Copy
It's Amazing! ZT
Desember 2019
Liewe It’s Amazing! ZT familie,

Hoe sȇ mens na so ‘n lang tyd van stilte? Long time no see? Long time no hear? Of sommer net, julle was darem nie uit die oog uit die hart nie.

Ek wil begin met ‘n ENORME DANKIE. Sonder jou ondersteuning sou It’s Amazing! ZT nie hierdie jaar finansieël en andersins oorleef het nie. Ek glo dat dit soms moes lyk asof ek alles as vanselfsprekend aanvaar wanneer ek nie terugvoer gee nie, maar dit was regtig nie die bedoeling nie. My hart loop regtig oor van dankbaarheid.

Tog wil ek net ter versagting die volgende deel oor my situasie: Ek werk steeds voltyds by Straatwerk (www.straatwerk.org.za) en doen vryskutwerk as omroeper by Radio Tygerberg 104fm. It’s Amazing! ZT is nie in ‘n posisie om my voltyds aan te stel nie, daarom bly baie belangrike dinge soms agterweë.

MAAR – dit gaan It’s Amazing! by It’s Amazing! ZT. Die span (sien foto onder) is die mees lojale mense wat ek ken. Hulle loop ekstra myle, hulle werk ekstra ure (meestal sonder ekstra vergoeding), hulle streef elke dag daarna om die beste kwaliteit onderrig binne hulle vemoë te gee en aan hulle liefde is daar regtig GEEN einde nie. En die belangrikste van alles – hulle BID en die Here antwoord hulle gebede. Hulle bid ook gereeld uitgebreid vir die ondersteuners van It’s Amazing! ZT en van die gebede klink min of meer so:
‘Here, ons kom na U toe in hierdie mȏreuur met dankbare harte. So baie dankie vir elkeen wat vir It’s Amazing ondersteun. Here, dankie dat hulle aan ons dink en bemoeienis maak met ons. Here, ons weet dis nie altyd maklik nie, geld is skaars, Here, asseblief, seën hulle dubbelmatig. Seën die sakke waaruit dit kom. O Here, U is so goed vir ons, U sal ons nooit beskaamd laat staan nie…’

In hierdie nuusbrief deel ek graag ‘n paar hoogtepunte van die jaar. Kyk gerus ook na die youtube video clip - die voorskrif was 'n Powerpoint wat bestaan uit 21 slides van 21 sekondes elk oor die werk wat ons doen by It's Amazing! ZT. Wat 'n uitdaging! Daar is ander organisasies ook betrokke by hierdie 21x21 Online TV inisiatief. Ek hoor graag wat julle dink!

2019 was It’s Amazing! of soos die kinders in Heideveld sȇ: 2019 was kwaailappies!

My gebed aan jou: Mag jy die balans vind om in vrede met jou God, jouself en jou naaste te leef.
En mag 2020 kwaailappies wees!
 
Lisa Truter

 
'n Kort opsomming van ons programme:

It’s Amazing! ZT
bestaan uit ‘n verskeidenheid gemeenskapsprogramme wat ondere andere insluit: vroeë kindontwikkeling, tienerondersteuningsgroepe, naskoolprogramme en uitreike in verskillende gemeenskappe op die Kaapse Vlakte, kosvoorsiening en nog baie meer. Tans is daar programme in Hanover Park, Heideveld, Bonteheuwel, Gugulethu, Cathkin en Khayelitsha.

Vir meer inligting kontak
Lisa by lisa@itsamazing.org.za / 072 390 7437
21 x 21 Online TV

Filmed at the 1st 21x21 Showcase Event on 7 November 2019 at University of Stellenbosch, Bellville Campus, Cape Town, South Africa

Lisa Truter representing It's Amazing! (ZT) 
Click to watch presentation on Youtube

Peacemakers in Heideveld?


Watter woorde kom eerste in jou gedagtes op wanneer jy die volgende name hoor:
Hanover Park, Manenberg, Heideveld, Elsiesrivier, Bonteheuwel, Gugulethu, Khayelitsha, Delft…

Dood? Bendes, geweld en dwelms? Hooplose mense? Verwaarloosde kinders en seksuele misbruik? Brankdsiek honde en katte? Of dalk dink jy aan die weermag en die polisie en ander wetstoepassers. En jy is reg. Dit is waaroor dit gaan op die Kaapse Vlakte. Een van my spanlede het my een oggend gebel en gesȇ: ‘Antie Lisa, vanoggend het dit hier by ons gelyk asof hulle ‘n movie maak. Almal hardloop rond en skiet gun. Dis net bullets all over hier by die stasie.’

Vrede is defnitief nie sinoniem met die Kaapse Vlakte nie.
Tog sien ons by It’s Amazing! ZT elke dag hoe die Lig tog die Duisternis oorwin. Dillon, ‘n jong man van Heideveld, het al van jongs af die Lig gekies en hy is nou die leier van die Peacemakers, ‘n ondersteuningsgroep vir tienerseuns in Heideveld en deel van die It’s Amazing! ZT span.

Wie is die Peacemakers (in Dillon se woorde)?
‘It is a group of teenage boys who come together once a week to learn about God’s Word. We also talk about the social issues that happen in our communities and how to overcome the bad temptations that often come our way such as peer pressure. ‘
Dillon se ervaring van sy eerste jaar as voltydse lid van die It’s Amazing! ZT span:
‘I’m not going to lie, my first year at It’s Amazing! ZT was hectic and overwhelming. At the same time, it was a fantastic life lesson which matured me in terms of my faith, my growth as a person and my communication skills with people. Most importantly, it enhanced and grew my love for children even more. The mere opportunity to serve at It’s Amazing! ZT this year was a chance I couldn’t miss or give up on.’
Ek onthou hoe Dillon as jong seun, in sy pajamas, sy ma aan die rokspante gesleep het na die hot chocolate kerk wat ons op Donderdagaande by ons klein huisie in Badsberg Close in Heideveld gehou het.

‘When I was a child, I used to participate in the programmes at It’s Amazing! ZT and immediately fell in love with everyone there. I can remember telling my mom on many occasions: ‘Mommy, please take me to It’s Amazing, I really enjoy it there’.
 
Dillon droom groot drome vir die Peacemakers en een van die drome het aan die einde van November waar geword!

‘One of the things that I’d really like to do is to get the teenage boys together to serve in the community.  I want them to understand that serving is one of the many gifts that God has blessed us with.’

Die groep het by die plaaslike ouetehuis in Heideveld klein geskenkies  gaan uitdeel, gesing en gedans en selfs skoongemaak. Die liefde van Jesus is op praktiese maniere gedeel met die inwoners en personeel van die ouetehuis.

 

Kersfeespartytjies! Kersfeespartytjies! Kersfeespartytjies!

Dit was 'n fees! Baie dankie vir elke bydrae wat dit moontlik gemaak het.

Ons Babbelbekkies word groot!


Ons ook baie trots om te kan sȇ dat 25 van ons Babbelbekkies Informele speelgroepe gereed is om volgende jaar skool toe te gaan. Let the recruitment begin for 2020!



Graad 7 Prom


Graad 7 is ‘n groot mylpaal in kinders se lewe op die Kaapse Vlakte, want dit beteken dat hulle dit reggekry het om te midde van baie moeilke omstandighede te kan aanskuif na die volgende fase in hulle lewe, hoërskool. Daar is van die kinders wat ek ken vandat hulle so vier jaar oud is en ek moet sȇ ek het maar ‘n traantjie van dankbaarheid gepik. Bid asseblief vir hierdie jongmense.

Borg 'n Babbelbekkie


Met die uitbreiding van ons Babbelbekkie klasse het ons nog ondersteuning van individue nodig (sien inligting onder). Ek weet baie van julle borg alreeds ‘n Babbelbekkie, maar dit sal wonderlik wees as julle familie en vriende ook van hierdie inisiatief kan vertel. Dit hoef nie die volle R 150 per maand te wees nie, elke rand by ons maak ‘n groot verskil en almal wat betrokke is by It’s Amazing! ZT weet hoe om die rande baie ver te rek. Eenmalige donasies is ook fantasties.


Baie dankie vir die wat alreeds ondersteun, maak dit asb by jul vriende; familie; bybelstudiegroep en kerk ook bekend.


BAIE DANKIE aan elke donateur - sonder julle ondersteuning sou niks van hierdie dinge moontlik kon wees nie.
 
Email
It's Amazing! ZT Facebook page
Website - It's Amazing! ZT

Banking Details


Bank Name:  ABSA
Name: Zoe Trust 
Account Number: 9222071195 (Savings Account) 
Branch Code: 632005 

Swift-Code: ABSA ZA JJ
Public Benefit Organisation – PBO 930 028 203 
Non Profit Organisation –  153-985 NPO

 

 







This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Zoe Trust · 5 Orange Street · PO Box 910 · Parow, Cape Town 7500 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp