Copy
Welkom by Januarie 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Besoek aan Botswana

Verteenwoordigers van die RPO het onlangs ‘n besoek aan Botswana gebring waar daar vergaderings met verteenwoordigers van dié land se nasionale landbou-unie, boere en veeartse gehou is.

Agtergrond

  • Daar is 1.1 miljoen beeste in die groen gebied (bek-en-klouseer vrye sone) van Botswana.
  • Die afneemtempo van die beeste is tussen 7 en 20%. 
  • Dit is duidelik dat die Ghanzi-streek die inisiatief geneem het om eerste voordeel te trek uit die oopmaak van die grens.  Die westelike gedeelte van die groen area volg.
Lees meer ...

RPO ondersteun bek-en-klouseer-maatreëls

 
"Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ondersteun die uiters drastiese voorkomingsmaatreëls vir bek-en-klouseer deur 'n tydelike verbod te plaas op onder andere veilings en skoue van gesplete hoefdiere soos afgekondig in die Staatskoerant van 4 Desember 2019", sê mnr Koos van der Ryst, Voorsitter van die nasionale RPO
 
"Dit is voorkomingsmaatreëls en nie strafmaatreëls nie", aldus mnr Van der Ryst.
 
Die voorkomingsmaatreëls impakteer uiters drasties op kommersiële en ontwikkelende produsente, sowel as die res van die rooivleiswaardeketting. 1.2 Miljoen huishoudings in Suid-Afrika besit lewendehawe en word deur die voorkomingsmaatreëls geaffekteer in terme van inkomste- en voedselsekuriteit. So ook die plattelandse ekonomie. 
Lees meer ...

Vleis en plantgebaseerde kossoorte is van 2020 se neigings

 
Terwyl die verbruik van plantgebaseerde kos meer algemeen onder verbruikers van alle ouderdomme raak, ervaar die vleiskategorie ook ‘n toename in gewildheid, veral in Amerika en Europa in onlangse jare.
 
Verbruikers se persepsie van vleis as ‘n smaakvolle en hoë-gehalte proteïen sit agter die herontdekking van vleis en sal vleis van ‘n permanente plek op die verbruikers se bord verseker, sê Julian Mellentin van New Nutrition en outeur van  “Ten key trends in food, nutrition and health 2020”. Die jaarlikse neigings identfiseer vleis sowel as plantgebaseerde produkte as groeigeleenthede.
Lees meer ...

Die huidige bek-en-klouseer-situasie in Suid-Afrika

Die Nasionale Dieregesondheidsforum het antwoorde verskaf op die vrae wat die mees algemeen gevra word oor die huidige bek-en-klouseer-situasie.

1.    Is die kennisgewing wat in die Staatskoerant gepubliseer is op die hele land van toepasing, of slegs op sekere gebiede of provinsies?

Die kennisgewing is van toepassing op die hele land. Die persverklaring van 14 November 2019 verwys net na vier provinsies, maar die kennisgewing wat op 4 Desember 2019 in die Staatskoerant gepubliseer is, sluit die hele land in. Die verbod is spesifiek gerig op daardie gebiede/persele waar gesplete hoefdiere van twee of meer bronne van oorsprong vergader word vir verdere verspreiding na twee of meer plekke binne ‘n periode van minder as 28 dae.

Lees meer ...

Perspektief


Wat is vir veeboerdery op die horison soos ons 2050 nader?

Die onlangse droogtes wat ons ervaar het en die mediaberigte oor klimaatsverandering waarmee ons gebombardeer word kan ‘n mens negatief stem, of ons kan positief daarop reageer deur te sê kom ons pak die bul by die horings. Die vraag is wat is die waarskynlikheid dat die neigings wat ons tans ervaar die toekomstige normaal word eerder as die uitsondering. Dit is hoog waarskynlik, want sonder om te tegnies te raak, die verwarming van die Stille- en die Indiese Oseaan sal meer dikwels plaasvind wat meer dikwels tot die El Niño voorkoms gaan lei, en selfs meer belangrik, as die Afrikatrope verwarm sal vogtige lug opstyg en dan suidwaards neerdaal as gevolg van die heersende atmosferiese siklusse, maar in die proses van daling vog verloor
Lees meer ...

Januarie 2020

Die weg na volhoubare, gesonde diëte

 
Dit sal die kombinasie van verbeterde veeproduksie plus ‘n verandering in eetgewoontes verg om te verseker dat omgewingsdruk binne ‘n veilige bedryfsruimte gehou word soos wat die wêreld na ‘n punt beweeg waar daar in die groeiende vraag na diereproteïen voorsien kan word.
 
Só sê die hoof navorsingswetenskaplike in terme van landbou en voedsel by die CSIRO (Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation), professor Mario Herrero.
 
Die oplossing vir ‘n volhoubare en gesonde toekoms vir almal sal die resultaat van ‘n klomp klein pyltjies, eerder as een silwer koeël wees. Die toekoms is egter relatief blink, aangesien ‘n klomp tegnologie na vore gaan tree om veedoeltreffendheid te verbeter, sê hy.
Lees meer ...

Rooivleis is die mees perfekte kos vir mense

 
Daar is nie ‘n enkele geval waar bewys kon word dat die inname van rooivleis of verwerkte produkte kanker veroorsaak nie, sê Professor Robert Pickard, ‘n kenner in neurobiologie van Cardiff Universiteit.
 
Volgens hom berus dié aansprake nie op objektiewe, wetenskaplike analise nie. Die aansprake word gemaak deur mense wat hul eie agendas het en niks te doen het met die voedingsvoordele wat rooivleis en rooivleisprodukte inhou nie.
  
Rooivleis is die mees voedsame kos op jou bord. Dit bevat al die nodige minerale, vitamiene en proteïen-amminosure in die regte verhouding en al die nodige vette in die regte verhouding.
  
Dit is die mees perfekte kos vir ‘n mens met melk in ‘n sterk tweede plek. Babas groei vir maande lank op niks anders as melk nie.
Bron : https://www.fginsight.com/news/news/red-meat-most-perfect-food-for-humans-closely-followed-by-milk-97570

Afname in rooivleisverbruik kan sterftes en siektes verhoog

 
Daar is kommer dat grootskaalse afnames in rooivleisverbruik deur die wêreldbevolking tot ‘n toename in mortaliteite en siektes sal lei.
 
Dit is volgens Prof Alice Stanton, ‘n mediese dokter en lid van die “Royal College of Surgeons of Ireland” met 30 jaar se ervaring. Sy het verwys na die dieet wat vroeër vanjaar deur die “EAT-Lancet Commission” geproduseer is en drastiese verlagings in die inname van rooivleis aanbeveel.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa