Copy

Nuusbrief: 17 April 2020

Heilige Liefde
God Die Heilige Gees
 
Het jy al daaraan gedink dat Heilige Gees God is? Deel van Die Drie-Eenheid as ‘n Persoon? Dit is Hy wat jou na GOD SE LIEFDE TOE TREK. Dit is Hy wat jou JESUS SE OFFER LAAT BELEEF. Dit is Hy wat jou die OORVLOED EN DIE LEWE GEE.
 
Ons almal ken 1 Korintiërs 13 se opskrif baie goed — DIE LIEFDE — maar ken ons Hom wat jou hoop gee, wat jou geloof versterk, maar DIE GROOTSE VAN ALLES LIEFDE IS? Dit is God Die Heilige Gees wat daardie liefde van God in jou is. Dit is God Die Heilige Gees wat daardie liefdesofferdaad van Jesus se kruisiging in jou is.
 
Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. (1 Johannes 4:4)
 
Sien jy? JY HET OORWIN! Wat moet jy in hierdie tyd oorwin? Ons deal met soveel frustrasies elke dag. Hierdie koronavirus het nie net kom siek maak nie, maar kom steel ook baie. Dit is asof soveel van ons gelowiges begin twyfel, maar ek wil jou bemoedig dat DIE STERKSTE STERK, DIE GROOTSTE VERTROOSTER DIE WARMSTE LIEFDE IN JOU IS.
 
Vat jou tyd en lees op en SIEN DAT ELKE GEVEG GEWEN IS DEUR GOD. Word VRIENDE met Die Heilige Gees — dit is een amazing journey om God Die Heilige Gees as PERSOON TE LEER KEN; nie een wat ver is nie, maar hier BINNE JOU. Wil jy raad hê, rigting hê, meer geloof hê en verstaan wat dit is om regtig in hierdie FRUSTRERENDE TYD TE BID? WANT ONS MOET BESEF VREES MAAK JOU GEÏRRITEERD  EN LAAT JOU VEG.
 
Jou draadjie gaan baie korter wees in hierdie tyd, want die hele atmosfeer om jou is gevul met ‘n gees van vrees. Daarvoor kan jy nie hande was of 'n immune booster drink nie. Daarvoor is die geveg in gees daar. Wees jy maar eerder stil en KYK HOE LIEFDE VIR JOU VEG. BID EN VRA DIE HEILIGE GEES OM JOU KALM TE MAAK. GEE VIR HOM ELKE LIEWE EMOSIE WAT JY DEURGAAN en vra HOM DAT HY JOU SAL VUL — MEER EN MEER. Jy moet so seker wees dat HY WAT IN JOU IS, IS STERKER AS HY WAT IN DIE WÊRELD IS. Hoe sal jy weet hoe sterk Hy is as jy Hom nie leer KEN VIR SY KRAG NIE?
 
Jesus het dood in daardie graf gelê en deur Sy dooie liggaam het GOD DIE HEILIGE GEES BEWEEG en HOM LAAT OPSTAAN. Vra Hom om jou te leer dat DIESELDE GEES WAT JESUS UIT DIE DOOD UIT LAAT OPSTAAN HET IN JOU IS! Nie buite jou nie; IN JOU ...
 
En as die dinge te veel raak, sit dan jou hand op jou hart en BID, MAAR BID UIT HOM WIE GROTER IS AS ENIGE IETS. Romeine 8 is so 'n goeie stuk MEDITASIE STEAK sê ek vir jou. HEILIGE GEES IN JOU BID ... JOU GEBED GAAN TOT BY JESUS EN DEUR JESUS NA GOD TOE. Kind van God, dan sal jy vra net wat jy wil (SY WIL) en jy sal dit kry.
 
Heilige LIEFDE IS IN JOU … Die tyd waarin jy nou leef, gaan eindig in 'n volmaakte tyd (lees gerus 1 Korintiërs 13:13 in Die Boodskap Vertaling). Tot daardie tyd kom, het ons DRIE BELANGRIKE DINGE wat ons op koers moet hou:
 
  • DAAR IS DIE VERHOUDING MET GOD — GELOOF;
  • DIE SEKERKHEID DAT HY SY BELOFTES SAL HOU — HOOP;
  • EN DIE LIEFDE ...
 
EN VAN HULLE STAAN LIEFDE BOAAN DIE LYS!
 
Mense warra-warra altyd oor 'n Vrydag die 13de, maar NOU GAAN JY MAKLIK ONTHOU — 1 KORINTIËRS 13 VERS 13 — DIE GROOTSE VAN ALLES IS DIE LIEFDE!
 
Onthou wat staan in 1 Johannes 4:4 en besef daar is net Een wat die dooie beendere kan laat leef. Uit die vier windrigtings stuur Hy SY GEES ... En dit was mos Johannes wat met sy kop teen Jesus se bors gelê het ...
 
LIEFDE WAT IN JOU IS, is groter as enige iets of iemand in hierdie wêreld. En nou bly soveel vrae oor wat gaan in die res van die jaar gebeur? BUT GOD — 2020 IS THE YEAR OF THE FAVOUR OF THE LORD!

 
Vang op met die aanlyn saamtrek se gebeure op Facebook!
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp