Copy
Welkom by Januarie 2019 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser
Geagte RPO Nuusbrief Intekenaar. Die RPO elektroniese nuusbrief is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.   Ons wil u derhalwe VERSOEK om asb u taalvoorkeur aan ons deur te gee ten einde te verseker dat u die nuusbrief slegs in Afrikaans of Engels ontvang.  Indien u beide tale verkies, ignoreer hierdie boodskap. U spoedige terugvoering sal opreg waardeer word.  Kliek hier vir u taalvoorkeur

SAMIC kondig nuwe fooie aan

Die Suid-Afrikaanse vleisbedryfsmaatskappy (SAMIC) het ingevolge artikel 3(1)(1A) van die Landbouproduktestandaardewet, 1990 (Wet 119 van 1990) aangekondig dat die volgende fooie, soos goedgekeur deur die lede van die Rooivleisbedryfsforum, van 1 Januarie 2019 van toepassing sal wees:
  •  Abattoirdiensfooie:
Die abattoirgraderingsdiensfooi sal R4 665.22 (BTW uitgesluit) per maand wees vir ‘n hoë deurset en R2 969.00 vir abattoirs met ‘n lae deurset.
Lees meer ...

Is rooivleis regtig sleg vir jou?


‘n Paar jaar gelede het die Wêreldgesondheidsorganisasie rooivleis (varkvleis, beesvleis en lamsvleis) amptelik as ‘n Groep 2 A karsinogeen, moontlik karsinogenies vir mense, geklassifiseer. Het enigiets intussen verander?
 
Die meeste navorsing oor rooivleis fokus op die moontlikheid van ‘n risiko om kanker op te doen as jy rooivleis eet, en hier is ‘n bietjie goeie nuus. Een teorie is dat mioglobien, die rooi pigment wat uit jou steak lek (nee, dis nie bloed nie) ‘n verbinding kan vorm wat jou ingewande tydens vertering kan beskadig.
Lees meer ...

Oorsig oor die internasionale vleismark vrygestel

Die voedsel- en landbou-organisasies van die Verenigde Nasies (FAO) het ‘n oorsig oor die internasionale vleismark vrygestel waarin die belangrikste neigings van 2018 uitgelig word.
 
Daar word verwag dat globale vleisproduksie in 2018 op sowat 335 miljoen ton te staan sal kom. Dit is 1,5% meer as wat in 2017 geproduseer is en die vinnigste groeikoers wat sedert 2014 behaal is. Dié herwonne momentum val saam met verwagtinge van ‘n stewige herstel in China se vleissektor ná ‘n inkrimping wat vir drie jaar geduur het, sowel as groot toenames in Amerika en die Europese Unie (EU).
Lees meer ...

Skaapvleis-produksie boer ook vooruit


Die wêreldwye produksie van skaapvleis sal in 2018 na verwagting 15 miljoen ton wees, wat 0,8% meer is as in 2017, volgens die FAO se markoorsig.
 
Dié toename sal grootliks die gevolge wees van toenames in Australië en China, terwyl ‘n mate van toenames ook in Pakistan, Algerië, Morokko en Nieu-Seeland verwag word. Die EU, Mongolië en Iran behoort afnames in produksie te hê.
Lees meer ...

Inligtingstuk oor longsiekte gepubliseer


Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n inligtingsdokument oor aansteeklike longsiekte (CBPP) gepubliseer.
 
CBPP is 'n siekte wat by beeste en waterbuffels voorkom en deur Mycoplasma mycoides subsp. Mycoides (M. mycoides) veroorsaak word. Dit val die longe en die embraam wat die torakale holte omhul aan en veroorsaak koors en resporatoriese tekens soos moeilike of swaar asemhaling, hoes en nasale vrylatings. Omdat die siekte hoogs aansteeklik is en ‘n mortaliteitsyfer van tot soveel as 50% kan hê, lei dit tot aansienlike ekonomiese verliese.
Lees meer ...

Perspektief


Hoë weidruk lewer dividente in verskillende ekostelsels.

Hoë weidruk met of sonder vinnige wisseling is weer die onderwerp van bespreking en word tans deur sommige boere toegepas. Die begrip is nie nuut nie aangesien weistelsels met hoë weidruk ook aanbeveel is in die vyftiger en sestiger jare. Sommige boere het sukses behaal, ander nie, en hierdie programme is later uitgefasseer toe wetenskaplike meetings en argumente langtermyn beskadiging van die veld aangetoon het en daar getuienis was van swakker as optimale diereproduksie, veral skape.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Geen Veilings Informasie beskikbaar op datum van Publikasie vir Januarie 2019

Gaan rooivleis op die verbruiker se bord bly?


Die veerkragtigheid van die Australiese rooivleisbedryf is ongetwyfeld die gevolge van teikengerigte bemarking wat gegrond is op navorsing wat ‘n insig in verbruikersvoorkeure bied.

Vanjaar het Australiese bemarkers op alle vlakke gedelf. Dit wissel van die identifisering van wanneer die meeste kopers besluit wat hulle vir aandete gaan eet tot presies wat verbruikers bedoel wanneer hulle van dierewelsyn praat.
Lees meer ...

Beesvleisproduksie styg in 2018


Die wêreldproduksie van beesvleis sal na verwagting in 2018 tot 72,2 miljoen styg, wat 2% meer is as in 2017, volgens die FAO se markoorsig.
 
Baie van die styging in produksie sal voortspruit uit verhoogde slagsyfers omdat die droogtetoestande in sommige van die grootste produksielande produsente gedwing het om meer diere uit te slag. Brasilië, Amerika, Australië, die EU en Argentinië behoort die grootste bydraers tot die toename te wees, maar bydraes kan ook van ander van die top 20 produserende lande soos China, Suid-Afrika, Kanada en Mexiko kom.
Lees meer ...

Maak voorsiening vir droogtes


Die natuurverskynsel van droogtes kom siklies en gereeld in Suid-Afrika voor en kan verwag en dus voor beplan word om te sorg dat die nadelige effek daarvan so min as moontlik is.
 
Dié droogtes is op tipiese seisoenale en eenjarige droogtes van toepassing, daar waar ons kan sorg dat ons broek nie tot op ons knieë sak nie – soms is die droogtes meer jare agtermekaar en ons kan nie doeltreffend daarvoor voorberei nie.
  
Lees meer ...

Feesseisoen ondersteun die beesvleismark


Plaaslike pryse is gerugsteun tydens die feesseisoen, terwyl die laer brandstofpryse ook ‘n rol gespeel het, volgens ABSA Agri Trends.
 
Internasionaal
Gedurende die week van 7 Desember 2018 het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen 5.54NZ$/kg en koeie het 0.25% hoër verhandel teen 3.96NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...

Skaapvleispryse behoort stewig te bly in 2019


Internasionaal sal die stewige vraag na skaapvleis en beperkte voorrade daartoe lei dat pryse in 2019 stewig sal wees, volgens ABSA Agri Trends.
 
Plaaslik het skaapvleispryse begin herstel in lyn met seisoenale neigings en ‘n groter vraag na hoë gehalte-snitte tydens die feesseisoen.
 
Internasionaal
Nieu-Seelandse lam- en skaapvleispryse het tydens die week van 7 Desember 2018 sywaarts tot hoër geneig vergeleke met die vorige week. Lamspryse was 0,3% hoër teen NZ$8.00/kg. Ooipryse het sywaarts beweeg teen NZ$5.00/kg.
 
Die invoerpariteitsprys vir lamsvleis was 1.7% hoër teen R83.56/kg, terwyl die invoerpariteitsprys van skaapvleis 1.4% hoër was teen R56.45/kg.
 
Plaaslik
Lam- en skaapvleispryse het vergeleke met die vorige week gestyg. Die gemiddelde Klas A-karkaspryse het met 3.7% gestyg tot R73.83/kg en die gemiddelde Klas C-prys het met 3.09% gedaal tot R59.54/kg.
 
Die gemiddelde prys vir voerlammers het 5.6% laer verhandel teen R36.67/kg.
 
Die gemiddelde prys van dorpervelle het sywaarts beweeg teen R30.56/vel en merinovelle se pryse het sywaarts beweeg teen R95/vel.

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa