Copy
November 2019  |  Sien aanlyn

Ondersteun SCAS en Natale Roelofse


Een van SCAS se vorige uitvoerende hoofde en tans ‘n lid van die SCAS direksie, Natale Roelofse, is tans in Europa met ‘n toergroep om aan wedlope deel te neem. Hy wil die geleentheid gebruik om fondse in te samel vir die Koninkrykswerk wat SCAS doen. Hy het gevra dat ons sy brief hieronder versprei om te vra vir ondersteuning.
Baie dankie
Die SCAS Span
 
SCAS Hardloop vir die Koning /  SCAS Run 4 the King
 
Ek neem weer op 30 Oktober ‘n hardloop-toergroep na Europa om aan 4 wedlope en 2 Parkruns deel te neem. Ek wil die geleentheid gebruik om fondse in te samel vir die Koninkrykswerk wat SCAS doen.  

Ten spyte daarvan dat ek afgetree het in Desember, gebruik ek die geleentheid om met die toer vir SCAS te help met die werk wat hulle doen, maar ek het hulp nodig. Die ‘kinkel in die kabel’ is dat ek op 66 jaar reeds sowat 74 000km gehardloop het, maar dat ek na die toer ‘n heupvervanging moet ondergaan! Ek wou graag die Athene “Authentic” Marathon doen, maar moet nou vrede maak met net ‘n 10km daar! Hierdie mag dalk my laaste geleentheid wees, hoewel ek hoop en vertrou om steeds in die toekoms te kan draf en so te kan help.

Jy het die geleentheid om my vennoot  te word in hierdie saak. Steun asseblief hierdie inisiatief om fondse in te samel vir die uitbreiding van die Koninkryk deur SCAS se sportbediening.

Dit gaan nie oor my, die hardloop of die toer nie, maar oor SCAS se bediening wat ondersteun word. 

Enige finansiële bydrae moet direk in SCAS se rekening inbetaal word met die verwysing R4K (Run for the King) en jou naam en van as verwysing (SCAS Bank besonderhede: ABSA Stellenbosch  |  Tak kode: 632 005  |  Rekening naam: SCAS  |  Rekening nommer: 4055006079.
 
Of jy kan net klik op https://www.givengain.com/cc/r4k-run-for-the-king/  vir ‘n veilige oorbetaling van enige plek in die wêreld. Jy kan ook familie, vriende, kollegas, jou werkgewer, maatskappye, oud SCAS Diensjaar spanlede, SCAS kampuslede, letterlik enigiemand, vra om saam met jou ‘n verskil te maak. Laat weet ook asseblief vir ons van jou bydrae of eers net jou belofte (‘pledge’).  

Baie dankie dat ons jou kan vra en op jou hulp kan staatmaak.
Seënwense
Natale
 

Stel jy belang om ´n "chaperone" te word?

Kontak ons by christo@scas.co.za


KALENDER

Opkomende Uitreike

September – November 2019
Verskeie toerustings geleenthede vir vrywilligers en Bal projek uitreike.

Januarie - Maart 2020
Verskeie toerustings geleenthede vir vrywilligers en Bal projek uitreike.

13-15 December 2019
Kaapstad Sevens Rugby – geleentheid vir vrywilligers om op te tree as chaperones.

5-13 April 2020
Kearsney Rugby toernooi in Durban.

20-25 Maart 2020
Geleentheid vir vrywilligers om op te tree as chaperones by:

1. Wêreld Skole Rugby toernooi  in Pretoria (16 mans); 
2. Drostdy Sport week in Worcester (68 mans en 24 vroue); 
3. SA Kampioenskappe vir Liggaamlik Gestremdes in Port Elizabeth (2-4 mans en 2-4 vroue)

Facebook
Website
Email
Instagram
Wil u graag die nuusbrief in Engels ontvang? Kliek hier om die besonderhede te verander.
 
Nie winsgewende organisasie NPO: 1990/06355/08 PBO: 930012317
Die Eiland, Jonkershoek Pad, Stellenbosch

+27 (0) 21 866 1433 | christo@scas.co.za

Direkteure: Ds. Cassie Carstens, Faffa Knoetze, Herman Mostert, Pieter Kloppers, Natale Roelofse, Dr. Christian P Lodewyk, Nkosinathi Sixabayi, Dawie Snyman, Joseph Jacobs, Coenie De Villiers






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
SCAS · Office@scas.co.za · Stellenbosch, Western Cape 7602 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp