg van sy bekende boek, God Se Smokkelaar, bekend geword as die persoon wat sy lewe telkens op die spel geplaas het in sy pogings om Bybels vir die vervolgde Christene agter die ystergordyn in te smokkel en dit op die tyd toe die Koue Oorlog op sy velste gewoed het.
 
In die DVD How Much Do We Really Care? toon ons egter ook van sy nuutste werke en vertel hy self hoe hy sedert die val van die ystergordyn net so voortgegaan het in baie ander, selfs ook moslem lande. Waarlik ‘n verstommende verhaal van waagmoed terwille van die Naam van die Jesus wat jou gered het. Iets wat net die God van die Bybel in sy kinders kan werk.
 
As u reeds die DVD het, geniet dit om dit weer te kyk. Indien nie, ons sal baie graag wil hê dat u een daarvan vir uself moet aanskaf. Miskien kan u meer as een kry om ook vir ander kinders van die Here te gee.
 
Mag die Here u ook inspireer tot dit wat Hy deur u in u besonderse omstandighede wil doen.

 
Ons groet u in die Naam van die Here Jesus Christus,
Naas en Marina le Roux

Donasies:
Kerugma Productions is ‘n geloofsbediening. As die Here dit op u hart lê om hierdie bediening finansieel te ondersteun, is u welkom om dit te doen op ons webtuiste deur die Donate skakel by www.kerugma.org. U is ook welkom om ons te kontak by info@kerugma.org vir die bankbesonderhede.
 
Twitter
Facebook
Website
Copyright © 2019 Kerugma Productions, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp