Copy
Hartbees
Hartbees Newsletter | October 2019
Dames & Here,


Hier volg Oktober se nuusbrief.
 

Lede Versoeke, Probleme en Voorstelle:

Die bestuur doen weer ‘n beroep op alle lede om enige versoeke, probleme, onduidelikhede en voorstelle na ons te bring vir bespreking. 

Dit is takbeleid dat ons lede met bogenoemde na die takbestuur sal kom om sake te bespreek wat tot almal se voordeel strek. 


Ons gee graag weer die volgende reels deur vir die gebruik van die baan:
  1. Die baan is nie beskikbaar op Christelike vakansie dae en Sondae nie.
  2. Geen ligspoor ammunisie  (tracers) mag gebruik word op die baan nie.
  3. Daar mag nie na diere (ape, bobbejane, jakkalse, koedoes, tarentale, ens.) op die baan geskiet word nie.
  4. Skakel die baanopsigter (Braam le Roux) voordat u die dorp verlaat en bevestig of die baan beskikbaar is vir die tydperk. 
  5. Geen opdragte mag aan die baanopsigter gegee word nie. Hy sal slegs opdragte uitvoer afkomstig vanaf die uitvoerende bestuur. Enige voorstelle moet asb aan bestuur deurgegee word.

Die datums van vergaderings, skietdae, asook opleiding is op die webblad (www.hartbees.co.za) beskikbaar.

Baanfooie is betaalbaar vanaf Feb 2019. Baanfooie beloop R400 vir lede, en R300 vir seniors. Koeponne is beskikbaar teen R100 per koepon. Die baanfooie vir 2020 bly onveranderd.


 

TERUGVOER VANAF BESTUUR:

  • Koeponne en baanfooie (kontant) kan by my kantore aangekoop word:
    • Lektratek Water Tegnologie, 22b Forsmannstr, Potchindustria.
    • Kontak persoon: Elsabè van der Walt.
  • EFT kan soos per webblad gedoen word.
  • Koeponne is ook beskikbaar by Advance Gunsmithing, CFJ du Plessis gebou, 390 Walter Sisulu laan, Potchefstroom.
  • Ons prysuitdeling funksie vind plaas op 29 November. Sien advertensie en webblad vir meer besonderhede. Ondersteun asb die tak en die lede wat toekennings kry? Die funksie word op versoek van lede gereël en beplan. Bespreking geskied deur betaling van R300 deur EFT of kontant soos per webblad. Gebruik asb jou lidmaakskapnommer as verwysing.
  • Hou die spasie dop ----- ons is besig met die beplanning vir die uitbreiding van MDS bane. Bestuur is baie opgewonde en verdere inligting volg binnekort.
  • Baie geluk aan Meyer du Plessis wat die heel eerste MDS nasionale skiet kompetisie gewen het. Hartbeestak se naam is nou heel boa an die bord.
  • Daar sal geen skiet vir Desember wees nie.
     

Baansake

HEK KONTROLE:


CBS Security is verantwoordelik vir Hekkontrole.
  1. Skakel vir Braam (071 374 6938) voor jy vertrek na die baan.
  2. By die hek (Syferfontein plaashek of rooi hek) gaan jy vir CBS (066 307 2984) se beheerkamer moet kontak vir toegang. Hulle gaan jou naam en van, lidnommer, en wagwoord verlang voordat jy toegang tot die baan gegun sal word. Wagwoord word verskaf per SMS wanneer jou baanfooi van R400 betaal is vir 2019.
  3. Sien www.hartbees.co.za vir meer inligting rondom die betaal van fooie
  4. Vir enige problem rondom toegang kan Christi Bester (083 800 1033) gekontak word.
  5. HEK KONTROLE GAAN STRENG BEHEER WORD!!!
  6. Die baan en fasiliteite is nie op Sondae beskikbaar nie.
Indien die ELEKTRONIESE HEK nie die dag FUNKSIONEER NIE moet ASB nie die hek OOP FORSEER nie. 

Die .22 baan is (NOGSTEEDS) gesluit vir lede en sal slegs beskikbaar wees op volgende voorwaardes:
Op amptelike skietdae soos per die kalender
Wanneer ’n oefening plaasvind onder die toesig van ’n baanoffisier.
Die sluiting van die .22 baan sal opgehef word sodra die keerwal die nodige aandag kry en verhoog kan word. Enige voorstelle of hulp is welkom. Kom gesels met bestuur.



Syferfontein plaas nuus:

Neem asseblief kennis dat die hoofingang by Syferfonteinplaas biosekuriteits beheer word. Jou voertuig gaan ontsmet word met ‘n ontsmettings/water mengsel. 
Bogenoemde is ‘n vereiste van die plaaseienaar en is ongelukkig nie onderhandelbaar nie. Ry asb stadig deur die sproei. 

Let daarop dat sou jy met ‘n ligte aflewerings voertuig (bakkie) sonder ‘n kappie of seiltjie die plaas betree, gaan jou toerusting (teikens en rame) nat gespuit word.
Maak dus voorsiening om jou toerusting te beskerm of te verberg as dit nie kan/mag nat word nie

Daar mag ook geensins op wilde diere op die skietbaan geskiet word nie. Dit sluit in geveerde spesies (tarentale), blou ape, jakkalse, en bokke. Dit is ‘n skietbaan en nie ‘n jagplaas nie. 

Handhaaf asb ‘n spoed van 40km/h of minder op die grondpad. Stof is ‘n groot probleem.

Plaaslike Polisie Kantoor


Ons plaaslike kantoor is ons taklede steeds baie goedgesind en gaan uit hul pad om ons te akkomodeer sover hulle kan. Respekteer asseblief ook hulle posissie om ons verhouding te versterk. 

Let wel:
  1. Die plaaslike kantoor neem nie aansoeke op Vrydae nie. Dit is ‘n interne reëling wat hulle gemaak het om agterstallige administrasie op te vang. Hulle gaan dit nie op ‘n skrywe kommunikeer nie.
  2. Alle afskrifte moet gesertifiseer word! Doen dit vooraf. Geen aansoeke gaan hanteer word as dit nie gedoen is nie.

Lede wat uitstaande lisensiekaarte het moet asb verseker dat dit afgehaal word so gou moontlik om te voorkom dat dit terug gestuur word. Lede wat langer as ses maande wag vir lisensiekaarte moet asb vir Petrus Swart (petrus@sahunt.co.za) by SAJWV hoofkantoor kontak. Hy sal jou bystaan en terugvoer gee. Let wel dat die aansoeke vir Semi-Auto gewere (AR’s) nou strenger ondersoek gaan word. Ons verwag problem met aansoeke.

Rekenaar

Die tak het nou ook ‘n Facebook blad waarby ons alle lede wil aanmoedig om inligting te bekom oor takvergaderings, takskiet dae, promosies en allerlei inligting.

Alle inligting is beskikbaar op die web (www.hartbees.co.za).

Navrae moet die volgende inligting bevat : Naam, Voorletters, Van, LID NR en E-pos adres.

Sonder die inligting kan ons geen navrae beantwoord nie.

Daar is by elke takvergaderig 'n lid van die rekenaarspan beskikbaar om navrae te hanteer.

Onthou om op die tablet jou teenwoordigheid aan te teken.

Om enige advertensies te plaas op die webtuiste, skakel asb die Webmeester. Kontak besonderhede is beskikbaar op die webtuiste.

Opleiding

Daar word ‘n Toegewyde Sportskiet en Baanoffisiers kursus beplan vir 9 November.

Vir inligting oor die volgende kursus kontak Johan Oelofse (082 446 2262).Meer inligting is ook op ons kalender op die webwerf beskikbaar.

Inyathipark Nuus

KINDLY READ THE NEWSLETTERS FROM OUR CEO, FRED CAMPHOR
 
For more on Inyathipark news  click here  ( The latest newsletter 24th  of October 2019 ).
 

www.sahunters.co.za:

  • Lede wat toegang het tot die internet word aanbeveel om te registreer op die webblad.
  • Sertifikate en endossemente (vir nuwe wapen aansoeke) kan hier afgelaai word.
  • Wapenlisensie inligting kan ook hier opgelaai word. Hier sal jy dan ‘n SMS ontvang wanneer dit tyd is vir hernuwing van ‘n lisensie.
  • Nuwe funksie op webblad is gestig sodat jou bevoegdheid sertifikaat se data ook gelaai kan word. Jy sal ‘n SMS ontvang wanneer dit tyd is om die bevoegdheid sertifikaat te hernu.
  • Aktiwiteite by ander organisasies (bv Bisley, Wingshooting, ens) kan ook op die aktiwiteits register gelaai word. 
  • Moet asb nie SMS’e en boodskappe versprei met ‘n onbekende oorsprong nie. Hoofkantoor sal lede dadelik in kennis stel van enige veranderinge rondom die wapenwet. Verkeerde boodskappe en SMS’e veroorsaak verwarring en lei tot verkeerde aksies/optrede van lede.


‘n Versoek vanaf hoofkantoor is dat almal wat met vuurwapens ry/beweeg tog die wet gehoorsaam. Handwapens moet bedek wees. Wapens mag nie in voertuie gestoor word nie. As jou lisensie verval het, los die wapen toegesluit tuis.
 


Hartbeesgroete,
Johan van der Walt ( VOORSITTER )


Email not displaying?
View it in your browser.
Copyright © 2019 Hartbees, All rights reserved.

Our mailing address is:
Hartbees
Potchefstroom, North West, South Africa
Potchefstroom, NW 2531
South Africa

Add us to your address book

You are receiving this email because your are a member of Hartbees SA Jagters.
Email Marketing Powered by Mailchimp
unsubscribe from this list | update subscription preferences