Copy

Hosanna se aanlyn saamtrek

Suid-Afrika, Kies die Lewe!
Hosanna bied aan: SUID-AFRIKA, KIES DIE LEWE! — ‘n aanlyn saamtrek op Dinsdag 14 April 2020.
 
Ons nooi alle Suid-Afrikaners regoor die wêreld uit om aan te sluit by hierdie Facebook-groep:
https://www.facebook.com/groups/SAKiesdieLewe/
 
Wat gebeur op Dinsdag 14 April 2020?
 
Ons roep alle gelowiges om verby die inperking en Covid-19 te kyk en in EENHEID voor die KONING VAN ALLE KONINGS DIE LEWE IN OORVLOED TE KIES EN UIT TE BASUIN. Kom bid saam en proklameer LEWE oor Suid-Afrika, sodat dit soos ‘n vuur sal wees wat aangesteek word en die HERLEWING EN DIE OPENBARING VAN DIE SEUNS EN DOGTERS VAN GOD selfs vinniger as die koronavirus regoor die wêreld sal versprei!   
 
Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag. (Deuteronomium 30:19)
 
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. (Johannes 14:6)

 
Ons kan die tegnologie gebruik om saam te kom in GELOOF. Jy kan ‘n video opsit, ‘n skryfstuk, ‘n gebed, ‘n proklamasie, jy kan ‘n shofar blaas met die verklaring dat God nog steeds dieselfde HERE is wat die mure van Jerigo laat val het, en so ook die God van GENESING is, die God van OORWINNING OOR VREES is, die God aan WIE ALLE RYKDOMME BEHOORT, die God van WONDERWERKE is!
 
2020 is THE YEAR OF THE FAVOUR OF THE LORD! Waar God se FAVOUR nie in die blink of die “bling” sal wees nie, maar in SY HEERLIKHEID. Dit is SY HEERLIKHEID wat jou anders sal laat wees as die res. Omdat Hy jou by die naam ken, sal jy genade in Sy oë vind om jou in Sy RUS te laat hoor en te voel. Die Here sal vir jou in jou OOR fluister wat jy van die dakke af sal uitroep. Die Here sal vir JOU ‘n persoonlike Woord gee vir 2020 en wat jy HOOR SAL JY LEEF en so sal mense sien wat Hy in jou gespreek het. Jy sal daardie Woord koester en soos ‘n skat in jou bewaak.
 
Gebruik die tyd om te HOOR wat Hy vir jou wil sê en kom VERKLAAR dit op Dinsdag 14 April 2020 saam met medegelowiges op die “SUID-AFRIKA, KIES DIE LEWE” Facebook-groep. Sluit solank aan by die groep en nooi jou vriende om ook aan te sluit en ons vertrou dan saam in AFWAGTING vir dit wat DIE HERE gaan doen!
 
OMDAT GOD MY LIEFHET, KRY EK KRAG DAARUIT OM TE BID!
 
U sal altyd die Here wees, maak nie saak wat mense sê of doen nie. Al die slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn. U gee vir my krag om op te staan. U maak my so sterk soos ’n jong buffel. Ek geniet al die goeie dinge waarmee U my oorlaai. Ek geniet dit as mense wat my probeer onderkry, my nie stukkend kan trap nie. Ek is nie bang vir hulle nie, al ondermyn hulle my omdat hulle teen my in opstand kom. Iemand wat die Here liefhet, staan so sterk soos ’n yslike groot boom. Soos bome in die Libanon se woud, so sterk staan hy. Mense wat die Here liefhet, kry krag daaruit om die Here te aanbid. Daarom is hulle gereeld op hulle knieë voor ons God. Selfs as hulle baie oud is, hou hulle aan om goeie dinge te doen. Hulle is dan nog sterk en vol lewe. Hulle sal vertel dat die Here ’n reguit pad met mense loop. Hy duld nie kwaad nie. Hy beskerm sy kinders. Ek kruip by Hom weg. (Psalm 92:10-16 – Die Boodskap Vertaling)


Die saamtrek is HEELDAG op Dinsdag 14 April 2020, sodat Suid-Afrikaners regoor die wêreld enige tyd kan inloer en hulle boodskap/video deel.
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp