Copy
Welkom by Oktober 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

RPO geskok oor aankondiging van Botswana oor lewendige bees-uitvoere

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het met skok en verbasing kennis geneem van die feit dat Botswana se Minister van Landbou-ontwikkeling en Voedselsekuriteit aangekondig het dat beeste op 'n tydelike basis toegelaat sal word om vir slagting uitgevoer te word.  Botswana se wetgewing het dit nog altyd verhoed.

Die aankondiging dui daarop dat ‘n maksimum van 30% van totale kuddes uitgevoer mag word. Die aankondiging het ten doel om boere in die huidige droogtesituasie te ondersteun.

Lees meer ...

Die jongste bek-en-klouseer-situasie

 
Dit is onwaarskynlik dat die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid, die OIE, die herinstelling van Suid-Afrika se bek-en-klouseer-vrye-sone sal goedkeur indien die vereiste inligting nie betyds voorsien is nie, het dr Pieter Vervoort, Besturende Direkteur van die nasionale Dieregesondheidsforum, gesê.
 
In so ‘n geval sal Suid-Afrika tydens ‘n later stadium weer vir ‘n siektebeheersone aansoek moet doen of tot Mei 2020 moet wag om tydens die OIE se algemene vergadering aansoek te doen vir vrystelling met inbegrip van die huidige beheergebiede.
Lees meer ...

Eet vleis en beveg klimaats-verandering


Boere sê mense kan ‘n bydrae tot klimaatsverandering lewer terwyl hulle rooivleis eet, in ‘n terugvegpoging teen internasionale hoofopskrifte wat ‘n beroep doen vir grootskaalse veranderinge aan die wêreld se boerderymetodes en eetgewoontes.

‘n Verslag van die Verenigde Nasies het daartoe bygedra dat mense honger is vir inligting oor wat hulle moet eet om klimaatsverandering teen te staan. Hoewel die Inter-regeringspaneel oor Klimaatsverandering nie sover gegaan het om aan te beveel dat mense ‘n vegetariese dieet volg nie, het dit aanbeveel dat vleisinname verminder word.
Lees meer ...

Kan Biochar help om jou beeste en skape “groen” te maak?


Navorsing oor biochar kan skaap- en beesvleisprodusente help om produktiwiteit te verhoog en kweekhuisgasvrystellings te verminder deur pasgemaakte biochar by skaap- en beesvoer te voeg, volgens Meat & Livestock Australia (MLA).

Daar word met ‘n nuwe CSIRO projek gepoog om biochar produksieprosesse te omskryf wat pasgemaakte biochar vir insluiting by herkouerdiëte produseer en dan die invloed daarvan op diere se produktiwiteit en vrystellings toets.

Meer as 30 000 droogte-verwante beesmortaliteite in sewe maande aangeteken

 
Soos wat voer en weiding al meer agteruitgaan in die voortslepende droë seisoen, is meer as 30 000 droogte-verwante beesmortaliteite in sewe maande, van Oktober 2018 tot April 2019, in Namibië aangeteken.

Reëns het laat en sporadies geval en daartoe gelei dat aangeplante gebiede beperk is, terwyl gewasse nie ontkiem het nie. Swak wei- en watertoestande het ook ‘n uitwerking op veeproduksie, en in Namibië, Angola en Botswana is die droogte tot ‘n noodsituasie verklaar.
Lees meer ...

Vee deur droogte in Botswana bedreig

 
Volgens die regering van Botswana het die huidige droogte ‘n ernstige impak op die vee en wild in die noordwestelike gedeelte van die land gehad, veral rondom die Ngami-meer, wat ongeveer 1 000km van Gaborone geleë is.
 
Ongeveer 28 000 vee maak op die meer staat, maar die vernietigende droogte het dit laat opdroog, sodat boere nou ver afstande aflê in die hoop dat daar plekke is waar hul diere iets kan kry om te eet.
Bron : https://www.politicalanalysis.co.za/botswana-droughts-threaten-agricultural-activity-and-livestock/
 
Die weibestuurmodel debat duur voort!

In my Januarie 2019 bydrae tot die nuusbrief het ek sommige resultate van hoë veelading, met of sonder vinnige wisseling, bespreek. In ‘n studie in Zimbabwe op savanna was die resultate van Peel en Stalmans hieronder na verwys hoofsaaklik positief.  Om weer kortliks aan te haal: ‘n Vergelyking is gemaak tussen resultate verkry van die Africa Center for Holistic Management (ACHM) en die aanliggende SIzinda Communal Rangelands (SCR). Die algemene veelading op die ACHM was 42% hoër as op die SCR.
Lees meer ...

Skaapvleis SA ondersteun die “Butchers Challenge”

Suid-Afrika is een van die min lande ter wêreld waar verbruikers steeds die volle gebruik maak van tradisionele slaghuise en die ongelooflike vaardighede wat oorgedra word van die een generasie slagters na die volgende. Ons het nou die geleentheid om ons plaaslike slagtersvaardighede tydens die World Butchers Challenge in Sacramento in 2020 te wys, en Skaapvleis SA, saam met BeefUp, ondersteun die Suid Afrikaanse span al die pad, omdat hulle glo dat Suid-Afrikaanse slagters 'n groot rol speel in die opvoeding van die verbruiker en die skuif van 'n goeie kwaliteit produk. 'n Suid-Afrikaanse “training squad” is op 7 en 8 September vanjaar by die National Butchers Challenge gedurende die Fire and Feast Meat and Food Festival gekies en “Team SA”, wat die land sal verteenwoordig by die World Butchers Challenge in Sacramento in 2020, sal uit hierdie groep gekies word. Intussen het 'n groep verteenwoordigers van elke land einde September in Sacramento byeengekom vir die 'Captains Run' ter voorbereiding van die World Butchers Challenge 2020. Lees die volledige persverklaring oor die World Butchers Challenge Captains Run hier: (plaas skakel na pdf World Butchers Challenge Captain Run)

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Oktober 2019

Veesiekte word verbind aan kuddebestuur-stelsel


‘n Nuwe navorsingsprojek werp meer lig op die voorkoms van die skaap- en bokpes (PPR), ‘n wydverspreide en dikwels dodelike siekte wat 80% van die wêreld se skape en bokke bedreig.

Volgens die navorsingspan is die waarskynlikheid dat vee wat as die enigste bron van inkomste van die eienaars bestuur word, groter om met PPR besmet the word as ‘n bestuurstelsel waar die eienaar se inkomste deur ander landboupraktyke aangevul word. Die teenwoordigheid van beeste mag ook tot ‘n groter besmettingsrisiko lei, hoewel beeste nie as die tipese gasheer van die virus beskou word nie.

Lees meer ...

Bulrush Agritech ontvang skenking


Die Suid-Afrikaanse Agri-tegnologie maatskappy Bulrush Agritech het finansiering van R250 000 van ‘n onbekende skenker ontvang. 

Die Kaapstad-gebaseerde maatskappy het die Stockman ontwikkel, ‘n aanlynplaftform wat boere in staat stel om hul reënval, veegetalle en kuddebewegings te volg.
  
Die entrepreneurs het die idee gekry by ‘n boer wat na meer regeneratiewe boerderymetodes oorgeskakel het met behulp van syfers en berekeninge wat hy per hand gedoen het. Dié syfers en berekenings is in die Stockman opgeneem.
  
Dit word tans deur agt bees- en skaapboere in KwaZulu-Natal getoets.
Bron : https://ventureburn.com/2019/09/agritech-startup-bulrush-r250k/https://bit.ly/2lSrGeM

Wat is die storie met beesvleis?

 
‘n Nuwe verslag van die Klimaatsveranderingpaneel (IPCC) het ‘n beroep op mense gedoen om die manier waarop hulle eet, dramaties te verander om verdere klimaatsverandering te verhoed.
 
Maar presies wat het die verslag oor vleisinname gesê? Is diegene wat sê die verslag is misleidend reg?
  
Soos gewoonlik is die aangeleenthede kompleks en kan dit nie in ‘n vinnige boodskap of hoofopskrif oorgedra word nie.
Lees meer ...

Droogte-geteisterde boere van Kenia kry hulp

 
Kenia se droogte-geteisterde boere gaan $2.88m Amerikaanse dollar van die regering ontvang in terme van die Kenia Lewendehaweversekeringsprogram.
 
Altesaam 15 000 huishoudings sal voordeel trek uit dié onmiddellike uitbetalings en boere onder meer in staat stel om voer vir hul vee aan te koop.
 
Die regering het sy verbintenis tot die voorsiening van landbouversekering aan die veeboere herhaal.
Bron : https://www.farmersreviewafrica.com/agri-economics/2019/09/10/drought-stricken-kenyan-livestock-farmers-to-receive-us-2-88m/

Bek-en-klouseer : die prys van oorgerustheid

 
Bio-sekuriteit begin op jou eie plaas en kan nie aan die regering oorgelaat word nie.  Alle rolspelers moet saamwerk, van die plaas tot op die verbruiker se bord.
 
Net ná die bek-en-klouseer-uitbreking in Limpopo teen die einde van 2018 aangekondig is, het die lewendige gewig van afgeronde beeste in ‘n kwessie van vier weke van 27.00/kg tot minder as R23.50/kg geval.
Lees meer ...

Beesvleis
marktendense

 
Internasionale beesvleispryse sal na verwagting oor die kort termyn op ‘n dalende tendens bly weens voortgesette druk en politieke onsekerheid, volgens ABSA Agri Trends.
 
Plaaslike pryse behoort egter relatief stabiel te bly, hoewel dit oor die kort termyn weens die Botswana-direktief behoort te daal. Na verwagting sal dit in November en Desember weens die verhoogde seisoenale aanvraag begin styg.
Lees meer ...

Skaapvleis-marktendense

 
Internasionale en plaaslike pryse behoort oor die medium termyn relatief stabiel te bly. Plaaslike pryse sal na verwagting vanaf November begin herstel weens die verhoogde seisoenale aanvraag, volgens ABSA Agri Trends.
 
Internasionale skaapvleismark
Die internasionale prys van lammers het tydens die week van 20 September week op week met 0.6% gestyg, terwyl ooipryse onveranderd gebly het. Die prys van skaapribbes het week op week met 3.7% gedaal terwyl skaapblaaie onveranderd gebly het.  
Lees meer ...

Huidmarktendense

 
Die huidige huidprys is 64.9% laer as ‘n jaar gelede, volgens ABSA Agri Trends.
 
Gedurende die week van 20 September is pryse deur laer beesslagsyfers ondersteun. Plaaslik het nie veel huide die mark betree nie. Pryse het swak gebly en dit behoort nie oor die medium termyn te herstel nie.
 
Plaaslike huidemark
Die huidige gemiddelde huidprys is R1.78/kg, dit is 16.2% hoër is as die vorige week se prys van R1.53/kg.

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa