Copy
Welkom by Februarie 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Veediefstal oor die feesseisoen neem af

Die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum het oor die afgelope jare 'n tendens bevestig dat daar 'n toename in veediefstal oor die feesseisoen en die somerplantseisoen is.

Verskeie faktore dra by tot die toename in veediefstal, soos die betaling van bonusse, die hoeveelheid geld wat beskikbaar is om vleis- en vleisprodukte te koop en kulturele gewoontes van die Suid-Afrikaanse bevolking soos huwelike en rituele. In kort word 'n baie goeie mark geskep waar gesteelde vee verkoop kan word aan onskuldige mense

Lees meer ...

Boere moet vee inent

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het eienaars van beeste, skape en bokke herinner om hul diere teen Slenkdalkoors in te ent.

Die onlangse goeie reën wat in sekere gedeeltes van die land voorgekom het sal lei tot ‘n toename in die aantal muskiete wat die siekte oordra. Slenkdalkoors is ‘n ernstige virale siekte wat deur muskiete versprei word en aborsies en mortalitiete in jong beeste, skape en bokke veroorsaak. Mense wat in kontak met die bloed of ander vloeistowwe van die diere kom, kan ook Slenkdalkoors ontwikkel.

Boere word daarom aangeraai om alle beeste, skape en bokke teen die siekte in te ent, veral in dié gebiede waar reën onlangs voorgekom het. Die lewendige enstof kan net in nie-dragtige diere gebruik word, aangesien dit aborsies veroorsaak.

Indien daar enigsins vermoed word dat Slenkdalkoors voorkom, moet dit onmiddellik by die naaste Staatsveearts aangemeld word.

Wat privaat veeartse van veesiektes behoort te weet

 
Die voorkoming, bestuur en beheer van gekontroleerde- en aanmeldbare siektes is die gesamentlike verantwoordelikheid van staatsveeartse, privaat veeartse en boere. Isolasie en kwarantyn word gebruik om die oordraging en verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom.
 
Dit is die primêre funksie van die regering se Veterinêre Dienste om vee teen siektes te beskerm, marktoegang vir vee en veeprodukte te fasiliteer en mense teen voedseloordraagbare- en ander soönotiese siektes te beskerm. Het privaat veeartse ‘n rol te speel en indien wel, wat is hul funksies en verantwoordelikhede? Wat is boere se verantwoordelikhede?
Lees meer ...

Beesvleismark-tendendse

 
‘n Stewige vraag sal in 2020 die grootste faktor in die globale beesvleismark wees, terwyl beesvleisproduksie na verwagting laer groei sal toon, volgens ABSA AgriTrends.
 
Plaaslik veroorsaak die verbod op alle veilings weens die bek-en-klouseer-uitbreking steeds onsekerheid en produsente is onder druk. Plaaslike produsentepryse sal na verwagting in lyn met seisoenale neigings ‘n afwaartse neiging ná die Desemberperiode volg.
Lees meer ...

Huidmark-prystendense

 
Die huidige plaaslike huidprys is R1.42/vel, 2.9% hoër as die vorige week se prys van R1.38/vel, volgens ABSA AgriTrends.
 
Die huidige prys is 2.9% hoër as wat pryse ‘n maand gelede was en die huidige huidprys is 64.1% laer as ‘n jaar gelede. Die plaaslike mark bly onder druk. Globale slagtings gaan voort teen ‘n goeie tempo en voorrade neem ook toe. Plaaslik is die week-op-week-pryse ondersteun deur die heropening van voertuigaanlegte sowel as laer slagsyfers.

Perspektief


Afronding op weiding as alternatief vir die voerkraal

Die afronding van ossies op aangeplante weiding kan ‘n alternatief wees vir voerkraalafronding as die boer die grond en water het. Dit is nie gekoppel of afhanklik van die mielieprys en die ander fluktuasies waarmee die voerkraal te make het nie, asook onderhewig te wees aan die verbruikersargumente dat mielies vir mense bedoel is, of die aandrang van aktiviste vir “grass fed” weens die persepsie van fabrieksafronding en dierewelsynkwessies waarmee die voerkraal geteiken word.
Lees meer ...

Februarie 2020

Verbod op veilings moet opgehef word


“Dit is krities noodsaaklik dat die situasie in die rooivleisbedryf so gou as moontlik na normaal terugkeer sodat veilings, skoue ensovoorts in ten minste agt van die nege provinsies hervat kan word”, sê Koos van der Ryst, Voorsitter van die Nasionale RPO.
 
Dit volg nadat ‘n landswye verbod op alle veeveilings geplaas is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo verlede jaar.
Lees meer ...

Uitvoer van lewendige vee weer bekyk

 
Die Lewendehawe-welsynkoördinerings-komitee (LWCC) het tydens sy laaste vergadering besluit om die kwessie van die uitvoer van lewendige vee per boot in heroorweging te neem en spesifieke aanbevelings te maak.
 
Die komitee ondersteun nie die uitvoer van lewendige diere per see vir die uitsluitlike doel van slagting nie, weens die gepaardgaande en onvermydelike risiko’s daaraan verbonde en ondersteun die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se pogings in dié verband heelhartig.
Lees meer ...

Omvattende slenkdalkoors-studie onderneem

 
‘n Vyfjaarprojek om beter begrip van Slenkdalkoors op te doen wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes onderneem is, is die mees omvattende wat tot dusver gedoen is.
 
Dit het ‘n diverse groep van deskundiges van regerings-, nie-regerings-, akademiese- en privaat organisasies, beide plaaslik en internasionaal, ingesluit en het behels dat die omgewingsfaktore (weer, klimaat, grond, plantegroei) wat ‘n invloed op die muskiete het wat die Slenkdalkoors onderhou en aan wild, vee en mense oordra, ondersoek is.
Lees meer ...

Skaapvleismark-tendense

 
Die afname in die skaapkuddegetalle en ‘n stewige vraag van China behoort lamspryse in 2020 te ondersteun, volgens ABSA AgriTrends.
  
Plaaslik bly lam- en skaapvleispryse gedemp weens die beskikbaarheid van goedkoper proteïen-alternatiewe. Plaaslike skaap-/lamspryse sal na verwagting in lyn met seisoenale neigings ‘n afwaartse neiging ná die Desemberperiode volg.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa