Copy
Somerstrand Gemeente Nuusbrief
View this email in your browser
YOUTUBE EREDIENS SONDAG 5 APRIL 09:00

Ons lewe in ‘n baie onseker tyd. Elke dag word ons begroet met dinge wat ons nie kan verklaar nie. Wat ons nie regtig verstaan nie. En al lig ‘n mens jouself so goed as moontlik in bly daar dinge wat ‘n mens se begrip ontwyk.

Dink maar net aan die verskillende berigte oor maskers. Sommige sê, dra dit. Ander sê, moenie dit dra nie. En dit is die eenvoudige goed. Wat van die moeiliker vrae waarop ons antwoorde soek?

Hoe gaan hierdie wêreld lyk na hierdie inperking? Hoe gaan dit ons werksplek beïnvloed? Alle beplanning wat ons vir die toekoms gehad het, is nou “on hold”. Ons weet nie eers hoe lank dit gaan neem tot ons by ‘n meer normale situasie gaan uitkom nie.

Die een ding wat ons staande kan hou in hierdie tyd is die besef dat die toekoms nie vir God onbegryplik is nie. Dat God baie goed weet wat Hy besig is om te doen. Dat God besig is om sy wil uit te voer, en dat Hy dit doen in en deur alles wat wêreldwyd gebeur.

God het beslis sy kinders se beste belange op die hart. Ja, Hy sal ons soms vra om moeilike dinge te doen. Hy sal soms moeilike dinge op ons pad bring. Soos nou. Maar Hy is ons vertroue waardig, want Hy is besig om sy plan uit te voer.

Ons hemelse Vader reik vandag uit na jou en sê: “Ek weet dat jy nie alles verstaan wat jou in die gesig staar nie, maar onthou, Ek het jou lief. Vertrou my en jy sal vrede vind wat op geen ander manier gevind kan word nie.”

Kom luister Sondag wat die Here vir ons uit Romeine 8:31-39 wil sê;

Youtube Erediens 09:00 Sondag 5 April 2020 https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw/featured

ONTHOU KINDERTYD HERVAT WEER HIERDIE SONDAG!!!

Die week wat alles verander het

 LEES SAAM!

Heilige Week is die hoogtepunt van Jesus sy bediening. Hy volbring sy roeping as Messias deur sy kruisdood, begrafnis en opstanding. Dit is die goeie nuus wat ons verlos van die skuld van ons sonde. Deur in Hom te glo verander God ons hele lewe.


LEES SAAM MET ONS DIE LYDINGSVERHAAL IN DIE VIER EVANGELIES

Fokus hierdie jaar op die storielyn en boodskap van Heilige Week. Ek gee hiermee ‘n opeenvolgende sinopsis van alles wat dié week gebeur het volgens die vier evangelies. Die leeswerk is verdeel in die dae waarop dit gebeur het. Ek gee die minimum inligting sodat jy die Bybelteks self kan lees en oordink.

Laai die leeswerk hier af


VIER GOEIE VRYDAG SAAM MET ONS AANLYN

Ons vier Goeie Vrydag vir die eerste keer in ons lewe as 'n Internet gemeenskap.

Dit is ook eerste Nagmaalsgeleentheid wat ons in ons huise saam gaan vier. Kry solank 'n stukkie brood en 'n glasie druiwesap of soetwyn reg vir die instelling.

Youtube Erediens 09:00 Goeie Vrydag 19 April 2020

https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw/featured

 

VIER PAASSONDAG SAAM MET ONS AANLYN

'n Mens moet versigtig wees dat jy nie by die leë graf en die doek vashaak nie. Ten diepste glo Christene nie in die leë graf nie. Ons glo selfs in veel meer as die objektiewe feit van die liggaamlike opstanding. Ons glo in die lewende en teenwoordige Here Jesus. Ons glo ... in die Here Jesus!

Kom vier saam met ons die opstanding van die Here Jesus Christus met woord en lied. Die eerste keer in ons geskiedenis as 'n aanlyn ervaring.

Sondag 12 April 2020 om 09:00 op Youtube
https://www.youtube.com/channel/UChafgpWpfksQiVO47kaNuPw/featured
Jy kan direk hier dankoffer en kollektes met jou selfoon en kredietkaart inbetaal. Die bankbesonderhede bly dieselfde vir EFT:

NGK Somerstrand

Absa Tjekrekening 01008731388

Takkode 632005

Copyright © 2020 NGK Somerstrand, All rights reserved.


unsubscribe from this list    update subscription preferences 

Email Marketing Powered by Mailchimp