|
|
Geagte RPO Nuusbrief Intekenaar. Die RPO elektroniese nuusbrief is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels beskikbaar. Ons wil u derhalwe VERSOEK om asb u taalvoorkeur aan ons deur te gee ten einde te verseker dat u die nuusbrief slegs in Afrikaans of Engels ontvang. Indien u beide tale verkies, ignoreer hierdie boodskap. U spoedige terugvoering sal opreg waardeer word. Kliek hier vir u taalvoorkeur
|
|
|
Die jongste oor bek-en-klouseer
|
|
Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Direkteur van Dieregesondheid, dr Maja, het onlangs ‘n opgedateerde verslag oor die bek-en-klouseer situasie uitgereik.
Daarin word aangedui dat 22 000 diere sedert 14 Januarie 2019 ingeënt is. Ongeveer 12 000 van dié diere is in die siektebestuursgebied ingeënt en alle ingeënte diere is gemerk. Die verbod op die beweging van gespletehoefdiere in die siektebestuursgebied is steeds van krag. Daar is tans geen aanduiding dat bek- en-klouseer buite dié gebied versprei het nie en daarom word die beweging van gespletehoefdiere (insluitend wild) en onverwerkte diereprodukte op meriete binne Suid-Afrika toegelaat.
|
|
|
|
Paniek is onnodig
Die Voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging, mnr Guillau du Toit, sê gegewe die situasie met die bek-en-klouseer uitbreking in Limpopo, word produsente gemaan om nie paniekerig te raak nie.
Die probleem is kleiner as wat die geval tydens die 2011-uitbreking in KwaZulu-Natal was aangesien die siekte nog verder van wolproduserende gebiede gediagnoseer is as destyds. Daar is nie ‘n oorskot van wol nie en die aanvraag is steeds goed. Suid-Afrikaanse boere produseer wol van ‘n uitstekende gehalte.
Hoewel daar tans twyfel is oor die verhandeling van wol met China, koop Europa wel.
Die bedryf doen alles in sy vermoë om die situasie te beredder en dit word op die hoogste vlak aangespreek. “Ons maan produsente om steeds Australië se markaanwyser te gebruik en oordeelkundige reserwes op hul wol te plaas”, sê Du Toit.
|
|
Landbou spring koolstofbelasting vry tot 2023
Die Nasionale Vergadering het die Wetsontwerp op Koolstofbelasting en ’n wysiging aan die Wet op die Nasionale Minimum Loon (Wet 9 van 2018) aanvaar.
Die Wetsontwerp op Koolstofbelasting is verlede November deur mnr Tito Mboweni, Minister van Finansies, bekend gestel. Dié wetgewing sal ’n sleutelrol vervul om die Regering se beleid ten opsigte van klimaatsverandering toe te pas.
|
|
Veediefstal só hok geslaan
Om die enorme impak van veediefstal beter te bepaal, tendense raak te sien én inligting te versamel om dit te bekamp. Dit is volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), van die redes waarom 'n veediefstal-hulplyn in die Vrystaat ingestel is.
"Misdaadstatistieke wys dat tussen 67% tot 80% van veediefstal nie aangemeld word nie." sê sy.
|
|
Produsente moet hul kant bring met bek-en-klouseer
Die boodskap van RuVASA (Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika) se Januarie 2019-dieresiekteverslag is dat boere hul kant moet bring in die poging om die land se bek-en-klouseer vrye sone status te herwin deur te voldoen aan die verbod wat daar op die beweging van diere geplaas is.
Beeseienaars word ook versoek om hul beeste te toets en in te ent teen Beesbrucellose.
Verder moet daar kennis geneem word van die feit dat Asïatiese rooiwater besig is om te versprei. Dit is een van die dodelikste siektes wat onder beeste voorkom en diere moet daarteen ingeënt word.
|
|
Perspektief
Die ernstige droogtes van selfs opeenvolgende jare in dele van die land dui daarop dat meer gereelde droogtes en watertekorte moontlik nou die norm vir toekomstige boerdery geword het. Dit is natuurlik in lyn met wat wetenskaplikes sê wat klimaatverandering bestudeer en dit impliseer dat boere meer moet maak met die water waaroor hulle beskik en kry.
|
|
Skaapvleis SA en Agri Expo by hierdie jaar se Woordfees in Stellenbosch
Dis nie elke dag wat die Koning van die Karoo, Gordon Wright, saam met ons braai en aansit vir Sondag middagete nie! Kom geniet skaapvleis vanaf die Hardemanskaroo tot in die Kamdeboo. Gordon, skrywer van die top verkopers “Farm to Fork” en “Karoo Food” gesels oor hoe Suid Afrikaanse Skaapvleis en die manier wat dit produseer word deel is van die internasionale beweging “Slow Foods” en hoe dit ‘n nasionale skat geword het. Hierdie geleentheid word aangebied deur Skaapvleis SA en Agri Expo by hierdie jaar se Woordfees in Stellenbosch, 10 Maart om 12 uur. Kaartjies te koop by Computicket, volg net die skakel https://online.computicket.com/web/event/sondag_skaapbraai_gordon_wright/1271817417/0/90833571
|
|
|
|
|
|
Maart 2019
|
|
Veediefstal maak limpopo se ekonomie seer
Die diefstal van huishoudelike diere het kommerwekkende afmetings in Limpopo aangeneem. Dié provinsie se ekonomie is afhanklik van landbou.
Die provinsie verloor jaarliks ongeveer R103 miljoen aan veediefstal. ‘n Verslag oor die ekonomiese impak van veediefstal tussen April 2017 en Maart 2018 het bevind die waarde van beeste wat gesteel is, was R90 688 000, vir skape was dit R2 862 000 en vir bokke was dit R10 364 200.
Die DA sê hulle het ‘n skrywe aan Limpopo se provinsiale Kommissaris van Polisie, Nneke Ledwaba, gerig waarin hy versoek is om onmiddellik by die situasie in te gryp.
|
|
Moet ons ophou om vleis te eet? Nie terwyl mense die ware wapens van klimaatverandering is nie
In plaas daarvan om mense te vra om op te hou om vleis te eet, moet ons eerder fokus op dit wat gedoen kan word om die metaansiklus in balans te bring, sê Tony Lovell, ‘n aktiewe bestuurder van grond en vee ten einde ekosisteme te regenereer en positiewe finansiële-, sosiale- en omgewingsuitkomste te behaal.
“Soos wat ons die impak van klimaatsverandering voor ons oë sien gebeur, kyk mense na stappe wat hulle kan neem om ons planeet te help herstel. Een gemeenskaplike tema is ‘n beroep dat mense ophou om vleis te eet, hoofsaaklik vanweë die feit dat koeie verantwoordelik is vir metaangasvrystellings.
|
|
Suid-Afrika sal teen 2050 die helfte meer kos moet produseer om ‘n krisis te vermy
Suid-Afika staar ‘n onafwendbare voedselsekerheidkrisis in die gesig as onvolhoubare praktyke nie dringend aangepas word nie, volgens die Wêreldwye Fonds vir die Natuur (WWF).
Volgens dié organisasie sal Suid-Afrika teen 2050 sowat 50% meer voedsel moet produseer om ‘n geskatte bevolking van 73 miljoen mense te voed.
|
|
Nuwe aanlyn veeveiling geloods
‘n Nuwe konsep om vee aanlyn op te veil is onlangs geloods. Beeswinkel.co.za het in die eerste 20 minute van sy bestaan ongeveer 1 000 speenkalwers verkoop.
Al die kalwers, wat in agt verskillende bondels aangebied is, is uitverkoop.
Volgens Petrus van Heerden, Direkteur van Beeswinkel is hy verras deur die resultate en baie trots op die feit dat die verkryging van vee so vereenvoudig kan word op sy platform.
|
|
Beesvleispryse laer as verlede jaar
Die gemiddelde produsentepryse van alle grade beesvleis (Klas A, AB en C) is 15,6% laer in vergelyking met verlede jaar, volgens ABSA Agri Trends.
Hoewel pryse tydens die week van 15 Februarie week-op-week met ‘n verdere 1,6% gedaal het, word verdere dalings nie verwag nie. Klas A-pryse sal na verwagting in lyn met seisoenale neigings onderliggende steun geniet aangesien die vraag tot en met April behoort te styg. Die beesvleispryse vir Klas C mag voortgaan om tot Maart tussen drie en vier persent laer te verhandel.
|
|
Skaapvleispryse het ietwat herstel
Skaapvleispryse het tot ‘n mate herstel maar dit is steeds 11% laer as ‘n jaar gelede, volgens ABSA Agri Trends.
Weens die bek-en-klouseer situasie het die prys van meriono-velle week-op-week met 11,1% gedaal. Meriono-velpryse is 45.3% laer as ‘n jaar gelede. Suid-Afrika se verlies aan sy bek-en-klouseer vrye sone status het tot ‘n laer aanbod van wol en ‘n gepaardgaande 20% styging van fynwol op die Australiese wolmark gelei.
|
|
|
|
|
|
|
|
|